SA regering se planne ná Trump-twiet

Nomvula Mokonyane. Foto: Elmond jiyane, GCIS

Die Suid-Afrikaanse regering het die burgerregtegroep AfriForum by implikasie van onpatriotiese gedrag en leuenagtigheid beskuldig ná pres. Donald Trump van die VSA se twiets oor grondonteiening vanoggend.

Trump het vanoggend getwiet: “Ek het die minister van buitelandse sake (Mike Pompeo) gevra om ondersoek in te stel na die Suid-Afrikaanse afneem van grond en plase en die grootskaalse moord op boere. Die Suid-Afrikaanse regering neem tans grond van wit boere af,” het Trump getwiet.

Die laaste sin van Trump is ʼn aanhaling uit ʼn program van die TV-kanaal Fox News waarna Trump gekyk het en waarin die aanbieder, Tucker Carlson, beweer het dat pres. Cyril Ramaphosa pas begin het om grond van Suid-Afrikaners af te neem suiwer gegrond op hul velkleur. Volgens Carlson is die beweerde gebeure veel meer rassisties as enigiets wat Trump al ooit gedoen het, maar die Amerikaanse elite gee nie om nie.

Die bewerings deur Trump en Carlson kom ʼn dag nadat Ramaphosa hom spesifiek van grondbesettings en die EFF-beleid van die nasionalisering van grond gedistansieer het.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het Trump se twiet verwelkom as synde ʼn bewys dat AfriForum se veldtogte in die VSA suksesvol is.

Die gebeure het vanoggend se mediakonferensie oor die weeklikse kabinetsvergadering oorheers, met die parlementêre perskorps wat die minister van kommunikasie en kabinetswoordvoerder, Nomvula Mokonyane, daaroor gepeper het. Mokonyane het Trump se twiet as “ongelukkig” bestempel en gesê geen selfrespekterende land of individu sal aanvoer dat patrone van grondbesit in Suid-Afrika dieselfde moet bly nie.

“Ten einde die ekonomie te laat groei, moet verskeie uitdagings oorkom word, wat insluit dat die pas van grondhervorming moet versnel. Die landbousektor moet groei en meer inklusief gemaak word, ook wat eienaarskap en vestigingspatrone betref,” het Mokonyane aangevoer.

Sy het aangevoer dat regse groepe wêreldwyd en op die internet tans veldtogte teen Suid-Afrikaanse regeringsbeleid voer. Die organisasie Brand SA (Handelsmerk SA) werk tans veral in Australië en Brittanje om die indruk wat gewek word, hok te slaan, het Mokonyane gesê.

Suid-Afrikaanse ambassades en ander lande se ambassadeurs word ook voortdurend deur die regering oor Suid-Afrikaanse beleidsdoelwitte ingelig, want die regering is bekommerd oor ʼn verkeerde indruk wat deur regse groepe uitgedra word, het Mokonyane gesê.

Op ʼn vraag spesifiek oor AfriForum het Mokonyane, sonder om AfriForum by die naam te noem, gesê sommige mense gee voor om patriotte te wees, maar moet eerder, soos AgriSA, leer om regstreeks met die regering te onderhandel. “Ons land moet ons eie probleme oplos en mense moet regstreeks met die regering skakel eerder as om hulle tot ander partye te wend,” het Mokonyane voortgegaan.

Sy het gesê Handelsmerk SA werk tans teen wat sy as ʼn aanslag bestempel. Sy meen ook die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake is in staat om die situasie te hanteer. Sy meen die aanslag kom wêreldwyd van regse politieke organisasies wat nie altyd aan feite gebonde is nie.

Mokonyane het gesê dis jammer dat Trump nie die feite met die Suid-Afrikaanse regering nagegaan het langs die korrekte kanale nie, en dat sy twiet kommerwekkend is.

Tot dusver is daar volgens die minister geen regstreekse politieke gevolge nie.

Sy het gesê die regering wag vir die afloop van die parlementêre proses, en het kennis geneem daarvan dat sowat 60% van die skriftelike voorleggings aan die parlement tot dusver teen die herroeping van die Grondwet se eiendomsklousule (art. 25) was, maar het uitgewys dat die wind tydens die openbare verhore anders gewaai het.

