SA Rugby reageer op uitslag van Wêreldbekerbod

Mark Alexander – wanneer kom die aankondiging(s)? Foto: Facebook/Saru

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Woensdag gesê hy is “bitter teleurgesteld” dat die Wêreldrugbyraad besluit het om nié Suid-Afrika as gasheerland te kies vir die Rugbywêreldbekertoernooi in 2023 nie.

Frankryk is Woensdagmiddag in Dublin ietwat onverwags, maar met ʼn oortuigende stemming, aangewys as die gasheerland in die Rugbywêreldbekerbod.

Mark Alexander, president van Saru, sê dié liggaam vra om verskoning “aan alle Suid-Afrikaners en die regering” wat hoopvol was dat die Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika sou plaasvind.

“Ons het alles in ons vermoë gedoen om die toernooi in Suid-Afrika te hou en ons verwag om vandag te hoor dat dit wel gaan gebeur. Ons het ʼn goeie bod gemaak waarvolgens Suid-Afrika die eenparige aanbeveling van die Rugbywêreldbekerdireksie verdien het. Dié aanbeveling is verlede week deur mededingers bevraagteken, maar ook verlede week vir ʼn tweede keer deur Wêreldrugby onderskryf.”

Alexander sê dié aanbeveling van “kenners” en “Wêreldrugbyleiers” is omgekeer deur lede van die Wêreldrugbykomitee.

“Ons kan nie die feit dat ons ontsteld is daaroor wegsteek nie, maar ons wens steeds die 2023-toernooi is ʼn groot sukses ter wille van rugby,” sê hy.

Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, sê dié liggaam gaan nie vra vir ʼn tweede stemproses in die Rugbywêreldbekerbod nie.

“Ons beoog om in die terugvoeringsessies aan te beveel dat die uitspraak van die evalueringskomitee bindend word. Wêreldrugby het 15 maande lank ʼn deeglike en deursigtige proses voltooi om die beste gasheerland te identifiseer, maar dié hele proses het ondeursigtig geraak deur die verloop van die laaste twee weke,” sê hy.

Volgens Alexander is dit onduidelik of Suid-Afrika weer in 2027 aan die Rugbywêreldbekerbod sal deelneem nadat hy vier agtereenvolgende kere teleurgestel is. Die toekoms van SA Rugby hang nou van die volgende generasie rugbyleiers af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Poplap ·

Moenie vir jille kom laf hou en nou so geskok wees nie! Watter mens sal na ‘n toernooi wil kom kyk waar hy beroof of vermoor word as hy by die hekke uitstap.

Kwaaitjie ·

Ek stem. Kan net sowel die toernooi in Zimbabwe gaan probeer hou. Geen verskil nie. (behalwe dat meer plaasmoorde hier plaasgevind)

Cor ·

Stem 100% saam jou hulle het gedink die buite wereld skuld helle en is blind weet nie wat hier aangaan nie. Wet en orde is buite beheer misdaad floreer. Ek is so bly dit is verby want korrupsie sou weer hoogty vier

latie ·

ja dis gaan oor moord en misdaad kan nie teleurgeselt nie dis beter dat by frankryk gaan dat almal kan veilig hou en self tuis voel om beitjie uit gaan in dorp

MANIE ·

DIE BESTE NUUS OOIT. Die wereld het verby gekyk na die korrupte ,rassistiese regering. Ek is verheug dat ons dit nie gekry het

N Lourens Reitz ·

SARU Verander jul houding en gesindheid teenoor die Springbok ondersteuners en dan het jul ook my empatie en simpatie.

Gerhard ·

Infrastruktuur, politieke- en ekonomiese stabiliteit en finansiële inspuiting is die hoof punte waarna gekyk is. Ons stadiums is goed met lughawens naby al die stadiums – infrastruktuur dus nie ‘n probleem. Finansiële inspuiting het die staat voorgeskiedenis en ondersteun – dus is hierdie punt aangespreek. Politieke en ekonomiese stabiliteit. Groot probleem – en wie het hier gefaal. Nie die Rugby raad nie. Mark Alexander: Gaan vra vir Zumta waar lê die fout.

SS ·

Dit is mos maar wat gebeur as n land so regeer word. Ons kan nie nou huil nie, weens die onsekerheid sou ek ook vir n land anders as Suid Afrika gestem het.

