SA-regering stamp weer kop met Australië

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het teen die Australiese regering uitgevaar omdat dié ʼn reiskennisgewing wat “misleidende inligting oor Suid-Afrika” bevat, nie wil wysig nie.

Australië het in sy jongste opdatering oor Suid-Afrika se status onder meer reisigers gewaarsku om ʼn “hoë mate van versigtigheid te handhaaf” weens die hoë gevalle van ernstige misdaad in dié Afrika-land. Dié opdatering is reeds in Januarie gemaak.

“Daar is ʼn bedreiging van terrorisme in Suid-Afrika. Aanvalle kan lukraak plaasvind, insluitend by plekke wat deur buitelanders besoek word, soos winkelsentrums,” lui die kennisgewing.

“Die voorkoms van die meeste soorte misdaad neem toe. Rooftogte word gereeld aangemeld op die paaie en by winkelsentrums. Besoekers aan winkelsentrums moet ten alle tye paraat wees, asook wanneer openbare vervoer gebruik word.”

Die kennisgewing raai besoekers aan om groot byeenkomste of demonstrasies te vermy, aangesien dit “vinnig gewelddadig kan raak”.

Ndivhuwo Mabaya, Dirco se woordvoerder, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die departement neem “sterk aanstoot” deur die kennisgewing.

“Minister Lindiwe Sisulu sal die Suid-Afrikaanse regering se bekommernisse met haar Australiese eweknie, minister Julie Bishop, opneem,” het Mabaya gesê.

“Die reiskennisgewing het die potensiaal om nie net Australiërs te ontmoedig om Suid-Afrika te besoek nie, maar ook om die land se beeld ernstige skade aan te doen.”

Mabaya het gesê beamptes van Dirco het in die verlede, sonder sukses, versoek dat die kennisgewing gewysig word om die ware situasie in Suid-Afrika te weerspieël oor hoe toeriste dit werklik ervaar.

“Die besluit om die kwessie te eskaleer spruit uit onsuksesvolle pogings [om die kennisgewing te wysig] en dui aan hoe ernstig die Suid-Afrikaanse regering die toerismebedryf se ekonomiese waarde beskou,” het Mabaya bygevoeg.

“Suid-Afrika bly een van die gewildste toeristebestemmings ter wêreld en toeriste het, in die meeste gevalle, aangename ervarings van ons land,” het Sisulu vroeër gesê.

Sisulu stamp sedert Maart vanjaar koppe met sommige Australiese politici nadat Peter Dutton, dié land se minister van binnelandse sake, gesê het sy departement is besig om ondersoek in te stel na ʼn reeks maniere om wit Suid-Afrikaanse boere te help om vinnig na Australië te kan emigreer.

Dutton het gesê wit Suid-Afrikaanse boere verdien “spesiale aandag” weens die “gruwelike omstandighede” waarin hulle hul bevind. Dutton het in ʼn onderhoud met The Daily Telegraph gesê Australië het ʼn vlugteling- en humanitêre program, asook ʼn aantal ander visumprogramme om diegene wat “vervolg” word te probeer help.

Dirco het Dutton se uitsprake skerp gekritiseer en Sisulu het ʼn diplomatieke démarche aan Adam McCarthy, die Australiese hoë kommissaris in Suid-Afrika, gerig om aan te dring dat Dutton se uitsprake oor grondonteiening teruggetrek word.

Dirco het vroeg in April in ʼn verklaring gesê minister Sisulu “verwelkom Malcolm Turnbull, die Australiese eerste minister, en Bishop se terugtrekking van [Dutton] se uitsprake oor die Suid-Afrikaanse grondhervormingsproses”, hoewel Dutton kort daarna in ʼn onderhoud ontken het dat sy uitsprake teruggetrek is, soos Sisulu beweer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Eish ·

Daar is niks fout met die waarskuwing nie. Die meerderheidsregering se ampdraers ervaar dit normaalweg nie vanweë die blouligbrigades.
Feite word bekom uit betroubare bronne.
Bus met toeriste word gekaap. Vra die Nederlanders. Die koppestamp sal voortduur aangesien standaarde tussen die twee lande soos dag en nag verskil.

ferdi ·

Va watter beeld word hi gepraat di land is toonbeeldvan misdaad in di ergste vorm

Domvraag ·

Sisulu ly aan ontkenningssindroom maar hoekom het sy n hele armade van lyfwagte?
Dankie dat Australië se oë oopgaan. Dis net jammer dat die res van die wêreld nog oogklappe aan het.

