SA renjaer sterf op Kilimandjaro

Gugu Zulu (Foto: VW SA)

Gugu Zulu (Foto: VW SA)

ʼn Suid-Afrikaanse renjaer is Maandagoggend op berg Kilimandjaro in Tanzanië dood.

Die Nelson Mandela-stigting het gesê Gugu Zulu (38) het asemhalingsprobleme ondervind. “’n Mediese span het hom op ʼn drup geplaas en saam met hom teen die berg afbeweeg. Ons verstaan die mediese span het alles in hul vermoë gedoen om hom te red.”

Zulu het saam met sy vrou, Letshego, en 41 ander Suid-Afrikaners die berg aangedurf as deel van die Trek4Mandela-uitdaging. Die doel van die uitdaging is om geld in te samel om 350 000 meisies vanjaar op skool te hou. Dit maak deel uit van Mandeladag. “Soos ons verstaan, het Zulu en sy vrou saam met Richard Mabasao, die projekleier, en die mediese span teen die berg afbeweeg. Die ervare bergklimmer Sibusiso Vilane was ook by hulle.”

Gugu Zulu en sy vrou, Letshego (Foto: Gugu Zulu, Facebook)

Gugu Zulu en sy vrou, Letshego (Foto: Gugu Zulu, Facebook)

“Ek is platgeslaan. Ek het hom goed geken. Ek het hom gevra om Kilimandjaro te klim,” het Sello Hatang, uitvoerende hoof van die Nelson Mandela-stigting, gesê.

Zulu het op 16 Julie op Facebook geskryf: “Ek het dit deur dag twee gemaak. My vrou vaar fantasties en het selfs die plaaslike taal geleer. Ek het griepsimptome en sukkel bietjie, maar vat dit stap vir stap. Vandag kon ons ons bestemming sien en ons kamp is letterlik bo die wolke.”

Die Nelson Mandela-stigting het sy meegevoel met Zulu se vrou, dogter en familie betuig. Die ander klimmers sal vandag Kilimandjaro se piek bereik vir Mandeladag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ekwilibrium ·

Tragies en skokkend. Hy was immers jonk en fiks? Hy het sy storie agter ‘n stuurwiel geken! Wys jou, moenie kanse vat met griep nie.

Elize C ·

Ek spekuleer nou net, maar dalk was dit nie NET griep-simptome nie, dalk was dit al reeds tekens van “hoogte-siekte”, waar sy longe klaar begin stress ervaar het….? Baie simpatie, en sterkte aan sy kollega’s, familie en vriende. Hy wou iets uit die goedheid van sy hart doen vir ‘n goeie doel…..

vra net ·

Wonder net, Kan Mediese toelating(as daar so iets bestaan) stenger toegepas word en mense lewens so spaar. Of laat hul maar jou net vrywaringsvorm teken en is so elkeen self verandwoordelik vir enige gebeure.

Wicus ·

Dit is baie hartseer!

Ek was bo-op Kili betyds on die son te sien opkom. Dit na ek met ‘n vorige poging omgedraai het. Fiksheid help baie om dit te geniet maar is nie ‘n seker aanduiding dat jy bo gaan uitkom nie. Jou liggaam kan die hoogte hanteer of nie, en jy weet eers as jy die hoogtes aandurf. Ek was ook tot by die Everest-basiskamp en dieselfde dag is ‘n klimmer in die kamp oorlede, hy was verkouerig. Lugweg infeksies is ‘n teken om liefs om te draai! Mens moes jouself goed genoeg ken om te weet wanneer om bes te gee.

Dit als gesê is Kili is net iets wat mens in jou leeftyd moet doen.

Baie sterkte aan die familie en vriende!

Koos1 ·

SA se eie STIG, het nogal in ‘n episode van TOP GEAR karre gery (Die Botswana trip). Dis baie sad!
Baie sterkte vir sy familie en vriende. Hy sal gewis ‘n leemte laat en sal baie gemis word.

Ekke ·

Baie groot verlies vir sy Vrou fam & Suid Afrika. Ons verloor ‘n baie talentvolle jong man.

D. ·

Baie sterkte aan Gugu se familie en naasbestaandes. Kan hom nog onthou van jongs af hoe hy altyd so goed gevaar het en net aangehou het. Gaan verseker ‘n groot leemte los.

Thanks ·

Die man was dalk nog jonk maar het voluit geleef. Groot verlies. Sterke aan sy familie.

Andre ·

Gugu was ‘n wonderlike ambassadeur vir sy sport. Hy het altyd geglimlag en bereid om ‘n woordjie te wissel met jonk en oud.

snoefie ·

laat ek tog maar die vark in die verhaal wees en vra hoeveel honger kinders kon die Nelson Mandela stigting gevoer het met die geld wat aan die Kilimanjaro ekspidisie gespandeer was? dis as of die mense net nie meer kan dink nie. die NMS sou met hierdie geld seker die hele 350 000 skooldogters van saniteredoekies vir n jaar lank kon voorsien.

MCS ·

Ek wonder soms, wat motiveer n mens om iets tedoen wat jy weet jou lewe kan kos! Ek hou ook van avontuur en doen ook goed wat ek nooit tevore gedoen het nie. 100 de mense het al daar gesterf en baie het al na aan hul dood daar gekom. Maar as jou strepie getrek is maak dit sejer nie saak waar jy is, tuis op die pad of op n berg! Tenminste het hy probeer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.