Willie ·

Stop die misdaad in ons mooi Land, en dan kan ons weer saamgesels oor die aanbied van toernooie.

pieter ·

Dankie aan almal wa die bod gemaak het.die misdaad in ons land en die afdwinbare transformasie het n groot rol gespeel.as n gekleurde speler goed is kies hom nie da si vir sy kleur nie GROOT ASB n nuwe afrigter ac weet niks

Sophia ·

Wat het julle verwag met n Regering en ń misdaad syfer soos Suid Afrika sin?

pieterdp ·

Wat vir wag SA. Daar is hoopeloos te veel wat vir keerd loop in ons land.
Musdaat is on om keur baar. Politieke on vir draag saam huid. Moord is soos n mode wat plaas vind. Roof soos inkopies. Politieke in mengery.
Is SA reg vir so n toernooi???????

Zach ·

Wonder hoeveel van die Gupta en Zuma dinge hierdie bod gekelder het.

Anet ·

Die beste nuus ooit!!!! Suid-Afrika is vir geen internasionale byeenkoms geskik nie. Dis net moord en doodslag, korrupsie en misdaad!

Joe ·

Great nuus. In n’ land waar daar omgekeerde diskriminasie is sonder dat die buite wereld n’ wenkbrou lig, is dit net regverdig.

Pieter ·

Om die wêreldbekertoernooi te kan aanbied moet ons ‘n span hê wat kan deelneem op meriete. Om my punt te bewys gaan die Hane die ngunis Saterdag met so 40-0 klop.

Derick ·

Ek wil ook darem nie in die 2023 WC moet hoor wie het gewen en dan hoeveel mense geroof is nie. Hierdie is ons eie skuld. Dis beter so

JC ·

‘n Repudiasie van die mislukking en piesang republiek wat SA is.
Die wereld se oe is oop, SA is ‘n mislukte staat.
Die wereld SE HIERMEE NEE!! en repudieer hiermee in geen onsekere terme die endemiese korrupsie, wanpraktyke en diskriminasie teen blankes in Suid-Afrika; ‘n voorheen pragtige sonskyn land(die land van 1995).
Ek voorspel oor ‘n jaar gaan daar geen meer professionele rugby in SA wees nie, wel op skool en in gemeenskapsverband, en ons kinders gaan opgeraap word deur oorsese klubs en provinsies en oorsese Afrikaner sterre word, soos eintlik reeds die geval is.
Dankie wereld, dankie, dankie, dankie dat julle, julle nie blind en hippokrities gehou het nie!!!

Adam ·

JC, aangesien jy onder die indruk is dat die buitewereld ons blankes ter wille is, kan jy miskien vir ons verduidelik hoe ons daarby gaan baat.

Leser ·

Slegte nuus vir SA. Ongelukkig weet die wereld SA is ‘n gewelddadige land.

G ·

Haha, Saru is die enigstes wat verbaas is oor die besluit lyk dit my.

Jerry ·

Dis geen skok nie. Beter idee stig n nuwe reeks, ons en lande van die Afrika kontinent. Ons is in elk geval nie mededingend nie.

Leahim ·

Ek stem kry eers julle huis in orde voor julle wêreldbeker wil aanbied

JC ·

Hierdie uitslag bevestig dat SA se hoofstroommedia in ‘n patetiese “bubble” – ook bekend as ‘n eggokamer- leef.
Privatiseer; en verafrikaans daarmee!
Hoera!

Chris Ws ·

Kry vir julle SARU!Ek en my gesin en vriende het GEEN simpatie vir julle nie.Nou hoort Wereld Rugby SA Rugby te boikot.Geluk Frankryk!Leer die bokke Saterdag ‘n rugby les !

Erick ·

Die land is aan skerwe, ‘n puinhoop en julle wou die wêreldbeker hier hou? Het julle geen siele nie? Baie dankbaar ons is oorgesien.

Danie Acker ·

Dis jammer, maar dit is ‘n duidelike boodskap aan die huidige useless en korrupte regime in SA.

SjN ·

Baie bly die rommelstatus land se bod is van die hand gewys, Mark Alexander is bitter teleurgesteld, wat het hy anders verwag, waar le die probleem, steek hand in eie boesem, die hele bodkomitee het verseker n deurdagte besluit geneem.

dewald ·

Die land wat die wereld beker aanbied moet ten minste kan rugby speel

Kat ·

Groot is my vreugde!! Uiteindelik het die siele wat moes stem gaan oplees oor die werklike SA en daarvolgens gestem!!! Dankie aan julle!!Viva la France!!!!

Leon ·

Julle kan maar huistoe kom want julle party is verby!Dankie tog ons is nie gekies nie!!

