SA Rugby begin ‘interne proses’ teen Etzebeth

Eben Etzebeth.

SA Rugby sê hy het tot dusver sy volle samewerking gegee aan die ondersoek waarby die Springbokrugbyspeler Eben Etzebeth betrek word.

Die Menseregtekommissie (MRK) begin Vrydag in die gelykheidshof met regstappe teen Etzebeth. Dit volg ná die kommissie in Augustus ʼn klag ontvang het oor ʼn beweerde bakleiery buite ʼn kroeg in Langebaan aan die Weskus. ʼn Man beweer hy is deur ʼn groep mans aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou. Etzebeth was glo hierby betrokke.

Etzebeth het vroeër al ontken dat hy enigiemand aangerand of rassistiese aanmerkings toegesnou het tydens die voorval.

SA Rugby het Donderdag gesê hy sal berus by enige bepalings wat die Suid-Afrikaanse owerhede op sy werkers plaas.

“Ons het tot dusver voldoen aan alle versoeke en sal voortgaan om dit te doen soos en wanneer dit van ons verwag word.

“Na aanleiding van ons bespreking met die MRK, het ons ʼn interne proses begin om die kwessie te hanteer. Die besonderhede daarvan bly ʼn saak tussen SA Rugby en die betrokke speler,” het SA Rugby in ʼn kort verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Renee ·

Hierdie hele aangeleentheid laat n bitter smaak in my mond. Nie net het dit n effek op Eben waar hy sy land in n vreemde land moet verteenwoordig nie, maar dit het ook n effek op elke speler wat daar is. Daar is spanlede van kleur en ek is seker hulle wonder oor di saak. Of hulle nou aan Eben se kant is of nie! Geen mens is bestand teen negatiewe gebeure nie. Daar moes gewag geword het totdat Eben terug is in S-A voor die media die storie gepubliseer het. Di reg moet sy gang gaan, maar in hierdie geval is Eben ni net een ni, maar 31 plus. Sterkte Bokke!!

Mariëtte ·

Ek stem 100% met jou saam Renee! Hoekom nie wag tot na die Wbeker nie?? Dis ñ slegte indruk van ons rugbyspan en ook ons land. Suid Afrika gaan nou om verkeerde redes in die nuus wees!

Allan ·

Daar is altyd twee kante van ‘n saak.
Gaan luister gerus op Utube oor die ander kant by tik in” Eben Etzebeth to be charged for Racial Abuse, might have to return home | South Africa

(Willem Petzer)

Die wollerige skaap ·

Hier begin hulle al weer met hulle ou belaglike melodramatiese sirkus om vir almal te wys hoe gevaarlik en meedoonloos hulle is wanneer dit kom by die uitlig en straf van uiters gevaarlike rassiste in ons sameling …….etc.
(Wel, ten minste gee dit hulle iets om te doen)

Joke! ·

Hul wil nie wag nie want hul die MRK wil Eben en blankes in Suid Afrika se name beswadder en as rassiste af maak en die wereldrugby gebruik om hul eie anti blank agenda uit te speel! Hul wil dit aan n groot klok hang sonder dat hul bewyse het! Hoe dink jul gaan die nuus lees oorsee hoekom Eben terug Suid Afrika toe gestuur is en uit die span gelaat is??? Wat my kwaad maak is hoe arrogant die lot is om n saak te maak op bloot hoorse en dit dan te wil deurjaag om maksimum blootstelling te kry! Hy moet die MRK hof toe sleep vir naamskending!!!!!Die MRK maak my naar nes die anc…

Naomi ·

Eben was nie alleen nie. Waar is die res van die groep? Eben is bekend. Die slagoffer het seker net hom herken. Nou tingel die dollers in sy kop.

Henry ·

Is so en ek glo die homeless perd is net uit om n vinnige pennie te maak

Swartwolf ·

Hy gaan seker die res van die wereld beker op TV kyk – in Langebaan. Waarom betrokke raak in so gemors en dit vyf dae voor die span Japan toe gevlieg het ?

Tertius ·

Swartwolf dit is waar, wie gaan nou 5 dae voor jy vertrek na die RWC betrokke raak by so iets ? Niemand, ek glo nie hy het gaan soek vir dit nie en dit moet nog bevind word dat hy skuldig is. Lyk my hier is te veel wat wil oordeel as hulle nie die bewyse het of feite het nie. Dit lyk meer soos mense wat die Bokke wil kelder en ‘n negatiewe invloed wil versprei.

