SA Rugby se speler van die jaar aangewys

Suid-Afrika se Pieter-Steph du Toit (21 September 2019) (Foto: AP Photo/Shuji Kajiyama)

Die vertoonkas in Pieter-Steph du Toit se huis behoort al te kreun onder die gewig van al sy toekennings.

Pas nadat hy as Wêreldrugby se speler van die jaar aangewys is, het ook met die louere tydens SA Rugby se toekenningsaand weggestap.

In die proses het hy slegs die derde Suid-Afrikaanse speler – saam met Naas Botha en Bryan Habana – geword om die titel drie keer te wen. Die ander benoemdes in die kategorie was Damian de Allende, Cheslin Kolbe, Makazole Mapimpi en Duane Vermeulen.

Die Bokke is ook beloon vir ’n uitstekende jaar waar hulle die Rugbykampioenskap én Wêreldbeker gewen het. Rassie Erasmus se troepe is as die span van die jaar aangewys, terwyl Erasmus met die titel as SA Rugby se voorste afrigter weggestap het.

“Pieter-Steph is een van die Bokke se vuurvreters en hy verdien die toekenning. Die 2019-seisoen sal vir altyd in ons geheue bly; dankie Rassie, Siya en die Bokke,” het die president van SA Rugby, Mark Alexander, gesê.

Die buksie-skrumskakel, Herschel Jantjies, het vir Curwin Bosch, S’bu Nkosi en Damian Willemse uitgestof om as die beste jong speler aangewys te word.

  • Die wenners is:

SA Rugby se speler van die jaar: Pieter-Steph du Toit.

Ander benoemdes: Damian de Allende, Cheslin Kolbe, Makazole Mapimpi en Duane Vermeulen is benoem.

SA Rugby se jong speler van die jaar: Herschel Jantjies.

Ander benoemdes: Curwin Bosch, S’bu Nkosi, JJ van der Mescht en Damian Willemse is benoem.

Span van die jaar: Die Springbokke.

Die Cheetahs en Blitsbokke is benoem.

Afrigter van die jaar: Rassie Erasmus.

Neil Powell en Franco Smith is ook benoem.

Junior Springbok van die jaar: Jaden Hendrikse.

Blitsbok-speler van die jaar: Siviwe Soyizwapi.

Superrugby-speler van die jaar: Handré Pollard (Vodacom Bulls).

Curriebekerspeler van die jaar: Joseph Dweba (Toyota Vrystaatse Cheetahs).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Feite ·

Baie geluk aan die Springbokspan, bestuur en die benoemde spelers. Julle is almal wenners op wie ons trots is!

ChrisE ·

Verlede jaar het daar slim manne op die forum gal oor Handré Pollard gebraak. My kommentaar was dat hy ‘n baie goeie speler is en nog beter gaan speel. Ek het ook genoem voorspelers moenie kommentare lewer oor onderwerpe (agterspel) waarvan hulle nie veel weet nie. Ek glo skoenmaker hou jou by jou lees. En aan die bitterbek rugbykeurders/kenners/spelers alwetendes wat sê julle nou? “An unsasked opinion is a sign of stupidity”.

Lou ·

Geluk aan Pieter Steph en die ander wenners. Ek sou darem vir Duan Vermeulen ook ‘n prys laat wen het. Hy speel altyd kliphard en gee sy beste. Vyftig randjies vir jou Duane.

Judge Dredd ·

….ek wil eerder weet wat van Etsebeth saak geword het? Het die menseregte komissie se bewyse ook nou stilletjies verdwyn?

Swartwolf ·

Wie anders ? Fantastiese keuse, saam met wereld speler van die jaar. En dan Pollard, super rugby speler van 2019 seisoen en saam met Duane en Rassie die breins agter die wereldbeker wen. Regte spelers erken die keer.

bokka ·

Beslis, Kolbe en De Allende het jou naam heeltemal met ‘n plank geslaan. Kan ook nooit fout maak met WP-spelers nie, beslis die kern van die Bok-span. Dankie tog dat daar darem een provinsie is wat puik spelers oplewer.

Apools ·

As de allende en Kolbe dan so goed was hoekom het een van hulle nie wereld speler van die jaar gewen nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.