ʼn Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger is dood in sy hotelkamer in die Blowfish Hotel in die Victoria Island-woonbuurt in Lagos, Nigerië, gevind.
Siphiwe Myeza-Mhlambi (25), ʼn regisseur, se familie het in ʼn verklaring gesê hy is Maandag dood in sy hotelkamer aangetref.
Volgens Victor Dlamini, die familiewoordvoerder, was Myeza-Mhlambi in Lagos om ʼn advertensie te skiet vir Glo. Hy het op 5 Januarie in Lagos aangekom.
Myeza-Mhlambi was die meerderheidsaandeelhouer in die Kaapstad-gebaseerde 7Films-maatskappy wat hy saam met Lourens van Rensburg besit het.
“Die oorsaak van sy dood is nog nie vasgestel nie en die familie wag vir meer besonderhede sodra die outopsie gedoen en die uitslae bekendgemaak is,” het Dlamini gesê. Hy het gesê die familie sal inligting oor die gedenkdiens en begrafnis bekendmaak sodra die reëlings gefinaliseer is.
Jammer om ‘n Suid Afrikaner te sien sterf op so jong ouderdom.
Rus in vrede Siphiwe………
Mag Die Here by jou familie wees,waar hulle jou erg gaan verlang.
Onsettend tragies. Innige simpatie aan sy familie & vriende. Rus in Vrede Siphiwe!