DewaldS ·

Ek is seker jy het bewyse van sy betrokkenheid. Deel asb met ons. Of is jy maar net nog ‘n patetiese hekse-jagter van agter jou keyboard?

Andre Coetzee ·

Nee wat Eben se rekord tel teen hom.Sy kort humeur en baklei ens.Ek is geneig om die klaer in die verhaal se weergawe te glo juis omdat Eben so sleg rekord het ten opsigte van baklei van die veld af ens.Face the music.

stef ·

Regtig? Sinnelose kommentaar. omdat jy al dom besluite gemaak het in jou verlede, is jou kommentaar dom, en is jy dom. dis hoe jy redeneer.

Jan ·

Jammer stef maar in hierdie geval is Andre reg. Eben en sy boeties is wel bekend in die Kaap vir hul ‘barfights’ en sinnelose intimidasie. Ek wens ek kon met Eben simpatiseer maar ek kan nie.. Dalk het daai verlede waarvan jy praat hom nou ingehaal.

sarel ·

dis maar die media wat agter sinsasie is en omdat hy die regte kleur is om sensasie aan te trek.as ek eben is dat vat ek my goed en trek oorsee en gaan verdien goeie geld die volgende paar jaar en vergeet van springbok rugby .springbok rugby is in elk geval verby

Stuiwer ·

Andre Coetzee, jy slaan die spyker so op die kop. Sou die mense wat Eben se lofliedere so besing, dieselfde opinie gehad het as dit ‘n swart persoon (nie ‘n rugbyuspeler) was wat rassistiese opmerkings teen ‘n wit persoon gemaak het? Lyk my rugby het nou ‘n godsdiens geword.

pieter ·

Nee wat Eben is wit dit is hoekom aksie kom. EK glo nie een woord nie, alles gaan oor geld en die hoop om Eben te kan maak betaal. EK is agter Eben.

Dries ·

Ek kan nie sien hoe Eben iemand sal aanrand as hy voor sy voet weet dit kan hom sy deelname aan die WB beteken nie. Daar is ook altyd mense wat sal skoorsoek met bekende spelers as hulle na n kuierplek toe gaan en Dan moet so n speler maar alles verdra! Ek is behoorlik gatvol en staan bankvas agter Eben. Ek kan ons spelers hoegenaamd nie kwalik need as hulle hulle heil oorsee gaan soek nie. Ek betwyfel die MRK en SARU se sin vir geregtigheid. Dis Daren snaaks hoe vinnig eg altyd toeslaan as daar n blanke betrokke is.

Wondernet ·

Het iemand al gewonder wie agter hierdie hele ding sit? Met jaloerse Snorre de Villiers wat altyd die bokke so afkraak en onmiddelik na die voorval al oordeel gevel het, sal dit my nie verbaas dat hy die hele ding vanuit sy mishoop aan die lewe hou nie.

Griet ·

Ons land se mense kry almal swaar agv die ekonomie, politiekery edm. Moeilikheid maak en soek verger net die situasie. You do the crime, you serve the time. Mag geregtigheid geskied.

Jaco ·

Nee dis nie n kwessie van geld of velkleur nie. Eben moet leer om sy agressie te beheer, hy is n regte kapokhaantjie, hy kan ongelukkig nie dit wat hy op die veld toepas in die openbaar ook wil toepas nie. Kyk Eben is n baie goeie speler dis hoekom hy in Japan is, maar ek dink Rassie moet hom terug stuur RSA toe daar is genoeg ander slotte wat net so goed soos hy is.
Almal het maar hul eie siening oor die saak. Ek sien dat SA môre gaan verloor teen Italië juis oor die hele ding wat hang oor Eben.