Sy het die versekering gegee dat die regering sy opsies versigtig sal oorweeg en nie oorhaastig ʼn besluit sal neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Swapie ·

Bring die kommando sisteem terug en ons sal dalk beter gesind raak teenoor die ANC regering

marous ·

Waar is Tzaneen dam en Clanwilliam dam se geld heen medame? Jou opvolger beweer hy het ‘n bankrot afdeling geerf .

willie ·

Die satan is dìe vader van die leuen daarom kan jy nie sy kinders glo nie! Nood berig, Prez Trump het bedank na al die dreigemente uit die magtige SA!

X SA'ner ·

Alles wat gesê is is feite, hoekom maak ons regering en parlement asof dit onwaarhede is?Hulle weet baie goed dis ware feite en hou hulfself dom astrant, om te sê ons kan alles self hier uitsort is ook nonsens, as dit so was sou AfriForum nie nodig gehad het om VSA toe te gaan, sy en die hele spul kort ‘n paar warm klappe…

Joshua ·

Stel AgriSA net belang in mega-boere se belange en beskerming wat hulle hand om lyf met die ANC is ter wille van oe verblindery mbt grond onteiening?

Gerhard ·

Miskien ‘n les by oud-onderhandelaars uit De Klerk era geleer en kyk net na hulself ;-)

Anoniem ·

En skielik sal die waarheid na die lig toe kom – GOD is altyd in BEHEER ! Die meule van GEREGTIGHEID maal bitter fyn

Linda ·

Tyd dat Trump massiewe sanksies teen Suid Afrika instel nadat Julius Malema vandag vir Trump laat weet het dat hy nie bang vir Trump is nie !!! Trump moet ook die Suid Afrikaanse ambassedeer uit Amerika uitsmyt !!!

Joshua ·

ANC gatkruipers AgriSA sal verseker Donald Trump kritiseer.

Anoniem ·

Nou jok almal en almal.is leuenaars vir die waarheid . Moet sommer fotos en statistieke stuur cnn nuus janaal moet met slagoffers van plaas aanvalle gesels en die wat geliefdes verloor het aan plaas aanvalle dan kan daar nie gese word almal is leuenaars nie !!!!!!

Wiehan ·

Lankal gesê Trump is op regte pad. Maar pas op, SA “gaan”VSA en Pres. Trump “vernietig”
HA HA HA X 1000000000

Elvira ·

Ontken hierdie ANC regering dat daar wreedaardige plaasmoorde plaasvind en dat hulle grond sonder vergoeding gaan vat. ANC vinnig op hulle perde gespring. Dankie mnr Trump.

Spike ·

Mooi MNR TRUMP. Kry jou bondgenote in Europa ook by en sny sa 100% af van die buite werêld. Ou malematjie, moenie die VSA uitdaag nie. Hulle blaas jou weg vir voorgereg. sa het die buiteland broodnodig, maar hulle het nie sa nodig nie.

Moeg vir SA ·

Maar ek verstaan nie,die presisdent is die een wat gesê het dat grond onteien gaan word sonder vergoeding.Malema het maar net die tou stywer getrek,nou distansieer die aansteker hom van die vuur wat hy maak brand het???

Buffel ·

Mokonyane het reeds haar begrip van die wereld om ons gewys met haar aanmerkings oor die ZAR…. “We drop the rand and we pick it up later again……. ” geniaal.

PJC ·

Baie interressant hoe die ANC nou skielik met sekere landbouorganisasies wil samesprekings voer, die wat om een of ander rede hulle liegstories wil aanvaar.

Sdl ·

Wanneer was Afriforum daar?
Trump het eers feite gekry voordat hy getwiet het.

Alida ·

Lekker die waarheid maak seer CR. Kry vir jou. Mens vat nie die VSA aan sonder handskoene nie.

Chris Ws ·

Malema se snert wat kwytraak is om die minste te se lagwekkend.Arme nar wat agter in die soustrein tou staan en galbraak!
Die land /regering kort volskaalse sanksies DAN wil ek hom hoor kerm!

Kobus ·

Daar is wel ń groot wanbalans in die eienaarskap van grond. As grond dan wel vir ander beskikbaar gemaak moet word, hoekom dit vat sonder vergoeding? “Sonder vergoeding” is die probleem. Maar dit val so lekker op die oor voor ń verkiesing.

