SA Rugby is teen rassisme gekant

rugby-bal

(Foto: Paolo92/Pixabay)

SA Rugby (Saru) het Saterdag gedurende die Superfan-wedstryde op Loftus Versfeld ’n duidelike standpunt teen rassisme ingeneem, maar geen speler is gedwing om die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te buig nie.

Vóór elke wedstryd is Saru se credo rakende diversiteit en gelyke behandeling voorgelees, terwyl die Sharks besluit het om in ‘We Say No To Racism’-hemde op die veld te draf.

“Suid-Afrikaanse rugby is verbind tot ‘n omgewing waar almal welkom is, ongeag van hul ras, kleur, geloof of geslag,” lui die credo.

Die nasionale rugbybeheerliggaam het homself weer tot sy Rugby Against Discrimination and Racism (Radar)-veldtog verbind. Saru het dié inisiatief verlede jaar tydens ’n toets teen Australië op Emirates Airline-park van stapel gestuur.

Volgens die credo erken Saru die ongelykhede van die land se verlede en dat hy homself daartoe beywer dat mense van verskillende agtergronde aanvaar en waardeer moet word.

“Ons erken dat geleentheid die enigste ding is wat een persoon van ’n ander skei. Rugby is ’n sport vir almal, waar ons diversiteit en inklusiwiteit vier en verbind is tot ’n beter toekoms vir almal.”

“Ons is Suid-Afrika met al sy uitdagings, maar as Suid-Afrikaners het ons al vantevore bewys dat ons sterker is as ons saamwerk. Ons sal nie verdeeld wees nie.”

Nathi Mthethwa, die minister van sport, het vroeër gesê dat hy nie teen die Suid-Afrikaanse spelers sal optree wat versuim het om die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te buig nie.

Dit het gevolg ná die Sale Sharks se agt Suid-Afrikaanse spelers, Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut) staande gebly het in hul Gallagher Premiership-wedstryde terwyl van hul spanmaats gekniel het.

“Ek kan nie namens Saru praat nie, maar ek het geen planne om teen die spelers op te tree wat nie die knie gebuig het nie,” het Mthethwa tydens ’n parlementêre sessie gesê. Hy was egter steeds teleurgesteld in hul optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Nie Verbaas ·

Gekant teen wit op swart sowel as swart op wit rassisme? ANC pas rassisme toe onder swart bemagtiging dekmantel.

Drico ·

Mthethwa, gee net bietjie kans…jou gevoel van teleurstelling sal gou oorwaai…wanneer jy besef dat niemand eintlik omgee hoe jy daaroor voel nie. Ek het respek vir spelers wat standpunt inneem en hul nie laat boelie deur ministers nie. Dankie dat julle geloof swaarder weeg as as jul liefde vir sport.

Michelle ·

SARU, bepaal jou by die spel en spelers se ontwikkeling. Goeie spelers kom van oral. Ons stel nie belang in politieke agendas nie.

Persheks Adri ·

Ek stem 100% saam met jou! Ons word elke dag deur die regering teleurgestel, maar ons moet ok wees met dit! Hy kan ‘n brug bou en daaroor kom…

Kobus ·

En die twak is nuuswaardig? Regtig? Die rasse ding raak nou te veel. Ons blankes vra nou al 26 jaar omverskoning oor apartheid. Die gewone burgers steur ons nie meer aan die nonsens nie,die politici en pers ry dit holrug.

Pieter ·

Teen Rassisme is julle, tree dadelik op teen die Black Business Forum, Black Lawyers Association, ens. Papbroeke, ek kyk nie meer na rugby nie.

My siening ·

Wanneer gaan die ANC na die toekoms kyk en ophou om agteruit te leef, want appardtyd is vervang met korrupsie 26 jaar lank.
Niemand lag oor appardtyd , maar die wereld lag en spot SA oor wat in die korrupte land aan gaan. Ons kan net in skaamte ons koppe sak vir die ANC wat alles in sy vermoë doen om afrikaanse wit mense af te kraak terwyl hulle bankrot is maar geld het om straat name en dorpe se name na skandalige mense te vernoem.
Nou is dit in ons sport ook waar kilosie verafgod word en eintlik is daar 23 spelers is.
Gister kon hy skaars 40 min hou en met wereld beker het hy ook net 45 min gehou en was vervang met Louw wat die beter speler was. So kom ons konsentreer om die land reg te ruk ANC en vernietig korrupsie en kry julle self in oranja oorpakke, want di land het ” bottom ” geslaan!!

david ·

So SARU beweer dat “geleentheid” die enigste ding is wat een persoon van die ander onderskei—
en die kwotas dan ? Geleenthede vir ALMAL ? En sekeres word van geleenthede ontneem net oor hulle velkleur ..?
Kom SARU, oortuig my en baie ander dat REGSTELLENDE AKSIE, BEE, KWOTAS nie rassisties is nie..!
Julle is baie duidelik geintimineer deur die BLM klomp….