ChrisE ·

Ag asseblief tog. Die rugbyraad die MRK en wie ook al maak nou ‘n ophef van ‘n “rassegeval”. Ek veronskuldig nie die speler nie, maar daar is altyd drie kante van ‘n storie. Kry eers die feite dan die waarheid, en besluit dan. Die wittes in die land sal een van die dae nog aangekla word van kleur diskriminasie ook. Die mense het nog nie in die land swaar, soos in swaar gekry nie. Daar word te veel tyd aan beuselagtighede bestee en die werklike probleme en vraagstukke word gerieflikheidshalwe agv onbevoegdhede op ander gebiede oor die hoof gesien. Die MRK het in elk geval nie ‘n bestaansreg in ‘n demokraties verkose land nie. Waar daar ‘n werklike gesonde demokrasie bestaan is ‘n waghond oor rasse verhoudings nie nodig nie.

Suzette Geringer ·

Ek stem saam met jou ChrisE. As die situasie andersom was sou hulle waarskynlik gewag het tot na die wereldbeker. Ons blankes kan net ‘n wenkbrou lig dan is ons rassisties maar die ander mag ons enigiets toesnou en dis okay. Ek is so g@%vol vir al hierdie tjol.

WESKUS NOOI ·

Hierdie hele storie raak nou vervelig!

Baie weet dat die MRK bestaan uit ni-blankes. Hulle is dus nie onafhanklik nie!

Eben, so ver ek weet, het nie ‘n rekord van baklei en hand-uitruk nie.
Hy wou maar net bietjie ontspan. En dit was nie voor ‘n wedstryd nie.
Hoekom het hy dan self ‘n verklaring gaan maak? En dis sekere mense wat nou net ‘n issue uit niks wil maak.

Mag die waarheid uitkom, ek glo in Eben se onskuld tot die teendeel bewys is.

Ek het in elk geval nooit tyd gehad vir Snorre nie en volgens Langebaan se mense wat ek ken, het min mense tyd vir Sammy.

Hierdie hele storie is ras gebasseer en mag geregtigheid geskied. Indien die teendeel bewys word, hoop ek Eben se naam word in ere herstel.

Hierdie All Black ondersteuners tussen ons, kan gerus op ‘n skippie klim en sommer daar gaan bly! Ons het regtig nie sulke mense nodig nie.

Wonder wat Madiba sou sê? Sport is juis ‘n verenigende faktor, wat dit wel bewys het in 1995 asook in 2007.

Jan P ·

Elke storie het 3 kante. Jou Kant, my Kant en die waarheid. Kom ons hoop die waarheid is aan Ezebeth se Kant.

Vita ·

Wat van as die man nou skuldig is,dan moet hy die gevloge dra,

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou waar lees ons WIE die ander mense in die groep was? Hoekom word hulle nie ook aangekla nie?

Maraleze ·

Wil ek ook weet. Klink my dit was ‘n groep wat betrokke was….

Marius ·

Eben, pak jou goed en gaan speel oorsee. Vergeet van SA!!!!

Werner ·

Dis nou verskriklike nuus hoor maar die boere wat vermoor word kry bitter min nuusdekking daar sal nooit versoening kom in hierdie land nie die liberales droom drome

Landie ·

Die MRK is ‘n klug. ‘n Organisasie wat daar gestel is om wittes voor stok te kry, niks anders nie. Die dat mens niks hoor van swart rassisme nie. Al is dit blatant en “in your face” elke liewe dag. Ek hoop geregtigheid geskied. Jammer Eben dat jy en jou span deur die patetiese heksejag geraak word. Dis totaal en al onnodig.

Marius ·

Dit is nou verregaande en grens aan die absurde!.
Wie begin ‘n regsproses teen sy speler oorsee en dan deur die media van alles juis nou tydens die 1/4 rondtes van die toernooi?. Die MRK – wie dien op dit?.

As hy teruggeroep word en wat tien-teen een wel sal gebeur, het die rugbyraad daaraan gedink hoe dit op die ander spelers gaan inwerk, watter antagonisme daar gaan plaasvind binne die span?. Ek woon oorsee vd laaste 18j al, en dit sal hier waar ek woon soos ‘n goudmyn wees om spesifiek die Springbokke en Suid-Afrika in die algemeen en blankes daarby aan te val en te verkleineer.
As Eben aangekla word, beteken dit die einde van sy loopbaan in Suid-Afrika en ‘n veldtog teen hom. As ek hy is, begin ek nou vir my ‘n ander land/klub kry en verlaat Suid-Afrika. Baie ander lande sal hom met graagte verwelkom.

