SA resessie: Gigaba wil met sakeleiers vergader

Malusi Gigaba, minister van finansies. (Maart 2017) (Foto: GCIS)

Die nasionale tesourie het Dinsdag gesê Malusi Gigaba, minister van finansies, sal met sakeleiers vergader om strategieë te bedink om die ekonomiese resessie teen te werk en inklusiewe groei te bereik.

Dit kom nadat Statistiek SA Dinsdag aangekondig het dat die Suid-Afrikaanse ekonomie vir die eerste keer sedert 2009 in ʼn resessie is. Volgens StatsSA het die bruto binnelandse produk (BBP) in die eerste kwartaal van die jaar met 0,7% ingekrimp. In die vierde kwartaal van 2016 het die BBP met 0,3% ingekrimp. Inkrimping van die ekonomie vir twee agtereenvolgende kwartale dui op ʼn resessie.

“[Gigaba] sal binnekort met sakeleiers vergader om maniere te vind hoe daar saamgewerk kan word om inklusiewe ekonomiese groei te bewerkstellig,” het die tesourie in ʼn verklaring gesê. “Die huidige stand van die ekonomie plaas meer druk op ons as die regering, die sakesektor, arbeidsektor en die breër samelewing om ons groeiprogram te intensiveer en beleggersvertroue te verbeter as ʼn saak van dringendheid om die inkrimping te stuit en die ekonomie op ʼn hoër groeitrajek te plaas.”

Die grootste negatiewe bydraer tot BBP-groei in die eerste kwartaal was die handels-, spysenierings- en akkommodasiebedryf, wat met 5,9% afgeneem het en tot -0,8 van ʼn persentasiepunt tot die BBP-groei bygedra het. Vervaardiging het met 3,7% afgeneem en huishoudelike verbruiksbesteding met 2,3%.

Altesaam sewe uit tien van die vervaardigingsafdelings het negatiewe groei getoon, insluitend die petroleum-, chemiese produkte-, rubber- en plastiekprodukte-afdeling. In teenstelling hiermee het die mynbou- en steengroefbedryf met 12,8% gestyg, en 0,9 van ʼn persentasiepunt tot BBP-groei bygedra.

Die tesourie het gesê aangesien die BBP-groei swakker vertoon het as verwag, sal die groeiverwagtinge soos in die 2017-begrotingsoorsig genoem waarskynlik afwaarts beïnvloed word. Die 2017 BBP-groei is beraam op 1,3%.

“Indien die huidige groeikoers volgehou word, sal dit lei tot ʼn verdere afname in BBP per capita en inkomste, wat die volhoubaarheid van ons fiskale raamwerk in gevaar stel en die lewering van maatskaplike dienste ondermyn,” het die tesourie gesê.

Ten spyte van die resessie, het die tesourie gesê daar is aspekte waarop Suid-Afrika kan steun om sy ekonomiese groeivooruitsig ʼn hupstoot te gee, soos globale groei wat verbeter, kommoditeitspryse wat stabiliseer, gunstige klimaatstoestande en betroubare elektrisiteitsvoorsiening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Magda ·

Al wat ek vir die ou kan se is = ‘WHAT GOES AROUND COMES AROUND”

Johann Marx ·

Armsalige vent. Kyk oor jou skouer, en sien die een enkele groot “probleem” wat sakevertroue amper op NUL het. Begin daar….en verwyder hom. Solank julle dit nie doen nie, is ons besig om ‘n pleister op kanker te plak….Dit gaan nie help nie.

Oplossing ·

Ja-nee, foeter voort om d.m.v. swart ekonomiese bemagting in te meng i.p.v. normale vooruitgang.

snoefie ·

wat n grap! watse geleerdheid het hy van finansies? as hy enigsins n veer vir die land gevoel het, sou hy gesê het ” dankie maar baie nee dankie vir die jop.”

willie ·

julle beleid is die kern van die probleem, maar julle is te hardkoppig en onkundig om dit te besef!

Johannes van Staden ·

Wil hulle met hom vergader veral as ons weet hulle wou net met hom oorsee gaan om beleggers te probeer lok nie…..wat weet die minister van finansies as hy n mislukte onderwys loopbaan gehad het ….en kyk maar waar hy sover was is dinge maar uiters droewig ….daar is ons ou junk status en so pas in n resessie ….”good story né ” anc is n groot flop !

Oplossing ·

Aangesien my kommentaar gesneuwel het, wat beteken ‘getroon’ in par. 5 ?

Janie Monsieur ·

Dagsê Oplossing,
Dankie vir jou valkoog! Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

WW ·

Wonder ek ook. Hy moet maar liewer by ou Cryil gaan hoor – die behoort mos al te weet hoe.

willie ·

Landbou toon n 22% groei wat is die rede om dat landbou nie genoem word nie.

