Beurtkrag sal vir die res van die week geld.
Eskom het ’n kort ruk gelede aangekondig dat fase 2‑beurtkrag Dinsdag om 17:00 ingestel sal word en tot Maandag 05:00 sal geld.
Hierdie ronde beurtkrag is veroorsaak deur ’n tekort aan opwekkingskapasiteit weens nege kragopwekkers wat die gees gegee het sowel as vertragings in die terugkeer van kragopwekkers.
Volgens Eskom het een eenheid elk by die Lethabo-, Tutuka-, Ingula-, Drakensberg- en Arnot-kragstasie, asook twee eenhede elk by die Hendrina- en Matla-kragstasie onklaar geraak.
Die kragvoorsiener beleef ook tans vertragings in die terugkeer van kragopwekkers by die Arnot- en Kendal‑kragstasie sowel as drie eenhede by die Tutuka-kragstasie.
“Eskom verwag om soveel moontlik van hierdie eenhede oor die volgende paar dae weer in diens te stel. Ons verwag ook om staat te maak op die gebruik van noodreserwes om die fase van beurtkrag gedurende hierdie tydperk te beperk.
“Ons het tans 3 875 MW op beplande instandhouding terwyl 15 067 MW nie beskikbaar is nie weens onbeplande kragonderbrekings,” lui die kragopwekker se mees onlangse verklaring.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
35 Kommentare
So dit gaan reen en koud wees?
En Ethekweni area wat so erg geraak is deur die vloede? Vriende van ons in Noorde van stad het paar dae gelede eers krag gekry na 2 weke sonder krag en water. Wat van daai arme mense?
Gaan die son skyn??
Niemand werk by eskom nie net daar vir die pay
Kan hulle nie net 1 kragstasie heeltemal uithaal diens en overhaul en klaar kry met dit nie dan weet jy mos die ding is reg en gaan dan na die volgende een toe? Die lap lap storie werk nie en as die kragopwekker net bietjie swaar trek dan skop dit uit