SA rol rooitapyt vir China uit

Pres. Xi Jinping en pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het weer na die ANC se Vryheidsmanifes gegryp toe hy gesê het die vriendskap tussen Suid-Afrika en China is ʼn lewende bewys van “vrede en vriendskap”.

Suid-Afrika het Dinsdag die rooitapyt vir China se president, Xi Jinping, uitgerol vir sy amptelike staatsbesoek kort voor die aanvang van die Brics-beraad.

Volgens Ramaphosa val Xi se staatsbesoek saam met die 25 jaar lange diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande en is Suid-Afrika dankbaar vir die ondersteuning en vriendskap wat hy van China kry “soos ons gewerk het om ons land te herbou en te transformeer ná die verwoesting van apartheid”.

Pres. Xi Jinping en pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

China het Suid-Afrika tydens die Covid-19-pandemie met broodnodige toerusting en entstowwe gehelp en die twee lande het politieke steun vir mekaar se kernbelange herbevestig. Daar is ooreengekom om bilaterale samewerking in handel, belegging, infrastruktuurontwikkeling, energie, toerisme, onderwys en opleiding, asook digitale tegnologie te versterk.

Ramaphosa het daarop gewys dat China Suid-Afrika se grootste handelsvennoot is en dat Suid-Afrika China se grootste handelsvennoot in Afrika is.

Pres. Xi Jinping en pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

“Ons het die behoefte bespreek om die handelstekort tussen Suid-Afrika en China te verklein, en een van die maniere om dit te doen is deur groter marktoegang vir Suid-Afrikaanse uitvoergoedere met toegevoegde waarde na die Chinese mark te verseker.”

Oor multilaterale samewerking het Ramaphosa en Xi ooreengekom om nou te beraadslaag oor kwessies van gemeenskaplike belang, waaronder in die konteks van Brics, China-Afrika-samewerking, die G77 en China, en die G20.

“Ons stem saam dat die belange van die ‘Globale Suide’ regverdig verteenwoordig moet word op alle multilaterale forums.” Die Globale Suide verwys na verskeie lande oor die hele wêreld wat soms beskryf word as “ontwikkelend, minder ontwikkeld of onderontwikkeld”. Ramaphosa en Xi het ook ooreengekom dat Brics ʼn uitgebreide rol in internasionale aangeleenthede moet speel.

“Ons sien uit na ʼn nuwe era van selfs sterker bande, ondersteun deur ons verbintenis tot die bereiking van gemeenskaplike welvaart vir ons onderskeie mense en die Globale Suide in die algemeen.”

Xi het op sy beurt gesê dat China en Suid-Afrika “op ʼn nuwe historiese beginpunt staan”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anel ·

‘n Nuwe historiese beginpunt van vernietiging!!! Die chaos van apartheid!!!! Goeie hemel, waar val hy uit! So ons lewe nou in ‘n Utopia, volgens hom!!! Hy seker maar nie die res van die land nie! En van wanneer af is China ons grootse handelsvenoot?? Die goedkoop gemors wat daarvandaan kom is nie eens die moeite werd om te noem nie! Maar nou ja!

Johan ·

Akkoord Anel. Hy praat van ‘herbou’… Wat op aarde het sy regime herbou? Afgebreek wat tydens die vorige regime opgebou was sou n meer gepaste stelling gewees het. Apartheid sal vir alles geblameer word tot die hane ophou kraai..

piet ·

China is ons grootste handelsvennoot. Jy sal al daai lekker elektroniese speelgoed moet opgee as jy nie hou van die kommuniste nie.

Liberale Koos ·

Alles wat jy koop kom van china, nie net die goedkoop goed nie. Kyk agter op jou toebehore.

Cabous like braai ·

Rerig?????? LEES EK REG .. Suid-Afrika dankbaar vir die ondersteuning en vriendskap wat hy van China kry “soos ons gewerk het om ons land te herbou en te transformeer ná die verwoesting van apartheid”.. WONDER WIE VERWOES EN MOOR……

Kokerboom ·

Kan ‘n mens meer kruip. Mnr Ramaphosa mnr Xi Jinping het u klaar ore aangesit!

JohanR ·

Het julle bespreek hoe om met 2024 verkiesing te verneuk? Sien die ANC truuks het al klaar begin.

Wit Leeu ·

“soos ons gewerk het om ons land te herbou en te transformeer ná die verwoesting van apartheid”. Goeie genade, die land is eers verwoes toe julle die ANC oorgevat het ou bees neus !

Hannes ·

“soos ons gewerk het om ons land te herbou en te transformeer ná die verwoesting van apartheid”. Paradoks in terme, wie het Poskantoor, Transnet, SAL, Eskom en Denel ontvang en vernietig???

annie ·

Ag tog! Vir wat skreeu ons voor ons dink? Die Weste het hul eie gat gegrawe deur net minerale uit Afrika te wil skrop. Afrikaners is beroof van hul myne op die rand en in die weste. Vroue en kinders is in derduisende dood in kampe, maar nee! Dit was alles ok? Die VSA en Weste soek steeds hegemonie en minerale. Sjina kan ons help met hidrokrag en ‘n groen ekonomie. Die VSA is bankrot en die EU aan’t flarde. Hoe kry mens dom Afrikaners aan’t logies dink? ‘n DA-plan vir die beheer van Afrikaners? Huh??

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaners het alles gehad na uniewording, net om dit weg te teken in 1992. Nou sit ons op die paviljoen en kyk, en kla.

John ·

Tussen China en die Russe sal daai hammer en sekel binnekort op die ANC se lands vlag pruik….

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.