ChrisE ·

Ek weet nie wie dink SARU hulle om die bos wil lei nie. Ek sien die dag kom dat SARU die toeskouers sal moet betaal om die pawiljoene te kom volmaak. Ek sien ook dat rugby in die land vinniger gaan uitsterf as wat ons gedink het. Wie wil my ‘n weddenskap aangaan dat rugby nie in die verre toekoms meer amptelik op skoolvlak gespeel word nie. Dit gaan as ‘n “violent activity” klasifiseer word wat deur “the privilaged colonialists” gespeel is.

Johanna Botha ·

Misdaad is n GROOT probleem en hulle weet ook nou ons het 52 moorde n dag in sa. Dit is maar beter want ons wag nogsteeds vir die groot beleggings van die 2010 sokker …al wat ons gekry het was tolhekke !

Snelvuur ·

Hoewel ek bitter spyt is dat ons dit nie gekry het nie en ek glo dat (behalwe vir die misdaad) ons ‘n fantastiese toernooi sou kon aanbied, is ek verheug dat arrogante Suid-Afrikaners op hul neuse moet kyk.

Die arrogansie om byeenkomste te reël om na die bod te kyk en voor die tyd SO seker te wees dat ons dit gaan kry is verbysterend. Dalk leer hierdie fiasko mense om nederiger te wees en nie die kar voor die perde in te span nie.

skollie ·

Genade maar julle klomp verregses hier op Maroela is ‘n negatiewe spul. My wens vir julle is dat julle so spoedig doenlik ‘n geleentheid kry om te land-uit. SA is mos alles wat julle nie wil hê nie. Vat jou goed en trek Ferreira, gaan pak jou negatiwiteit uit op ‘n ander land ons sal julle nie mis nie.

Reti ·

Nie negatief. Die regering moet agterkom almal is nie so mal oir hulle soos hul dink nie. Dis mos hoe hulle druk op ou regering gesit het. Stem saam met almal maar nie negatief of ‘regs’.

Rupert Ashford ·

Soos die Engelsman sal se die “downside” hiervan kan wees dat Cyril se kans om ANC president (en van SA) te word hiermee skipbreuk kan lei. Nambawaan en sy trawante is nie dom nie – hulle sal hierdie mislukking om sy nek hang as ‘n teken van onbekwaamheid.

Fransie Rowles ·

Regtig!! Geskok se jul?
Wie sal veilig voel in die wettelose land?
Miskien geskok oor die lang vingers nou nie hul deel kan kry nie!!

dup ·

Die verskuilde boodskap ,wat niemand oor iets praat, is dat die res van die wereld dink ons gaan in 2023 nie INSTAAT wees om die toernooi aan te bied nie.

marous ·

Hulle het besluit daar is nie genoeg plek op die vliegtuig vir pale , tente , water , kos , gras en sekuriteit nie.

Neil ·

Kyk die is die beste ding ooit, nou kan ek die rugby hier in my agterplaas gaan kyk en nie SA toe vlieg nie. Wie wil tog SA toe gaan, ek mis my land en vriende maar hell ek lewe soveel beter hier in die buiteland.

Tienie ·

Hulle weet as hulle op OR Tambo land dan is hulle beroof nog voordat hulle by hulle hotelle inboek
Die regering het hulself te blameer en hulle moet hulle neuse uit die sport hou – maar transformasie word afgedwing en nes die sokker , netbal en ander sport is ons rugby net op een pad en dit is grond toe

adrian ·

Ek is baie bly dat ons dit nie gekry het nie……… geen korrupsie deur guptas zumas en skelms kan op die gebied plaasvind nie yippeeer ??

SE MAAR NET ·

Ons is nie teleur gesteld nie, maar verlig. Moennie worry nie… Dit spaar ons een groot verleentheid…

Sarie ·

Ek is een van die wat juig omdag ons dit nie gekry het nie want daai geld wat ons sou uitgee kan baie beter vir baie beter dinger in ons land aangewend word. Ek weet in elkgeval nie wie sal wil kom na ‘n land waar daar elke dag nie een nie, maar ‘n paar mense vermoor word om nie eers te praat van almal wat beroof word nie. Sterkte aan die Franse!!

Arie ·

Ek is bly ons verdien dit nie, politiek regeer ons rugby – kyk na sarfu! Niemand wat iets weet van rugby en ja, Zimbabwe is veiliger!!!!!

O aarde ·

Nee, dit kan nie waar wees nie? Al manier om in die toernooi te speel, is om dit aan te bied, want ons gaan miskien nie kwalifiseer nie.