Chris ·

As dit nou Malema en sy trawante was kon die saak vir die volgende 5 jaar gesloer het. Maar noudat dit ‘n wit bekende sportman is moet dit nou dadelik ondersoek word, selfs al is hierdie sportster besig om SA se naam hoog te hou in wêreldbeker. Eben is nie dom nie, waarom sal hy sy briljante rugbyloopbaan op die spel plaas deur rassistiese aanmerkings te maak net voor sy vertrek Japan toe. Ek staan agter Eben. Soos baie hierbo sê, dis ‘n heksejag en iemand sien weer ‘n manier om geld te maak en ‘sy moment of fame’ te eis. Hoe moet mens positief bly in hierdie land?

Ben ·

Eben vat jou goed en gaan speel vir miljoene rande in Frankryk en los hierdie klomp in SA agter. Hulle wil van jou n voorbeeld maak omdat jy n wit Springbok is.

Dubbelloop ·

Hierdie is walglik en so sal dit aangaan. Sou die ondersoek wys dat Eben onskuldig is, wat dan? Wat word van daai aanklaer, sê hy net “sorry” hy sal nie eers dit doen nie want hy is wat hy is. Hy is nie eers trots op homself wie hy is nie. Daar is teveel daarbuite wat nie wil wees soos God hom geskape het nie. Hy moet sy probleem met Hom gaan probeer uitklaar. Sterkte Eben.

Michael P ·

Dit is hoekom ons nie eers meer rugby kyk nie politiek maak ons siek

Ursula ·

As die klaer nie met sy kakebeen in n shoprite sakkie by die lykshuis op gedaag het nie het Eben hom beslis nie aangerand nie. Kwak man, die klaer is bekend vir die verkeerde redes . Was al in die koerant. Moenie n fight start as jy nie kan fight nie. Punt

Diefie ·

Iemand dink hulle gaan ‘n vining geld maak uit Eben. Eben staan sterk. Ons staan saam met jou.

ProotGraat ·

Ek is siek en sat vir die fyngevoeligheid in die land. Dit maak my naar. As ek elke keer wat ek “rassisties” behandel was Hof toe moes hardloop, sou ek die “Menseregte Kommissie” jare lank besig hou …. Ek wens net almal wil groot word.

Snotklap ·

So daar is nou n h-woord wat ons ook nie mag se nie.
Die k-woord gee jou 3 jaar in die tronk (as jy wit is en dit se).
Die h-woord ? (1.5 jaar in die tronk en jy verloor jou wereld beker posisie)?

Werner ·

Sal nie verbaas wees as hulle dit nie maak nie lankal nie meer trots op hulle nie hierdie tipe houding van ander volke teenoor my volk het daarvoor gesorg

Dries Moolman ·

Daar word heeltyd gepraat van ‘n ‘groep mense’ wat die hawelose man blykbaar aangerand het. Maar heeltyd word daar net gese dat Eben hof toe gesleep gaan word. Hoe werk dit?

Swerwer ·

Eben is wit ,dis hoekom. Die land lei aan n vervolgingswaansin…veral teenoor blankes wat net skeef durf kyk na ander rasse. Kyk maar na die ander gevalle onlangs ,maar ander mag se wat hulle wil oor blankes! Tyd dat mense se oe vinnig oopgaan.

DERICK ·

DIE NUWE SUID AFRIKA:
Wat reg was is nou verkeerd
Wat verkeerd was is nou reg/

WESKUS NOOI ·

Nie net nuwe SA nie.

Eindtye!

Kom ons wat verstand het, bid vir Eben, hy het dit NOU baie nodig.

En mag hy wanneer als verby is en sy onskuld bewys is, met sy kop omhoog staan!

Anoniem ·

Ek ry met my nuwe Porche en by die tolhekke draai n ou voor my in en ja ek gooi hom signs en skree so by die venster uit jou idioot wat maak jy, dit terwyl hy lekker betaal en ry. Twee weke later word ek gearresteer omdat die ou vir wie ek die signs gegooi en gese het hy is n idioot was swart en hy se ek het gese jou k wat maak jy. Nou wie dink julle gaan die hof glo. En terloops toe die episode afspeel was ek alleen en hy maar nou het hy n getuie wat n kind is wat n passasier was in die kar. My dashcam wys dat daar niemand was, sy verweer die kind is klein en jy kan hom nie sien in die kar. Wat dink julle gaan gebeur. Hierdie het nie regtig gebeur nie maar ek wil dit net gebruik as n voorbeeld en se dat jy moet versigtig wees in jou doen en laate want die messe is uit vir die witman.