Amelia ·

Mooi man, tyd dat al die buitelande dit doen. Want die waarheid is die waarheid. Hoeveel toeriste is sommer net vermoor? En dan is dit onskuldige mense wat nie eens enige iets aan die agtergeblewendes gedoen het nie. Dit is mos die norm vir moord. Gebore wit in Suid Afrika dan sal jy sterf. Hoe wreder, hoe beter. Ten minste een land wat sy eie mense se veiligheid op prys stel en nie net een kleur mense nie. Almal wat in Australie bly. Australiers kan trots wees op hul regering.

WitBlits ·

Politici moet ophou aanstoot neem en die realiteit raaksien!!

Waarom moet die reiskennisgewing opgedateer word as die ware rede vir die situasie die feit is dat die regering niks doen aan misdaad of dit kan hokslaan nie en ook nie besoekers of inwoners se veiligheid kan beskerm nie?

Elvira Bothma ·

Dankie. Die Regering is stom. Hulle toy toy vir elke blanke moord wat gepleeg word. So bly dat die buitelanders ons ondersteun.

AD ·

Leef sy in droom wereld. Sy ontken enige misdaad in Suid-Afrika. Of… dalk sien misdaad hier as normaal???

Eugene ·

Nou hoekom het die ministers soveel lyfwagte wat hulle oppas?

Kaptein ·

Laat haar al die tourist hot spots alleen besoek – sonder inagneming van geskikte ure. Sy moet al die waarskuwings in die reiskennisgewing doelbewus teengaan. Alleen.
Absoluut belaglik hoe die ANC regering hulle patetiese pogings en resultate probeer goedpraat.

Koos de Meyer. ·

Australia sien wat hier gebeur. Daar is in die afgelope week weer boere dood gemaak. Plaas aanvalle aan die orde van die dag. Die regering probeer om die waarheid te verdoesel. Nou huil die agbare minister.

Duncan Potgieter ·

Danksy die waaksame media /sosiale media is dit belangrik dat die ware toedrag van sake soos moorde en veral plaasmoorde, verkragtings, kapings,onluste ens. aan die groot klok opgehang word om vir die buiteland die ware toedrag van sake in SA, te wys. Australie weet wat aangaan en hul mense betyds in te lig van die gevare en tydbom wat wag om te ontplof binnekort. Die korrupte ANC regering en die betrokke Minister is vas aan die slaap en soos altyd “ontkennend” van die werklike toedrag van sake – hulle leef in `n droomwereld en behoort hulle te skaam wat in SA onder hulle korrupte regering plaasvind.

christa ·

Sisulu het lankal verloor. Ander lande se oe begin oopgaan al vertel sy ook wat. Hulle kan self sien wat die situasie is. Dankie Australie

Kaptein ·

Dankie tog. Ons “dignitaries” leef onder die indruk dat as hulle iets kwytraak, dan moet almal dit glo.

Koos de Meyer. ·

Australia sien wat hier gebeur. Daar is in die afgelope week weer boere dood gemaak. Plaas aanvalle aan die orde van die dag. Die regering probeer om die waarheid te verdoesel. Nou huil die agbare minister. Nee dit is nie genoeg dupliseer nie

christa ·

Sisulu praat uit twee monde. Het sy nie nou onlangs gese Australie het die storie terug getrek nie. Sy lieg soos ‘n tandetrekker

Buffel ·

Die misdaad situasie in SA is vir ‘n “civilised country” soos Australie kommerwekkend. Vir ons regering en polisie is dit maar “business as usual”…..

Gys ·

You cant proof Australia wrong. Look at all the farm attacks and nothing gets done about it. But if a police man get killed then the police minister is up in arms.

ne ·

Ja SA, nou wil julle dit ontken. Maar gelukkig versprei swak nuus vinnig – tot in die buiteland. Hoop ander lande lees dit ook, sodat ALMAL in SA kan besef hier is minderhede wat vermoor/aangeval word. Erken maar al die plaas moorde.

