SA regering vra ondersoek ná skietdood in Hawaii  

Lindani en Lindsay Myeni op hulle troudag. (Foto: Facebook)

Die ANC het ’n beroep op wetstoepassingsowerhede in die VSA gedoen om die skietdood van die Suid-Afrikaner Lindani Myeni (29) in Hawaii deeglik te ondersoek en om te verseker dat die skuldiges aan die pen ry.

Maroela Media het berig dat Myeni, ’n oudinwoner en -rugbyspeler van KwaZulu-Natal, verlede Woensdag ná ’n konfrontasie met polisiebeamptes in Honolulu geskiet en later in die hospitaal dood is.

“Die ANC is oortuig dat die Suid-Afrikaanse regering alles in sy vermoë sal doen om ’n volledige verslag by die Amerikaanse owerhede te kry oor die omstandighede wat tot die dood van Myeni aan die hand van polisie gelei het,” het Pule Mabe, nasionale woordvoerder vir die ANC, gesê.

Beeldmateriaal van die voorval is op sosiale media versprei. Volgens Myeni se vrou, Lindsay, en sy swaer Justin Anderson skets die beeldmateriaal egter nie die volledige prentjie nie. Hulle het op hulle onderskeie Facebook-profiele daarop aangedring dat die Honolulu-polisie die “ongeredigeerde beeldmateriaal” bekend maak.

“Luister, stad van Honolulu, hierdie [saak] gaan nie verdwyn nie. Die hele wêreld kyk vir julle, van Londen tot Kaapstad. Ons sal nie ophou tot dat ons al die beeldmateriaal het nie,” het Lindsay gesê.

Die media in Hawaii berig onder meer dat Myeni die polisiebeamptes eerste aangeval en met sy vuiste begin slaan het. Die beeldmateriaal staaf dié weergawe. Die konfrontasie het gevolg nadat die polisie glo op ’n 911-oproep van ’n moontlike huisbraak gereageer het. Anderson skryf egter op Facebook dat die voorval ’n misverstand was en dat sy swaer op ’n kalm wyse met die polisiebeamptes probeer praat het. Volgens hom was dit Myeni wat hómself moes verdedig teen “die blinde aggressie en vrees wat deur ’n rassistiese stelsel gekweek is”.

“Hy wou waarskynlik aan hulle verduidelik dat hy per ongeluk by die verkeerde huis ingestap het en geen skade wou berokken nie,” het Anderson gesê.

Lindsay het op Facebook geskryf dat Myeni ’n entjie gaan ry het om sy kop skoon te kry ná ֺ’n prettige familiedag – hy sou glo die volgende week vir sy groenkaart-onderhoud gaan. Die egpaar het twee klein kinders.

“Ek het hom om 19:52 gebel en hy het gesê hy is op pad huis toe. Teen 20:10 het polisie hom vier keer geskiet. Hoe regverdig jy dit? Wat het in 18 minute gebeur? Wat moet ek vir my kinders sê wanneer hulle na hom vra?”

Die familie het ook op Facebook aangedui dat hulle bereid sal wees om die saak in die hof te beveg. Intussen probeer hulle om Myeni se oorskot na Suid-Afrika terug te bring.

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, het in ’n verklaring gesê dat hulle tans saam met die Myeni-familie werk om dít moontlik te maak.

“Planne om Meyini se oorskot terug te bring is besig om momentum te kry ná interaksies tussen die premier se kantoor, die departement van internasionale betrekkinge en samewerking en die konsul-generaal in die VSA.”

Afgevaardigdes van die premier se kantoor onder leiding van die direkteur-generaal, dr. Nonhlanhla Mkhize, het Myeni se familie gister in Empangeni besoek.

“Die doel van dié besoek was om onder meer te bepaal wat die familie se huislike omstandighede is en om besonderhede oor die begrafnisreëlings vas te stel,” het Zikalala gesê.

Luidens die verklaring sal Mkhize nou saam met die familie werk om aan hulle die nodige hulp en ondersteuning in hierdie tyd te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

JohanR ·

Jack…..kan nie onthou waaneer laas ‘n witman in die VSA of SA pront op geskiet is nie? Is dit soe dat sodra gesien word dit is ‘n swartman dan kom die geweere uit? Maar dan moet daar hier en daar ‘n witman ook dood geskiet gewees het want ek is seker hier en daar in die VSA en SA is daar ook hier en daar ‘n gesuip en kwaad word deur ‘n witman, dan kan ‘n witman ook hand uit ruk. Maar soos ek se, baie lank laas gesien of gehoor van ‘n witman wat tromp op geskiet is. Miskien as die polisie ons ‘n “order” gee dan praat of veg ons nie terug nie maar gaan le met die hande op die kop en se maar “ja baas!”