Lance ·

Daar gaan niks oor wees vir sy radical tranformation… wat dit ookal beteken ….die geld is gone GESTEEL !

jan van riebeeck ·

al die vergaderings , mooi praat en blanke gatkruip in die wereld sal nie verhoed wat God self besluit het sal gebeur nie , maak julle maar reg , modereer soveel julle will , dit kom , FEEL IT , ITS HERE :) en dis hoog tyd , ons het lankal te veel opgeoffer by hierdie slange se altare

Mielie ·

Die man kan nie vertrou word nie. Hy is n Zupta. Hulle moes hom voorberei het vir die vergadering. Hierdie man gaan seker maak daar word na die Zuptas se belange gekyk. Dit is soos om Malema te vertrou as jy n boer is.

Justice ·

Gigaba is dit nou jy of die Guptas wat die vergdering versoek het deur jou?

Danie ·

Hulle hou hulle doof vir die sakeleiers, privaat sektor en ekonome se waarskuwings en raad, maar sodra die paw paw die fan slaan, dan wil hulle vergader! Nee wat ek is bevrees dis te laat. Raak ontslae van Jacob en sy gatgabbas dan kan ons gesels

CAV ·

Begin deur Radikale Transformasie snert, BEE and EE af te skaf

Ai ·

N stap in die regte rigting is om van die Unies ontslae te raak. Tweedens moet die labour law wette gewysig word- immediate dismissal vir enige staking wat n maatskappy se produktiwiteit tot stop bring. Wetgewing wat dit duidelik maak dat increases en bonuses performance related is en nie n reg is nie.

Dit al klaar sal n massiewe positiewe impak maak op die ekonomie.

Daar moet beslis na Bee en AA gekyk word maar ek glo nie dit sal gebeur nie. Die minderwaardigheids kompleks hou hulle nog gevange.

Arie ·

Die mense gorrel net – hy praat van betroubare elektrisiteits voorsiening en ‘n paar dae terug is ons met power sharing gedreig, daar is niemand in die parlement wat weet waarvan hulle praat nie!

Anoniem ·

Het jy nie ‘n strategie nie Mnr. Gigaba? Maak jy nou soos die res? Wil die titel hê maar laat ander die werk doen? Bring maar liewer vir Gordhan terug!

WW ·

O jinne, slegte nuus my ou. Die ‘sakelui’ ly ook maar onder dieselfde “rot at the top” mentaliteit. Die pap hou nou op met reën – waar gaan julle almal nou skep hmm??
Blink menere het gewoonlik nie ‘n eie strategie of opinie nie, Hulle het nie tot daarbo gevorder omdat hulle noodwendig die posisie waardig is nie…..eerder hulle blink vere wat juis so blink ge-polish is deur glibberige handpalms. Om ‘n strategie te hê was nog nooit deel van die mandaat nie.

Piet Pille ·

Gigaba waar val jy uit die boom. Zupta versoek hierdie om te kyk waar jy hulle kan bevoordeel.
Die regte “sakeleiers” word buitendien nie geken in jou klein wereld van weinig of geen finansieele bestuur.

Willie E ·

Raak ontslae van Zuma en die hele flippen ANC regering,dit sal dinge laat draai…tot dan….”grinn and bear it” Suid Afrika….

Scalla ·

Steel minder, raak ontslae van die oorbetalende onbevoegde amptenare en stel kundiges aan wat die werk produktief kan doen. Begin ook sommer by jouself met die middernagtelike aanstelling om vir PG te vervang.

John ·

Hoekom vra hy nie sy buddy wat hom oorsee bygestaan het en die twaalf rowers vir raad nie… Ja, die tandepasta gaan opdroog en dan moet ons almal maar weer met die as borsel en… in sakke klee ipv snyerspakke… en dit kom… die baie as… as die volk hul ongeduld met vlamme onderstreep.

Rupert Ashford ·

Eish, gaan praat met jou base man. Die Zuptas het mos die antwoord vir alles.

Cora ·

As dit nie vir BEE was nie was hulle nog steeds nerens nie maar ons sal nog teeds die skuld kry vir alles.

marous ·

Mnr Gigaba en sy opswepende “gabba” moet maar aan die massas verduidelik waarom die land bankrot is. Dit help ook nie hy plaas die blaam op sy voorgangers nie. Dit help ook nie hy wil nog bloed uit die siek ,maer, wit koei tap nie. Hierdie regering het ‘n ordentelike skip, vol gelaai , verniet gekry. Hulle moes hom net reg stuur , maar toe vaar hulle hom reguit rotse toe. Die hele skip en als daarop poer in sy glorie in…..

Johanna Botha ·

Vra hy vir die guptas ook vir hulp en bystand nou om dinge weer te laat werk ….want waar is al die welvaart en werksgeleenthede wat hulle kontrakte totgevolg sou hê …ja in Dubai en geplunder ….neewat moeg vir jou, jy is op jou eie nou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.