Fortis ·

Kobus, in soverre daar ‘n huidige wanbalans in grondbesit, en veral landbougrondbesit, is, behoort die ANC, as hulle oop kaarte wil speel, eers aan te dui hoeveel onbenutte landbougrond tans in staatsbesit is en waarom hierdie grond nie aan opkomende swart boere gegee word nie. Dan is daar ook die kwessie van tradisionele stamgrond wat tans onbenut lê en vir nuwe swart boere gegee kan word. Dit lyk egter nie of hierdie werkbare opsies enigsins op die ANC se radarskerms is nie. Hul onwilligheid om hierdie opsies te oorweeg bevestig myns insiens die realiteit dat grondonteiening sonder vergoeding slegs ingespan word om die witman, en die Afrikaner in die besonder, by te kom. Dit is dus niks anders as rassistiese diefstal nie.

Realiteit ·

MM….kan julle asb n Like en Dislike button sit by elke berig en kommentaar?

DC ·

Pres Trump weet reeds deeglik wat hier aangaan. CR moet maar fyn loop. Die anc het n welvarende land gekry en n gemors daarvan gemaak. Dis wat oral in Afrika gebeur. Derhalwe die toestroming na 1ste wereld lande. Trump soek nie mislukkings nie. CR en trawante het n groter probleem op hande as wat hulle kan hanteer. Derhalwe die snelle toenadering tot AgriSA. AfriForum is juis patrioties om vergrype te openbaar. Doen so voort in belang v alle gemeenskappe

Dissie ·

Interessant hoe hulle nou spring… Hoekom so verdedigend? As sit leuens is kan hulle mos maar ondersoek instel…

Celtis Africana ·

Ek is baie dankbaar om te sien Afriforum staan vas oor die aangeleentheid. Verskerp die aktivisme as teenvoeter vir die propaganda van Brand SA.
Ons is in vir n tydperk van groot konfrontasie met die meerderheid en alle staatsmasjienerie, hoe hinkepink ookal gaan ingespan word teen ons as minderheid.
Mag die Hemelse Vader ons bewaar.

LHS ·

Kyk maar hoeveel gaan die klerewinkels wat broeke en so aan, aan die ANC parlementslede verkoop, se verkope in die toekoms drasties nog styg en so ook die vervaardigers van skoon rooi oorpakke. So terloops AGRI SA, hou maar op om julself so te verneder, Piet Retief het ook gedink praat en onderhandel sal werk. Ek hoop eintlik die Amerikaanse president gee opdrag dat die de Klerk regime se werksaamhede ook ondersoek moet word tot waar hulle oorgegee het.

speedkop ·

Ek bly al 20 jaar in die VSA. Ek is burger van beide lande. oorweeg sterk om SA burgerskap op te gee na wat nou besig is om te gebeur.

Boer-in-die-wind ·

“How do you like my president now?”
Kersgeskenke is nou maklik, wanneer ek huistoe kom kry familie en vriende rooi Trump T-hemde.

Susan VL ·

Daar is baie grond gegee mahala… geen goeie opkoms. Omrede ń boerdery geld kos. En natuurlik goeie beplanning. En natuurlik hardewerk en baie liefde.
Nou hoekom sal malemma en Ramaphosa op die nuus so dreig om ons hardwerkende boere se grond te vat.
Hoekom laat regering toe dat witboere so wreed aangeval word en vermoor. Hoekom altyd die rasse kaart gebruik …hoekom ..hoekom
Dankie Afriforum ..

Willem ·

Susan, in die jare voor 1994 was dit vir die mense wat nou so skree en beswaar teen Trump maak, reg dat die wêreld SA boikot en sanksies toepas, toe was die ANC voorbok, nou word daar vir Trump beduie hulle moet ons uitlos, ons sal ons eie probleme oplos.

Joe ·

Spark plug, Trump het al genoeg moeilikheid met die Mexikane, hy sal nie nie nuwe gemors vat nie ?

John ·

En CR het dit self op tv uitgeblaker… Die nuutste taktiek in samerwerking met die Agri-witdoek-kommando (deesdae is pappierdoeke die in ding… ) is om te waarborg (?l dat voedselsekerheid (wat beteken die term presies?) nie aangetas sal word nie maar geen waarborg (?) dat huidige wit boere nie sonder vergoeding, vervang sal word nie. Luister wat word nie gese nie. Die Witdoeke het soos die 1994-wizards ook gaan saamsweer en verskoning gevra, hul naaste beswadder en gaan help om te bepaal watter ander boere se plase oorgeneem kan word deur die bekwame grondhonger miljoene. Dalk sal grond uiteindelik geblik moet word om saam met ons vuil drinkwater vir ontbyt te bedien aan die hongeres van regoor die planeet wat nou hierheen stroom om hul lustste te stil na’ die nuwe geskiedenishandleidings al la 1984 aan Trump onder andere gepos is: ‘Die volle waarheid’ met Mandela se beroemdste foto’s saam met die Pous voor op en agter saam met Arafat.