Althes ·

Dis waar. Ironies was dit swart op swart het die ANC hul mond gehou.
Hul speel die politieke bal soos dit hul pas.

Lindi ·

Ai tog! Hoe werk dit? “dat Myeni ’n entjie gaan ry het om sy kop skoon te kry ná ֺ’n prettige familiedag ”

Hoekom moet jy gaan ry om jou kop skoon te kry? En toe? Toe beland hy in iemand anders se huis “per ongeluk” RERIG? Wil hulle he ons moet die snert GLO?

Toetsie ·

Ja nee, wraggies! Die eerste leuen is reeds oopgevlek! Die ander, tot by die swaertjie, sal ook nog uitkom. Verder gaan ek my liefs nie uitlaat nie…

Fedup ·

I have read about and heard of a lot of different excuses people can dish up..
But never ever have i heard this kind of excuse.
This will be all i am saying about this one.

Stefaan ·

Ja hier kom nog een. biden het gevra dat die moordenaar aan die pen moet ry. Hy is alreeds deur sy president skudig bevind en gebrandmerk as ‘n moordenaar.

Edward Donald ·

Biden kruip nou diep gat by die swart bevolking.
Hy het klaar die polisie skuldig verklaar. Die ou fosiel moet eerder oue tehuis toe

MakersMark ·

Ha ha wat ‘n grap. Soos die ANC- altyd ‘n nuwe lang storie om die waarheid te omseil. Totale verdraaing van waarheid. Die regering vra dat die skuldiges aan die pen ry. Volgens alle aanduidings het dit reeds gebeur.

Wakkerslaper ·

Lees mooi: “hómself moes verdedig teen “die blinde aggressie en vrees wat deur ’n rassistiese stelsel gekweek is”. Hierdie is die links-liberale nuwe wêreldorde se verskoning om misdaad, chaos, anargie en die minagting van regering, wet en orde te regverdig.

Om van siek te word…

Baardman ·

Was sy swaer Anderson dan teenwoordig om te kan verklaar dat Myeni op n kalm wyse met die polisie gepraat het. Dink hy nou sy Facebook verklaring dra enige gewig teenoor fisiese beeldmateriaal. Dream on

Tipper ·

regering hoef nie ondersoek te vra nie, presies die siekte waar aan hulle verslaaf is.

Dup ·

Hier gaan ons alweer…..die BLM en ANC politieke trein gaan nou volstoom ry…..terwyl boere in SA elke dag vir hulle lewens vrees.Hoe bizar het die situasie nie geword nie!

Vonkprop ·

Hoe stap jy per ongeluk by ‘n verkeerde huis in? Was hy dalk onder die invloed? Kan dalk baie van die aksies verduidelik.

Alet ·

Wil ek ook weet. Hy moes al redelik lank daar bly as hy sy groenkaart onderhoud sou gehad het en toe verdwaal hy so wraggies binne in die verkeerde huis in.

Edward Donald ·

Rerig!!! Wat van ‘n kommisie te stig om plaasmoorde te ondersoek. Neewat. Regering gaan seker ‘n delegasie VSA toe stuur op ‘n gehuurde vliegtuig. Die relevante owerhede in die VSA stel mos self ondersoek in en sal dan dus die SA regering terugvoer aanbied.

Marisa W ·

Ek sou graag wil hoor wat was die uitslag van sy bloed toetse – dit wil amper voorkom of hy een of ander dwelm geneem het – die tazer het hom nie eers gestuit nie…

Windhond ·

Hy was n Suid Afrikaanse rugby speler, n tazer sal hom nie stop nie

Boer ·

As hy saam gewerk het met die polisie dan het hy nog gelewe.

gpsa ·

Dit wat in SA aan die gang is, gaan nog die hele wereld oorvat. Kyk na populasie groei regoor die wereld. Blanke getalle neem af en swart populasie word oral baie groter. Dan is daar nog die blanke liberale wat die vuur verder aanblaas.
Selfs London is nou al 44% swartes teenoor 28% in 2001. Amerikaanse populasie waarskynlik dieselfde trent. Die rigting waarheen die wereld beweeg, gaan blankes te laat besef wat aangaan.

