Rugbyspeler van SA deur Hawaii-polisie doodgeskiet

Lindani Myeni. (Foto: Facebook/ Jaguars RFC)

ʼn Voormalige Suid-Afrikaner van KwaZulu-Natal, wat aan die begin van die jaar saam met sy gesin na Hawaii verhuis het, is deur polisielede in Hawaii doodgeskiet.

Lindani Myeni, wat vantevore vir die Jaguars-rugbyklub in KwaZulu-Natal uitgedraf het, het Woensdag ná ʼn konfrontasie met die polisie in ʼn hospitaal in Hawaii aan sy wonde beswyk.

Verskeie plaaslike nuuskanale op die eiland berig dat die polisiedepartement van Honolulu, waar Myeni (29) gewoon het, Woensdagaand gereageer het op ʼn klag van huisbraak in Nuuanu.

“Met die polisie se aankoms op die toneel het die klaer die polisie gewys op ʼn nabygeleë motor waar die verdagte glo al geruime tyd gesit het,” het Susan Ballard, polisiehoof in Honolulu, Donderdag aan media gesê. Volgens Ballard het polisielede uit selfverdediging opgetree en het een van die beamptes verskeie breuke in sy gesig opgedoen waar die verdagte hom bygedam het. Hy het ook harsingskudding opgedoen en was ten tye van die mediakonferensie nog in die hospitaal.

In video’s van die voorval, wat later deur die polisie vrygestel is, is dit duidelik hoe ʼn groot swart man in die donker na die polisie aangestap kom. Die polisie skree op die man om op die grond te lê, maar die man ignoreer dié bevel. Hy stap dan tot by die polisie en begin die beampte bydam. Die polisie wend eers ʼn skokapparaat aan, maar die oortreder steur hom klaarblyklik nie hieraan nie. Dan kan gehoor word hoe verskeie skote klap.

Die man se identiteit is nie in die video bekend nie, maar Myeni se vrou het hom later as die man in die video geïdentifiseer.

In wat blyk ʼn bisarre reeks gebeure te wees, het Myeni volgens die polisie twee van hul beamptes met die vuis bygedam en een selfs platgetrek, met sy bene oor hom gaan sit en hom geslaan. Dit is toe dat die ander beampte drie skote na Myeni afgevuur het, wat daarna op die grond neergeval het.

“Dit het als binne ʼn minuut van die beamptes se aankoms op die toneel plaasgevind,” het Ballard gesê. Myeni is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, waar hy later aan sy wonde beswyk het.

Sy vrou, Lindsay Myeni, het aan die nuuskanaal KITV4 gesê Myeni was saggeaard en liefdevol en die beste pa en man denkbaar. “Daar is geen rede waarom dít moes gebeur nie. Ek is wit en ek kan waarborg dat dít nie sou gebeur het indien hy wit was nie,” het sy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Adri ·

Sjoe, was dit nou nodig om die rassekaart te speel, Lindsay? Regtig?

JM ·

Maak nou weer ‘n rasse-ding daarvan, maar Myeni se boewegedrag word ontken.

Hein ·

Lindani jy praat deur jou neus. Andre Stander was wit en hy was deur Vsa polisie gedood. Jou man het dit verdien deur die polisie aan teval

Helen ·

Sjoe verdien is biekie erg! Hulle kon hom dalk net in sy been skied of iets maar ek dink nie n ongewapende mens verdien om dood geskied te word nie.

Keelvol ·

Helen, so dit okei gewees het as hy die polisieman se wapen afgevat het en hom dan geskiet het? Onbewapende persoon bly n bedreiging.

Chris dupreez ·

Seker gedink hy is nog in suid afrika waar die polisie geintimideer word en aangerand word.

Cherokee ·

Hier is ‘n tip, Tipper…. Hawaii en Taiwan is duisende myle van mekaar.

Jean ·

Dit sou 100% ook gebeur het as hy wit was en dadelik die polisie in amerika begin slaan soos mens in die video kan sien.

jzjz05 ·

Julle verstaan nie, want dit is die maklikste ding op die aarde om as jy verkeert is dadelik die raskaart te gryp as verdediging, Seker gedink dit SA waar jy die Polisie kan aanrand en dan nog die skuld op die Polisie pak.

casper ·

The poor stupid idiot playing games with armed police !! What did he expect???

MakersMark ·

Baie seker hy was 100% onskuldig en die polisie het hom geteiken en agv sy ras doodgeskiet soos hulle doen met alle kriminele. So snaaks selfs sy vrou het nie geweet waar hy was of wat hy by daai adres of die kar wat hy besig was om in te breek gedoen het nie……..

Mariana ·

Snaaks dat die “slagoffer” altyd agterna beskryf word as liefdevol en saggeaard deur sy familie en vriende. Nou gaan polisie is Hawaii weer moet les opsê oor die manier waarop hulle hul werk gedoen het en die swartmam geskiet het. Mos nuwe tendens. Hoekom sou hy dan die polisie aangeval het. En hoekom was daar gesê dat hy inbreker, by sy eie huis was. Hoekom klink dit of daar dalk meer agter die storie is as wat vertel word.

