SA Rugby is teen rassisme gekant

rugby-bal

(Foto: Paolo92/Pixabay)

SA Rugby (Saru) het Saterdag gedurende die Superfan-wedstryde op Loftus Versfeld ’n duidelike standpunt teen rassisme ingeneem, maar geen speler is gedwing om die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te buig nie.

Vóór elke wedstryd is Saru se credo rakende diversiteit en gelyke behandeling voorgelees, terwyl die Sharks besluit het om in ‘We Say No To Racism’-hemde op die veld te draf.

“Suid-Afrikaanse rugby is verbind tot ‘n omgewing waar almal welkom is, ongeag van hul ras, kleur, geloof of geslag,” lui die credo.

Die nasionale rugbybeheerliggaam het homself weer tot sy Rugby Against Discrimination and Racism (Radar)-veldtog verbind. Saru het dié inisiatief verlede jaar tydens ’n toets teen Australië op Emirates Airline-park van stapel gestuur.

Volgens die credo erken Saru die ongelykhede van die land se verlede en dat hy homself daartoe beywer dat mense van verskillende agtergronde aanvaar en waardeer moet word.

“Ons erken dat geleentheid die enigste ding is wat een persoon van ’n ander skei. Rugby is ’n sport vir almal, waar ons diversiteit en inklusiwiteit vier en verbind is tot ’n beter toekoms vir almal.”

“Ons is Suid-Afrika met al sy uitdagings, maar as Suid-Afrikaners het ons al vantevore bewys dat ons sterker is as ons saamwerk. Ons sal nie verdeeld wees nie.”

Nathi Mthethwa, die minister van sport, het vroeër gesê dat hy nie teen die Suid-Afrikaanse spelers sal optree wat versuim het om die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te buig nie.

Dit het gevolg ná die Sale Sharks se agt Suid-Afrikaanse spelers, Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut) staande gebly het in hul Gallagher Premiership-wedstryde terwyl van hul spanmaats gekniel het.

“Ek kan nie namens Saru praat nie, maar ek het geen planne om teen die spelers op te tree wat nie die knie gebuig het nie,” het Mthethwa tydens ’n parlementêre sessie gesê. Hy was egter steeds teleurgesteld in hul optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Gekant teen wit op swart sowel as swart op wit rassisme? ANC pas rassisme toe onder swart bemagtiging dekmantel.

Renata

Mthethwa, gee net bietjie kans…jou gevoel van teleurstelling sal gou oorwaai…wanneer jy besef dat niemand eintlik omgee hoe jy daaroor voel nie. Ek het respek vir spelers wat standpunt inneem en hul nie laat boelie deur ministers nie. Dankie dat julle geloof swaarder weeg as as jul liefde vir sport.

Kobus

En die twak is nuuswaardig? Regtig? Die rasse ding raak nou te veel. Ons blankes vra nou al 26 jaar omverskoning oor apartheid. Die gewone burgers steur ons nie meer aan die nonsens nie,die politici en pers ry dit holrug.

Pieter

Teen Rassisme is julle, tree dadelik op teen die Black Business Forum, Black Lawyers Association, ens. Papbroeke, ek kyk nie meer na rugby nie.

Danie

Wanneer gaan die ANC na die toekoms kyk en ophou om agteruit te leef, want appardtyd is vervang met korrupsie 26 jaar lank. Niemand lag oor appardtyd , maar die wereld lag en spot SA oor wat in die korrupte land aan gaan. Ons kan net in skaamte ons koppe sak vir die ANC wat alles in sy vermoë doen om afrikaanse wit mense af te kraak terwyl hulle bankrot is maar geld het om straat name en dorpe se name na skandalige mense te vernoem. Nou is dit in ons sport ook waar kilosie verafgod word en eintlik is… Lees meer »