L Rens ·

Hierdie land word nou so stadig maar seker ontbloot vir wat dit regtig is. Die Mandela euforie is nou verby en die sogenaamde apartheids simpatiseerders neem nou vir die eerste keer kennis van die harde werklikhede wat die sogenaamde kolonialiseerders nou al vir 100de jare moes probeer hanteer en bestuur.

Kaptein ·

Hennie. In beginsel stem ons saam. Maar as jy daai woord gaan gooi MOET jy hom reg spel ou maat. Asseblief.

Boer ·

Ek stem saam dat die reis kennisgewing misleidend kan wees…..want dit waarsku jou slegs teen die helfte van die goed wat heel moontlik met jou gaan gebeur as jy SA besoek!!!!!
Sisulu…..daar is mense met meer tussen die ore as jy hoor!

Paul ·

Dankie Solidariteit, dankie Afriforum, dankie vir al die burgerregte organisasies, as dit darem nie vir julle was nie, waar was ons dan? Dis reg dat die skroewe so aangedraai word, dat die wêreld die berigte kan sien, juis daar waar Cyril en sy span nou rondhardloop om beleggings in die buiteland te bekom, ek sal glo die rook draai daar om hulle soos hulle die hitte voel. Dus sal Me Lindiwe Sisulu verseker deur Cyril aangespreek word om iets aan die saak te doen. So hier kom nog lekker gevegte.

Gerhard ·

Dit het waarskynlik meer te doen met Suid-Afrikaners wat in Australie woon wat mense en politici in Australie bewus maak. Ek vermoed daar is ook ander lande wat soortgelyke reiswaarskuwings uitryk.

De Villiers ·

Australië kan nog baie addisionele inligting byvoeg oor ons land se kriminele situasie, soos die gemiddeld van 60 moorde/dag, die barbaarse aard van baie betogings en dat rassisme in Suid Afrika net deur blankes gepleeg word.

Elize Geldenhuys ·

Wat is die probleem? Dis die waarheid. Gou die jare vergeet toe die apartheids regering se dade aan die buiteland uitgewys is. Dit was reg toe en dit is reg nou. Hoekom kan die waarheid nie nou ontbloot word nie? Skoen is nou net aan die ander voet. Mense oor die hele wereld kan koerante lees (ons geskiedenis ook nalees) op die internet en is ingelig. Gaan daar nou ‘n ban op moord en aanrandingsake wat uitgewys word, ook geplaas word? Hulle behoort ook gewaarsku te word oor spesifieke plekke om te vermy. Bv stap- en drafroetes om Tafelberg. Eintlik behoort daar ‘n website te wees waar elke dag se moorde, aanrandings, optogte met verwoesting en brandstigting, video’s met Julius Malema en Kie se haatuitsprake (meer as 47 keer – sonder tronkstraf) gesien kan word. Ivm met die nalees van ons geskiedenis: die Khoi en San wat hierdie land ALLEEN bewoon het tot Jan van Riebeeck met sy 3 skippies hier aangekom het en die res bo uit Afrika hier aangekom het! Hoekom word Australie gekruisig? As die boere padgee is die plase mos daar. Ek verstaan nie die bohaai nie?

Hester ·

Jy slaan die spyker op die kop.
Australia moet nie die kennisgewing terug trek nie.
Australia sal hom in elke geval nie laat voorsê nie. Dit is absoluut belaglik van haar on dit te verwag. Dit wys ń mens wat is haar IK.

Kaptein ·

Skyn MEER lig uit die buiteland. Verkondig die regering se prestasies ORAL. As hulle so trots is op die status quo kan hulle mos vir ALMAL daarvan gaan vertel.

Msp ·

Sy weet verseker nie wat in Suid Afrika aangaan nie. Ons wat nie soos sy deur sekuriteit heeldag opgepas word nie weet wat in die land aangaan. Blanke Suid Afrikaners in die land word nie as Suid Afrikaners of mense erken nie en dan word die Suid Afrikaanse swart mense wat vredeliewend lewe ook nog afgemaai deur die krimmenele in Suid Afrika. Lande wat nie hulle burgers waarsku nie moet asb weer dink.