Asjas ·

Is daar enige bewyse soos selfoon videos?? Kan daar regtig so bohaai wees oor “bewerings”, kan dit bewys word??
Indien hulle tot hierdie uiterstes gaan oor bewerings wat tien teen een nie gestaaf kan word nie, is die wit volk in groot moeilikheid.
Hulle woord gaan vir alles aanvaar word terwyl ons tot alle uiterstes sal moet gaan om of onskuld of hulle skuldig te bewys … Eish!!

Scalla ·

Ek verstaan Eben se motor is deur die hman met n baksteen gegooi.

Devil ·

Ek glo ook dit is ‘n heksejag, maar wat die duiwel hang jy in nagklubs rond 2uur die oggend?
Hy moes van beter geweet het!

E. ·

Gaan na YouTube en soek: Willem Petzer – Breaking news : Eben Etzebeth to be charged…
Daar vertel hy die hele verhaal van wat daardie nag gebeur het. Hierdie is ‘n heksejag teen Eben, en nou het hy teruggekeer na RSA vir hierdie gemors. Belaglik! Gaan kyk gerus!

Armand ·

Nee wat Andre. Lyk my jy is een van daardie wit gatswaaiers. Daai Kleurlinge was dronk soos torre. Een het selfs ‘n mes uitgepluk. Natuurlik sal daar nou prokureurs wees wat ‘n gaping sien om geld te maak. Ek het al ‘n paar keer in Eben vasgeloop by kuierplekke, waar hy hom absoluut onberispelik gedra het Gee ons bietjie die plekke, datums en tye waar Eben van die veld af in bakleiery betrokke was. Wanneer was hy daarvoor aangekla? Komaan jy weet mos baie. Verskaf detail.

Anoniem ·

100% agter Eben hekse jag o ja vergeet dit is net die wit mense wat vervolg word wanneer dit kom by rassisme. Sick man.

Rupert Ashford ·

Hy is toast en sal gelukkig wees om tronkstraf vry te spring. Sal ook nie in buiteland kan speel nie soos wat met Foleau gebeur het.

Peet ·

Die hele bewyslas in dié saak is soos baie ander soortgelykes gelaai teen Eben.
Vra ook wat gaan gebeur as saak verder gevoer word en dit word uit die hof gegooi – en Eben moes terug kom vir niks.
Die invertebrate wat die bevelstukture in SA rugby probeer bestuur probeer darem hard om politieke punte te “score”.
Ag nee wat ons top sportmanne word konstant in die rug gesteek deur juis mense wat vet salarisse kry vir werk wat hulle nie doen nie. En dan is ons ontstoke as ons sportpersone nié presteer nie.

Gert ·

Eben…los SA en soek jou heil elders. Hierdié land bied jou niks meer nie. SA Rugby is ‘n verleentheid en so ook die MRK en almal wat uit hul pad gaan om witmense uit te werk.

Gert ·

Daar was natuurlik meer as een party betrokke, maar net die witman word beskuldig. Dit is soos dit gaan in SA.

Johan ·

Armand, jy is so reg, Andre is n wit gatswaaier hy het al die inligting weet alles en het reed besluit wie is skuldig. ons almal weet dat manne 2uur die more dalk so ietsie gevat het en as jy dan dalk met iemand wat minder as jy gevat het strort soek gaan jy dalk n pak kry. ek glo nie Eden het enige iets gedoen wat rasisties is nie.

Jaco ·

Hulle gaan hom terug stuur, hou die spasie dop. Jurie Roux het geen rug graat.

Sodra die gebeur sal ek die bokke nooit weer ondersteun en maar n ander span soek

Derick ·

@Jaco dis hoekom ek die AB ondersteun.
Gatvol vir SA Politieke rugby.
Springbokke se nuwe naam: ANC Bokke.