Hoekom ·

As hy nie aggresief teenoor die polisie was nie en mooi saam gewerk het het hy nou nog gelewe…

Hulle sou my ook skiet as ek hulle met die vuis aanval en ek is wit…

Surfer ·

Hy het seker gedink dat jy maar polisie daar ook kan rond klap soos hier in Suid Afrika, toe kry hy n surprise. Hulle beskerm nie ANC stemme daar nie, net in SA.

Aai ·

Ek het die video gesien hoe verduidelik jy vir die polisie jy is by die verkeerde huis om 3 polisiebeamptes aan te rand en een se kakebeen af te slaan.Daai beampte het reg opgetree hy was bo op ‘n polisiebeampte toe hy geskiet was deur sy kollega wat uitgeslaan was hy kan maklik sy wapen afgevat het wat sou dan gebeur het,en dit is nadat hy klaar getaiser was.Asseblief. daar word opgetree in daai lande nie soos hier.

Hester Wilhelmina ·

Ja, ek moet ook gereeld my kop gaan skoonkry na ‘n prettige dag, en dan stap ek elke keer by die verkeerde huis in.

Mariana ·

Daai vrou en sy swaer het nie idee wat gebeur het nie. As ek my kop wil skoonkry beteken dit dat iets my ontstel het, argument of iets is fout. As ek prettige dag saam met my man en kinders geniet het, wil ek dit onthou, nie my kop skoonkry nie. Dit is ‘n wolhaarstorie en iets word toegesmeer. Maar als is nou die polisie se skuld en daar is swart mens betrokke, wat maar nou tendens geword het. En as jy wit is, is jou doppie geklink, of jy nou jou werk gedoen het aldan nie.

SwartBees ·

Per ongeluk by die verkeerde huis inloop. Oh come on!!! Gaan verkoop daai snert aan iemand wat jou meskien gaan glo.

Keelvol ·

As hy so “onskuldig “ was, hoekom het hy die polisiebeamptes toegetakel.? Klink vir my die swaertjie het skille op die oë.

Porseleintjie ·

Regering van Suid Afrika, vee voor jul eie stoepdeur. Kry eers jul eie huis in orde voor jul betrokke raak in ander lande se huissake.

Dorry ·

As jy wil sien wat regtig gebeur het, gaan kyk op Youtube onder “Honolulu police release body camera footage of fatal shooting in Nuuanu”. Nie vir sensitiewe kykers nie.

Klipkop ·

In SA is dit nogal ‘n kulturele verskynsel dat hierdie skynbaar goeie en vredeliewende mense gereeld en per ongeluk in die nag by vreemde mense se huise instap vir verskeie redes.

jzjz05 ·

Dit is te verstaanende eenige een kan dink wit polisie op n swart man n resep vir dadelik die skuld op die polisie te pak.Perongeluk by n verkeerde huis instap vertel dit vir die voeltjies.Die Suid Afrikaanse besorg heid oor die voorval ook duidelik te verstaande.

Korrelkop ·

Die skuldige het aan die pen gery, so lyk dit my. Daai is nie Afrika nie. Hulle het reëls.

sopbeen ·

Het na die footage gaan kyk op YouTube
Honolulu police release body camera footage of fatal shooting in Nuuanu
Die dame was hiesteries en hy was aanvallend.

Onnie ·

Net omdat die video nie wys wat jy wil sien nie, beteken nie outomaties dat die video gedokter is nie. Sy vrou het baie opinies vir iemand wat nie eers op die toneel was nie. Maar sy weet glo beter wat daar gebeur het as die polisie,… wat wel daar was.

Hoekom ·

Ek het die video gesien en die polisie se aksie was die regte ding om te doen. Daar is nie ‘n ondersoek nodig nie. Dit is so helder soos daglig…

Madz ·

Nou wonder ek of SA se regering dieselfde “moeite” gaan doen om die skuldiges aan die pen te laat ry wat die Suid-Afrikaner in Mosambiek doodgeskiet het …..??

Blikkies ·

Lindsey en swaer Justin Anderson! Was julle op die toneel om sulke uitlatings te maak. Nee, julle was nie, al wat julle nou wil maak is ‘n groot Polisie-Rasse aangeleentheid as ‘n verskoning. Julle dink seker ry die Floyd golf terwyl hy nog hoog brand. Ek persoonlik skree van die dakke af die Polisie het korrek opgetree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.