SA rugbyspeler oorsese kontrak kwyt oor voorval met 14-jarige

Peter Rossouw de Klerk. Foto: rugby-talk.com

Peter Rossouw de Klerk. Foto: rugby-talk.com

Peter Rossouw de Klerk, ʼn Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat die afgelope tyd as voorspeler vir die Glasgow Warriors in Skotland uitgedraf het, is sy kontrak kwyt nadat hy ʼn 14-jarige skoolmeisie ontstel het.

Die Herald Scotland berig De Klerk (25), ʼn voormalige Blou Bul en Cheetah, het op 14 April die meisie by die Scotstoun-stadion in Glasgow genader, nadat hy ʼn geringe uitval met sy swanger vrou gehad het.

Die hof het gehoor dat hy met die meisie, ʼn atleet wat gereeld by die stadion oefen, gepraat en vir haar geglimlag het voordat hy minute later sy telefoonnommer vir haar op ʼn papiertjie gegee het. Hy beweer egter dat hy gedink het sy is 17. Hy het gesê die meisie het na iemand gelyk met wie hy vriendelik kan wees en gesels, maar dat hy dadelik spyt gevoel het nadat hy sy telefoonnommer vir haar gegee het.

Die meisie was geskok aangesien sy al ʼn paar jaar lank by die stadion oefen en nooit vantevore deur ʼn rugbyspeler genader is nie. Die meisie was verder ontsteld omdat De Klerk ten minste 10 jaar ouer is as sy. Sy het haar ma van die voorval ingelig en die Skotse rugbyunie is by die saak betrek.

De Klerk is aanvanklik van teistering aangekla, maar het die aanklag teengestaan. Hy het egter skuld beken op ’n aanklag van versteuring van vrede en die regter het die aanklag versag.

Die regter het gesê De Klerk het die status van ʼn rolmodel en het homself en sy span in die steek gelaat. Volgens die regter het hy niemand buiten homself om te blameer vir dié “roekelose en onnosele” daad nie.

Hy is met £675 (nagenoeg R13 700) beboet en sy kontrak, en gepaardgaande verblyf, met die Warriors is beëindig.

Michael Gallen, sy regsverteenwoordiger, het gesê De Klerk het berou oor die voorval en is deeglik bewus dat hy die meisie ontstel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Landie ·

Kom ons sê maar eerder nie “Tipies Suid-Afrikaner” nie. Sportsterre dink mos alle meisies val oor hulle voete vir hulle. En dan het hy nogal ‘n swanger vrou. As ek sy is, skop ek hom dadelik onder sy bas!!!

Liewe land! ·

Nog self n onvolwassene, duidelik onbevoeg om n eggenoot en vader te wees. Sy kind is oppad maar hy het reeds skande oor sy huis gebring. Ja, Boet. Die seks is die maklike en lekker deel, maar daarna – Wat dan? Hoe kinderagtig om jou vrou na n argument te ‘straf’ deur duidelik n bietjie losseks-vertroosting buite jou huwelik te soek. Dit is laaities soos jy wat n bietjie ‘kortgeknip’ moet word.

candice ·

Sien… daai meisie wat in Witbank vermis was en toe gevind is by haar kêrel [24] se huis…. moet dit ‘n bietjie lees…. dis wat ‘n meisie doen aan ouens wat hulle orig hou… gaan sê jou ma en maak seker die man kom nie maklik weg met sulke twak nie…

Peet Schabort ·

Presies candice, jy slaan die spyker op die kop !
Hierdie meisiekind het ‘n trots en is opgevoed.

Winston ·

Hy’t gedink dit werk soos Afrika. Swak gedrag. Sies man!

Ek sal se ·

Ek sal se tipies SA. Wat ‘n teleurstelling sies hoe moet sy vrou voel???

Eliza-beth ·

SIES! Vieslike ding! Sy arme vrou – swanger boonop. Ek hoop nie hy speel OOIT in ‘n SA span nie. Gemors, ek skaam my morsdood vir mense wta so skandes maak en veral oorsee! Nou het hy kammig berou. Onopgevoede skroef.

nig ·

Nou het hy kammig gedink sy is 17! Al WAS sy ook 17 of twintig of wat ookal, skaam jou dat jy aanlê by iemand terwyl jy getroud is en jou vrou swanger! Sies vir jou!

EMK ·

YUK! Dis nou ook nie asof hy Adonis is nie ne? GA man, skaam jou. Jou arme kind gaan verseker eendag uitvind van sy pa se onnoselheid – glo my jou verlede agtervolg jou soos ‘n skaduwee. Mens moet dink, ou, DINK voor jy DOEN!

magriet ·

ag nee man, hoe moet jou ma wat jou opgevoed het nie nou voel nie?? om nie van jou swanger vrou te praat nie?

Eduard ·

Sjoe Pieter dis nie reg wat jy gedoen het nie leer net hier uit tel jou kop op en vind vrede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.