Bernard ·

Ag siestog, hy was HEELTEMAL onskuldig en sy MOES die ras-kaart speel……

marius ·

Die berig moes gelees het “Swart suid afrikaanse man val polisie in Hawai aan en nou word hulle blameer vir die gevolge van sy sotlike optrede .”

Dries ·

Ja hulle weet mos BLM. Wys vir die EFF. Hulle het mos rede om daaroor te getuig

Casper ·

Selfs oorsee word die rassekaart deur patete op die tafel gegooi.Mevrou Myeni jou man het gekry wat hy gesoek het.Kla maar by die ANC dit gaan jou niks help nie.

MakersMark ·

Wat verstaan mense nie ? Deur eerstens in ‘n voertuig in te breek daarna die polisie te lyf te gaan ? Maak nie saak watse oulike Pa hy was of met hoeveel mense hy sy pakkie skyfies gedeel het nie. Wat verstaan sulke mense nie ?

Realis Thailand ·

Nou is die man seker die engel Gabriel vanself volgens die familie en vriende
Hy was n krimineel toe hy geskiet was anders sou hy nie geskiet gewees het nie
Ek het simpatie met sy familie maar hy het sy verdiende loon gekry

Casper ·

Hoekom het hulle SA verlaat vir ‘n nuwe tuiste,misdaad natuurlik.Was dit sy motor waar hy betrap is of het hy probeer in breek in die motor.As dit laasgenoemde was het hy mooi geleer in sy holistiese vaderland.Jou live by the sword mrs.Myeni and you die by the sword.Hoop die polisieman herstel vinnig.Hoekom was hy nie by sy huis nie.

Johan ·

…had enough of the USA,Lindani? Terrible people,killing your sweet innocent hubby.

Jaco ·

Hoe kry hy verblyfreg in Amerika? Is dit deel van Joe Biden se oop immigrasiebeleid? Kan ek ook gaan?

Anoniem ·

Nee Jaco. Jy bly net hier. Daar is min genoeg van ons hier oor. Lol !!

Theuns ·

Wel,dis dalk ‘n ander persoon op die video? ‘n Sagmoedige mens sal NOOIT mense sonder rede in die straat aanrand en hul sonder rede met die vuiste toedam nie. Wat moes die polisie doen? Interessant.

MakersMark ·

Sal my nie verbaas nie. Tweede les is “do not bring a fist to a gun fight”.

henndrik ·

Ek verstaan nie wat ras hiermee te doen het nie, as hy die bevele van die polisie gehoorsaam het, het hy nog gelewe

Keelvol ·

Sy vrou moet beter navorsing gaan doen voordat sy snert kwyt raak. Meer wittes word deur die polisie in Amerika dood geskiet as Swartes. Dis n feit.

Anon ·

Die video blyk oor een te stem met die polisie se weergawe van gebeure. Waar pas die rassekaart in die sameloop van omstandighede?

Sniperwolf ·

Ag asseblief – as hy wit was sou dit hom geen vrywaring verleen het om polisie aan te val en te slaan NADAT hy beveel was om te stop nie. Het die polisiemanne met die beserings hulself aangerand? Belaglike vroumens.

Lood ·

Ek sukkel om te verstaan. Bedoel sy dat dit nie sou gebeur het as haar man ‘n blanke was nie? Sou hy dit dan nie gedoen het nie?

pieter ·

Ag nee , nie alweer die ras issue nie ,
Kry jou prioriteite reg.

LANA is ELANè ·

Hoekom moet misdaad altyd volgens ras beoordeel word?

Die man was besig met iets waarmee hy nie moes nie, hy het hom teëgesit teen die polisie, maw hy reageer nes iemand wat skuldig is aan iets, en dit het niks met velkleur uit te waai nie, behalwe vlg sy eggenote, maar nou ja, nou sal dit as ‘n rasinsident hanteer word omdat BLM ongeag, en sy weet dit maar alte goed.

Cobus ·

“As hy wit was het dit nie gebeur nie.”
Dis waar, want dan sou hy binne die wet gebly en soos ‘n wetsgehoorsame opgetree het.

Madz ·

…. ja nee – onglukkig vir hom is hy nie meer in SA nie…. Kan ons nie Hawaii se Polisie hier in SA aanstel nie…?

MakersMark ·

Sien die Hawai polisie sê hulle is trots op die optrede van die offisiere. En “it was a felony case of housebreaking and theft”. Tweedens as na die bodycam footage gekyk word is dit duidelik hoe hy nie net die polisie offisiere aangeval het nie maar ook hoe hy hul bevele verontagsaam het. Geen salf aan die een te smeer nie. Ongelukkig werk dieselfde tricks nie elders in die wêreld waar streng polisiering is nie. BLM moet maar stilbly oor dit.

Pim die Skim ·

‘n Mens kan nie enigiets wat Lindsay kwytraak kop to neem nie. Die realteite is dat Myeni glad nie so onskuldig was as wat sy voorgee nie. ‘n Baie regverdige uitkoms vir hierdie boef wat duikelik boewegedrag openbaar het.

Jan ·

Hy het die 3@3 waarmee hy in S.A. sou wegkom daar probeer. Hy sal dit nie weer doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.