Oom Kalahari ·

Dit is geregverdig dat Australia hul landsburgers waarsku. Met aankoms op lughawens is hul alreeds ‘n teiken vir roof en moontlike verdere misdaad ingeval van versetting. Australia kan maar gerus die mense op grondvlak vra oor misdaad in SA en statistieke gebasseer op werklikheid kan voorsien word deur verskeie private instansies behalwe die valse opgedisde inligting van Staats entiteite. Australia moet besef dat hul burgers nie vyheid van ope bewegings het nie en kan ter enige tyd die volgende slagoffer wees. Me Sisulu leef in ‘n kokon van ontkenning waar sy omring is deur belastingbetalers wagte. Boere (blankes) word daagliks aangeval, vermink en ook vermoor deur terroristiese optredes.

Katvis ·

Moet erken, dit is nie die volle waarheid nie. Lyk my maar baie sien maar so met die een oog…as die skoen pas of hoe ?

Hanna ·

Lindiwe blyk in n ander land te woon… Word wakker! VSA het reeds laasjaar hul burgers teen Suid Afrika gewaarsku. Ek weet, want ek werk saam met Amerikaners. Hulle is omtrent bang vir hierdie moordland van ons!

Pat ·

Wonder hoekom sy so n geraas maak as dit die waarheid is..ons leef op grondvlak nie lyfwagte en twak nie ons jaag nie deur die strate om van hierdie hijackers weg te kom nie en ek sien Australië is aan’t bewe so bang hulle die klomp snetpraters. Bly liewer stil as om jou nog verder as n vel uit te maak

humor ·

Die pruike is in orde solank die gesig net nie pers is nie. En die lae hals wil ook seker maar soos enige een in die evageslag bietjie verleideliklyk. Sy sal egter moet kennis neem dat die innerlike veel belangriker is as die uiterlike en nie gebrandmerk word as n infame leuenaar nie met n hartelose siel wat koud staan teenoor geweld, misdaad en moord nie.

marous ·

Wat dink sy sien die wereld nie raak nie? Waarom gaan loop sy nie vanaand alleen deur die middestad met haar handsak oor haar skouer en haar foon in haar hand nie?

Vannessa ·

Die Australiese regering: die Boere in Suid-Afrika leef in geen gevaar.

Ook die Australiese regering: Australiese burgers moer Suid-Afrika vermy want dis te gevaarlik.

Reguit ·

Australië is seker nou weer “rassisties”……… of so iets………..

Al ·

CR smeer weer heuning om die monde van die Britte dat die meeste grond nog steeds aan die wittes behoort na 2 dekades na apartheid afgeskaf is. En 95% vd rykdom behoort aan 10% vd populasie.
Mooi so Australia, jul laat jul nie flous nie!

Gerrit ·

Ek dink uit protes moet on n australiese vlag by ons huis opsit en elke komentaar wat ons plaas n australiese vlag bysit dit is die minste wat ons kan doen nadat die australiers in die strate vir ons betoog??

Leahim ·

Al land wat nie te bang is om te se apartheid was verkeerd hoekom doen julle dit weer nie
??

Duitser ·

Dit is n goeie gebaar mense vra altyd wat kan ons doen
??

William Atkinson ·

Naand Almal
Weet nie hoekom die minister so te kere gaan nie…..O ok nou val dit my by…..n klippie in n lee blikkie maak mos meer geraas

Andrea ·

Baie bly dat die Aus regering hul burgers waarsku. Dit is baie gevaarlik in SA, veral vir mense wat nie gewoond is om heeltyd paraat te wees nie. Ek sien hoe gespanne is my vriende uit Aus en NZ as hul hier kuier. Wens ek kon ook in n land bly waar daar n waardige span mense n land regeer. ??

Coenie ·

Jy hoef net te kyk na die media berugte vandag om te weet australia praat net die waarheid volgens die feite tot hulle beskikking. ??