Black lives will never matter until ALL LIVES matter…..

Johnny ·

Hy tree nie op nie want hy KAN nie omdat hy geen regsgronde het vir optrede nie. Dis nie ‘n goedgunstiglike, grootmoedige besluit nie.

Persheks Adri ·

Hierdie ministertjie is ‘n GROOT irritasie! Ek buig my knieë voor God ALLEEN vir niemand anders nie!

Dankie aan die manne wat by hul standpunt bly oor hulle geloof en dat julle nie toe laat dat ‘n kind julle sê wat om te doen nie!

Werner ·

En hulle is die grootste rassiste van almal .Stel spelers op grond van hul kleur aan en nie meriete nie.Jammer ek het n IK stel nie meer belang in hierdie sirkus nie.Solank ons hulle ondersteun sal hulle met ons maak wat hulle wil

Anoniem ·

Mooi so Saru, gaan julle nou vir ons wys dat julle werklik teen rasisme en diskriminasie is en die kwota sisteme en diskriminerende aanstellings gebasseer op velkleur laat vaar? Indien nie is julle klomp hipokriete en leuenaars wat net een naratief van rasisme nastreef en dit is die van BLM en kan en sal ek julle ongelukig nie ernstig opvat nie.

Andre ·

Nee wat.Ons is klaar met sport in die land.Stel nie meer belang nie.Maak en breek soos julle wil.

Hoekom ·

Geld dit net vir wit teenoor swart rassisme of swart teenoor wit rassisme ook? Hoe kan hulle gekant wees teen rassisme in die geheel as hulle nogsteeds die rassistiese kwota sisteem toepas?

Nee wat rugby stap dieselfse pad as krieket, maar net met ‘n burqa aan om dit te versteek…

JBN ·

Die mense wat gister die twee wedstryde tussen die vier kwotaspanne gekyk het, het indirek die Anc se rassistiese kwotabeleid ondersteun. Wanneer die Bontebokke n toets teen n ander land speel sal ek wel kyk en die ander land se span ondersteun. Dit gaan my verstand te bowe dat die blankes wat so kerm en kla oor rassisme nog steeds hierdie kwotaspanne ondersteun.

Mauritz ·

As SARU so ernstig gekant is teen rassisme, moet hulle begin om onmiddellik alle raskwotas op alle vlakke af te skaf.

Casper ·

Die credo is nie eers die papier werd waarop dit gekry is nie.

Jacobus ·

Shall we do this one so that even tbe ANC can understand.
We are naturally born victims in luxury cars. Onnerabel Mthetha please find something worthwhile to do – not wasting money. Onnerabel President, Mr Mthetha is bored give him work.

Charles ·

Ek is ook klaar met rugby en krieket, daar is beter dinge in die lewe as om elke naweek die klomp te bekyk en te ondersteun, die lewe is kort spandeer dit op goed wat saak maak…

Boerkind ·

Hoop Francois Pienaar en van sy maters het ook die berig gelees.

pieter ·

Hoekom is daar n kwota stelsels , bee ,ensovoorts , ek kyk glad nie meer rugby nie , volgende op my lys is DStv wat gaan waai . Rassisme floreer lekker vir wie dit pas .

Dirk Mostert ·

BLM is juis rassisme. Hoe skynheilig van die rugbyraad om te beweer gelyke geleenthede aan alle rasse, terwyl rassekwotas toegepas word. Rugbyspelers wat net skool begin het in 1994 tree nou af. Die huidige generasie swart spelers is dus nooit benadeel nie. Wit spelers moes egter gedurende die ANC -regering terugstaan weens regstellende aksie.

Jakes ·

Die rassestorie gee nou so suur smaak in die mond. Die eintlike rassiste is die huidige ANC regering. So eenvoudig soos dit.

Lian ·

En die lewens van boere ? Tel dit nie . As die RADAR beginsel gevolg word beteken : die beste man vir die posisie . Dus GEEN kwotas

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.