Witwolf ·

Skollie, ek is so ver regs, dat ek my potjiekos in ‘n wit enamel pot maak.
Dis nie die probleem nie.
Die huidige Regering, die BEEE, die kwota stelsel, ons Onderwys, misdaad, korupsie, ens,ens,ens – DIS die Oorsaak
Ek wil en sal hier in SA bly. Bring weer orde terug met:
1. Doodstraf
2. Arbeid in die gevangenis. (Hulle kan paaie regmaak, ens
3. Ons Polisie weer kan skiet vir enige Bylae 1 misdryf, sonder die klomp sub-artikels wat die misdadiger beskerm.

Slotsom: Dankie SA het nie die bot gekry nie. (ALS die ANC / SARU se optrede)

zack ·

Dis die beste brief
Skollie gaan nie hiervan hou nie want dan moet hy volgende keer paaie regmaak as ons rugby kyk.

Sjo! ·

Jip ek deel jou denkwyse..
Stem ou skollie is n regte skollie….loop speel ou skollie…

nieBAFUnie ·

…………..en kyk die trane in die oë van die Sport(s) Ministerie!!

Uvonka ·

En wie moet ons bedank, ons piesang republiek. Dit sou in elk geval ‘n hengse verleentheid gewees het!

Stephanus ·

Wat het julle verwag. SA is ‘n misdadige, korrupte land waar die ANC regering kwotas afdwing. Ek en al my vriende/familie is baie bly dat ons die bod verloor het. Maar ek weet dat SARU weereens die skuld op ander plekke sal gaan soek!!

Deon Falck ·

Ek is verheug oor die feit dat die Wêreldbeker van 2023 in Frankryk aangebied word. Dit sou net ons huidige korrupte regering die vermoë gegee het om hul wan-administrasie toe te verf en die aandag van hul gruwel dade af te lei.

Johanna Botha ·

MISDAAD HALLOO ! 52 moorde n dag ! ! …wie sal na so n land wil kom en dit terwyl alles uitmekaarval en daar nie geld is vir niks …en nog junk status ook …dink seker die wereld weet niks en is dom !

Connie ·

Ek is baie bly Frankryk het dit gekry. As SARU nie saam kan staan met mede burgers nie, staan medeburgers ook nie saam met hulle nie. So kry vir julle. Julle sal nooit weer ‘n WB aanbied nie. En die Springbokke moet nou kwalifiseer om in die WB te speel!!!!!!! En hulle gaan nie. Verander hulle na die Proteaspan toe. Die springbok is net beskore vir die wat dit regtig verdien het.

Ag regrig. ·

Ek kan nie help nie maar ek kry lekker dat RSA oorgesien is vir die wereldbeker aanbieding…lekker man lekker! Hoera vir frankryk!!! Al die politieke inmenging ,kwota spelers stelsel wat in die Suid Afrikaanse rugby publiek se keelgatte afgedwing word en die resultate wys daarvan…lekker man lekker! As ek Springbok rugby nie meer mag geniet oor al die bogenoemde hoekom sal ek hoop dat iets goeds moet gebeur soos die toekenning van die wereld rugby aanbieding aan RSA?? Nes die kapenaars vir die All blacks skreeu op nuweland teen die Springbokke…

Gatvol ·

SARU vra die rugby publiek moet groen aantrek vir die bekendmaking gister, slegs ‘n handjievol mense daag op by die geleentheid. Toe daar versoek is vir ‘n minuut se stilte oor al die geweld in ons land, is dit summier van die hand gewys. So SARU, hoe lui die spreekwoord, “what goes around, comes around”. Ek dink Jurie Roux en sy korrupte, arrogante trawante moet maar hulle eie minuut van stilte hou, lek daai wonde!!

Huis skoonmaak ·

Aitsa Wêreld rugby ek is bly jul was wys, SA Rugby moet maar eers huis skoonmaak. Daar is klomp wat rugby wil bevorder en daar is die wat net hulself en vriende en familie wat boggerol van rugby weet of kan speel bevorder. Kry dit eers reg en bid dan.

Piet Pille ·

Ek stem saam met al die bo-genoemde kommentare, slegs die ou Skollie sit die pot heeltemal mis. Dit is natuurlik ‘n teleurstelling vir “opkomende” enterpreneurs, handsak diefstal, kameras en roof van besoekers is nou daarmee heen.

Francois ·

Beste nuus wat ek nog hier op Maroela gelees het die jaar!

Nee wat! ·

Verdiende loon ou kwota Rsa…hahaha.. waars die kwotas in sokker dan huh????? Kry man kry!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.