Horinkie ·

Dit is nog maar die begin van haar termyn as Minister van Buitelandse sake maar sy stamp alreeds met almal koppe…dis reg, laat sy uitgestamp en weggestamp word !!! Die wereld is nie dom nie, patat ! Ai..!!!!

Anoniem ·

Ja, Lindiwe Sisulu, daar is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie. Indien jy nie kan of wil besef wat in Suid-Afrika aangaan nie, leef jy beslis op ‘n ander planeet. 10/10 vir Australie. Dankie dat hulle hulle inwoners waarsku oor Suid-Afrika.

Susanna ·

Ek het die waarskuwing gaan lees op die website. Hulle het die feite reg. Spyker op die kop geslaan. So hoekom nie die mense waarsku oor die feite nie? Hulle moet mos weet hulle is in vir ‘n ding as hulle hierheen kom. Ons lewe in vrees elke dag. So om ons werklikheid met ander te deel is mos nie verkeerd nie.

Anti Lindi ·

Lindiwe – jy LIEG mos nou; natuurlik word ons uitgemoor …. ons LEES dit elke dag EN ervaar dit. Noudat jy druk van Australie af kry nou wil jy ook sê dat hulle lieg want jy is nie die bedreigde spesie nie. Ons blankes is. EN ons is sò massiewe minderheid teen julle en steeds kan julle ons nie aanvat tensy julle in ‘pakke’ kom soos hiënas nie. God is vir ons – wie kan teen ons wees?

Ontnugtere Afrikaner ·

Ek dink daai oogarts sit pens En pootjie agter al die aanhitsing. Die konstisie gee tog die reg aan elke kulturele groep om sy taal en kultuur te be~oefen. Hoekom nie die Afrikaner. EFF, ANC, PAC, IFP ens swaai hulle vlae, sing ou stryders liedere En dit is aanvaarbaar. EFF huts moord En doodslag aan En dit is ok. Steve Hofmeyer n Sanger, skrywer, Denker beoefen sy kuns En dit is nie ok nie. Dan moet Evita Bezuidenhout, Trevor Noah En En En ook gedreig En gestop word deur politieke party’s want dit lyk my na die gedrag van hoe n komunistiese staat se optrede. Steve ek het nog nie die voorreg gehad om n vertoning te sien nie maar dit is op my bucket list. Ek het elke boek van jou gelees. Ek is nie net n fan nie maar waardeer wat jy doen en staan reg langs jou. Moenie dat n simpele oogaarts hanskakie En ANC jeugliga jou laat stoom verloor nie.

Wonder ·

Dis verblydend dat Australië moeite doen om “betrokke” te raak by SA. Sisulu is definitief verkeerd, want ‘n ander land se regering het mos die volle reg om uitsprake oor ‘n ander land te maak. Dis nou nie asof hulle SA met oorlog dreig nie, of hoe? Net ‘n paar opmerkings oor dit wat Australië gesê het: Terrorisme: dis bietjie van ‘n kras woord en hulle kon maar net na hoë misdaad verwys het. Dit klink na oorlogvoering. Winkelsentrums: hoekom is dit onveilig? Openbare vervoer: daar kan gemeld word dat dit nie baie betroubaar is nie en dat dit gewoonlik nie veilig is om te gebruik nie (ek praat onder korreksie, want ek maak nie daarvan gebruik nie. Sê-vra maar net…

Jacky ·

Miskien moet me Sisulu gou Mahikeng toe gaan om net gister en vandag se gemors daar te sien. Nie eers te praat van Coligny se gemors nie baie lank terug nie. Dalk moet sy bietjie ń dag by regte Polisiestasies wees en sien hoe ondraaglik het die misdaad in ons land al geraak. Of sommer gou die rooftog vandag in Klerksdorp. Maar mee, dis hopeloos te lekker om op haar alie te sit met sekuriteit en aircons en alles net af te maak as “klein probleempies”. Sulke mense moet uit die wyer prent uit verdwyn en mense wat werklik ń verskil kán en wíl maak moet in haar pos aangestel word. Mense gaan troos wat geraak is deur wrede moorde en plaasaanvalle. Mense by besigheidsrowe. Sy is van haar trollie af. Of sy leef nie in Suid-Afrika nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.