SA regering weier samewerking in Botswana-vervolgingsaak

Adv. Gerrie Nel Donderdag gedurende ‘n mediakonferensie. (Foto: Verskaf)

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het Dinsdag tydens ’n regstreekse uitsending vanuit Botswana die jongste verwikkelinge in die saak teen Welheminah Mphoeng Maswabi, ’n voormalige agent van die land se direktoraat van intelligensiedienste, aan die publiek bekend gemaak. Volgens Nel versuim die Suid-Afrikaanse regering om sy samewerking in die saak te gee.

Maswabi was ’n agent van Botswana se direktoraat van intelligensiedienste en sy word vervolg op ’n klagte dat sy ’n leefstyl bokant haar vermoë gehandhaaf het. Verskeie berigte van mediapublikasies in dié land maak verder bewerings teen Maswabi dat sy terrorisme gefinansier het deur geld te verskuif wat gekoppel kan word aan Isaac Kgosi, die voormalige spioenhoof in Botswana.

Botswana se regering het AfriForum se privaatvervolgingseenheid vroeër vanjaar aangestel om hulle by te staan om wedersydse regshulp van die Suid-Afrikaanse regering te bekom omdat van Maswabi se aktiwiteite glo betrekking op Suid-Afrika het.

Nel het Dinsdag aansoek gedoen vir die voorlopige terugtrek van die saak hoewel die verdediging beswaar daarteen aangeteken het. Die saak is uitgestel tot 14 September wanneer die aansoek volledig geargumenteer sal word. Die landdros wat die saak aanhoor, was nie beskikbaar nie. Nel het gesê die doel is om die nodige feite in te samel en dan ’n aanbeveling oor vervolging te maak.

Volgens Nel is geen samewerking van die Suid-Afrikaanse regering gebied nie.

“Dit lyk asof die Suid-Afrikaanse regering sekere mense probeer beskerm. Die saak is nie laat vaar nie, maar al die nodige bewyse en inligting moet eers bekom word voordat Maswabi se vervolging weer ingestel kan word,” het Nel gesê.

Maswabi word ook daarvan beskuldig dat sy saam met Bridgette Motsepe-Radebe ’n medeondertekenaar was van rekeninge ten bedrae van miljarde Botswana-pula. Nel en Vorster is verlede jaar deur die Botswana-regering aangestel om hom in dié hoëprofiel geldwassery-en-bedrogsaak te verteenwoordig.

Motsepe-Radebe is pres. Cyril Ramaphosa se skoonsuster en die voormalige minister in die presidensie, Jeff Radebe, se vrou.

Motsepe-Radebe en Maswabi is geïdentifiseer as medeondertekenaars van twee bankrekeninge, ’n Absa- en ʼn Nedbank-rekening, wat meer as R150 miljard beloop het. Dié geld is na bewering van die Botswana-regering gesteel om ’n “staatsgreep” voor die nasionale verkiesing in daardie land te finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ian

En so kom al die geheime uit van al die anc piete. Dis net geld stelery van voor tot agter. Daar is nie n greintjie eerlikheid meer oor nie geen intergriteit.

Tiptol

Natuurlik is een van die anc korrupte boewe betrokke. Hulle is nie regtig gemotiveerd om korrupsie uit te roei nie. Dis deel van hul suurstof.

Catherina

What’s new? Same old…same old

Swerwer

Natuurlik sal hul want hul kan hulself darem nie in die voet skiet in die teenwoordigheid van die publiek nie.!

Tino

Vat hulle vas GN