Boer. ·

Ek ondersteun die All Blacks al vandat hulle kwotas ingebring het. Die politieke bokke gaan nog verloor teen ander lande met SA spelers in.

marous ·

Nou bring hom terug . As hy onskuldig bevind word kan hy die laaste bottel uit hulle dagvaar .

A ·

Ek het Eben al ‘n paar keer ontmoet en het hom regtig warm en vriendelik ervaar.
Hom ook al in span verband saam met spelers van alle rasse gesien, hy was presies dieselfde met almal, vol lag en grappies reg deur die bank.
Kan nie dink hy sou voor een van die grootste toernooie (of enige ander tyd for that matter) van sy loopbaan so dom ding aanvang nie.
Hierdie saak kan regtig wag tot hy terug is in die land, wat het geword van onskuldig tot skuld bewys is?? Seker net vir sekere persone beskore …
Ek back hom 100% en hoop die Springbokke speel in die finaal van die World Cup.

JanP ·

Mense Kom ons wees nou eerlik met mekaar. Even en die hele span het al daardie Saterdag geweet hulle is gekies vir die wereldbeker span. Hulle het dan mos die Maanddag hulle baadtjies ontvang.

Sou mens dan nie verwag dat jy as lid van die wereldbeker span en die elite asook die verantwoordlikheid wat daarmee gepaardgaan dan liewer by jou huis Bly nie. Nooi jou familie en vriende om by jou aan huis te kom feesvier. So bly jy uit die kalklig en uit die openbare oog, juis agv van so-iets wat moontlik kan gebeur. Dit is hoe enige iemand met verantwoordlikheids sin sou optree. Iemand in sy posisie is veronderstel om beter oordeels vermoee te he. Die Springbok bestuur kan nie sy handtjies vashou 24 uur n dag nie. Ter wille van homself en sy loopbaan hoop ons die aantygings is vals. Hierdie kan verreikende gevolge he vir ons liefling spel en die Bokke.

A ·

Ek stem nie saam nie JanP.
Hy is net so geregtig soos enige iemand anders om dit te gaan vier, waar ook al – ek dink ‘n paar mense betrokke by dié insident is opportunisties … en iemand iets genoem van ‘n vorige afrigter, was ook verbaas hoe vinnig hy oordeel.

Behoudend ·

Malema vuur ‘n rewolusie aan en Coetzee stik is sy liberalisme! Dis tyd dat ons besef dat daar geen reënboog in die sg nasie is nie.

Rina ·

Jis om Eben so mondelings te beledig ….. om die bokke nie sukses toe te wens ni . Regtig swanna jy kyk seker balet.. dis net n heksejag… .. ek is wit en ek is keelvol vir beledigings en beskuldigings teen ons

Jonathan ·

Driesie is die een wat guts het om te sê soos wat hy voel, nou kry almal vir Eben jammer en sy spanmaats terwyl hulle daar ver is vir wat hy is n gewone mens al dink hy hy is beter as almal, as hy moet terug kom wel dan moet hy, Hekse jag of nie n wems moet wag om te hoor wat is die waarheid

Stuiwer ·

Ek wonder of Edzebeth nog deel van die springbokspan sou gewees het as die wêreldbeker rugby nie aan die gang was nie? Hoe lyk dit my hy kry voorkeurbehandeling?

Brakenjan ·

Sou Eben onskuldig wees na hofsaak moet MRK R20 milj opdok sou ek dink

sarel ·

rassie en sy anc springbok span is in elkgeval oppad terug alle witspelers moet hulle heil oorsee soek suid afrika het vyf jaar oor voor die wiele totaal afval

Gollie ·

Sarel skrik al is dit net wakker,sport is net vir sekere rasse nie,dink reg Sarie

ANC ·

My persoonlike gevoel is dat die reg sy gang gaan. Eben kry meer media dekking omdat hy n celeb is. Maar onthou, innocent until proven guilty. So vir nou is hy onskuldig en moet behandel word soos elke ander persoon. Ons as lesers is so gevul met haat. Asb mense, laat die gereg sy gang gaan…

EK ·

Gemaskerde sopbeen… ek wil ook weet wie is die ander klomp mense. niks word van hulle gepraat. Dis nou net weer agter geld aan.

Meraai ·

Om Donald Duck se woorde te gebruik: Fake news. Kyk Carte Blanche van Sondag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.