Zirk ·

Baie dankie Afriforum. Uiteindelik pluk julle die vrugte van al jul arbeid. ‘n Klein groepie toegewyde mense wat ons saak wêreldwyd uitdra.
En met jul harde werk het julle die magtige ANC op die agtervoet. Doen so voort. Ek en baie ander het jul volle steun.
Sterkte.!

bgj van der westhuizen ·

ja die anc regering sal vure dood slaan wand hulle besef dat as hulle nie meer geld sal kry uit daar die lande nie en geld is vir hulle alles

Kobus ·

Grond kan vervang word al is die beleid glad nie reg nie maar die wrede moorde is vir ewig en die Min. van Polisie reageer nie met die nodige meegevoel en aksie op die moorde nie.
Ek sien die ANC reageer nie op die moord aantygings nie.
Dit is BAIE insigewend.

Eina!! ·

Ons regering maak NET verkeerde besluite. Alles gaan gepaard met litigasie wat jare neem en geld mors…hul eie spoed.

Elsje ·

Waarom vat hul nie onbewerkte grond nie, grond waarop niks is nie. Waarom soek hul die plase wat al vir jare in ‘n familie is, of wat in ‘n besigheid verander is soos bv wildsplase?

J ·

Elsje, hul soek goed om te verkoop. Hul wil nie regtig boer nie…

President ·

Nice trump, don’t you wane become president here so you can show us how things really work and be a true leadership.
any world can dream of a leader like you

Stephan ·

Afriforum baie goed gedoen. Ramaposa se grondoneienings praatjies moet in toom gehou word en julle kry dit reg.

Gerhard ·

Dit wil voorkom asof die Afrikaner se strategie van die laaste 25 plus jaar om strategies terug te val nie meer so lekker werk nie. Dit is omdat daar nêrens meer is na terug te val nie.

Erick ·

As AgriSA deur die ANC gratis reklame kry moet dié organisasie liefs vermy word.

Elna van Randburg ·

Ek kry so lekker oor al die kommentare! Trump is mos die “villain” in meeste Suid-Afrikaners se boek, noudat hy EEN twiet gestuur het, ratel die regeringskas lekker en almal wil Trump om die hals val!

Hans ·

Hoekom spel Ramaphosa nie die plan uit nie-dis mos duidelik dat die waarheid verbloem word.Ek vertrou hom minder as wat mens Dingaan kon vertrou het. Lank lewe Donald Trump!

IC du Preez ·

Mense soos AgriSA wat dink hulle kan met die ANC “onderhandel” en hulle laat afsien van hulle plan om die wat het, te ontman. soos hulle man Zuma toegelaat was om met SA doen, sal (onnodig) verrras word. Die nasate van Piet Retief besef hoe om te werk te gaan in onderhandeling met die ANC – wit handskoene af.
Al CR se gepraat en beloftes verwar of paai my niks want dit klink en is leeg en niksseggend. Gelukkig ook nie vir Afriforum en Solidariteit nie. Verblydend om te hoor dat iemand reeds begin praat van sanksies teen SA. DIe subtiliteit sal oor tyd meer gesofistikeerd raak, maar die doel dieselfde. Een klein woordjie van troos: DIe ANC kan van die geringste plan nie ‘n sukses maak nie. Alles wat hulle aanpak gaan aan (eindig nooit) as ‘n groteske gemors. ‘n Woord van wysheid: Doen grondhervormig in goedertrou in samewerking met bestaande burgerlike organisasies vir volhoubare sukses. Ongelukkig bestaan die belangrike woorde in die vorige sin in geen ANC woordeskat nie, maar indien wel, word ‘n totaal ander waarde daaraan geheg, want dit is Westerse begrippe.
Agterdogtiges en wantroues soos ek vind ‘n sprankie hoop in die standpunte van Afriforum & Solidariteit, teenoor die ANC wat alle hoop vir ‘n goeie toekoms vir SA soos mis voor die son laat verdwyn het. Hulle neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie.
Hulle weet nie wat hulle verkeerd doen nie. Hulle wil nie weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.