SA Rugbyunie-president bedank

Oregan Hoskins. Foto: Saru/Facebook

Oregan Hoskins. Foto: Saru/Facebook

Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het bedank.

Saru het in ʼn verklaring bevestig dat Hoskins Woensdag aangekondig het dat hy uit sy amp as president van SA Rugby sal tree ná net meer as tien jaar in die pos. Hoskins het die aankondiging tydens ʼn algemene raadsvergadering in Johannesburg gemaak.

“Ek het ʼn merkwaardige tien en ʼn half jaar in een van die mees hoë-profiel posisies in Suid-Afrikaanse sport gehad en ek het ʼn hele paar hoogtepunte beleef,” het Hoskins gesê. “Daar was ook baie uitdagings om te oorkom, maar ek sou dit op geen ander manier wou gehad het nie. Dit is ʼn aanduiding van hoe baie sport in hierdie land saak maak.”

Hoskins het gesê uitdagings en “moeilike gesprekke” wat hy oor die afgelope paar maande moes voer het hom oor sy posisie en sy toekoms laat nadink en tot sy besluit gelei. Hy het egter nie spesifieke redes vir sy bedanking gegee nie.

“Om die president van SA Rugby te wees het ʼn voltydse werk geword en my termyn sou oor 18 maande tot ʼn einde kom. Ná ʼn dekade in die posisie het ek besluit dit is nou tyd om in die volgende fase van my loopbaan in te beweeg, hoewel ek nog geen vaste planne het nie, en iemand anders toe te laat om hierdie belangrike rol oor te neem,” het Hoskins gesê.

Hoskins het SA Rugby deur groot hoogtepunte gelei, onder meer die 2007 Wêreldbekeroorwinning, ʼn reeks oorwinnings oor die Britse en Ierse Leeus, die Drienasies-titel asook die Sewes-titel. Hy is in Februarie 2006 as Saru-president aangestel. Hy is in dieselfde jaar tot die Internasionale Rugbyraad (IRB) – nou Wêreld Rugby – verkies en is later as die adjunk-voorsitter van die organisasie aangestel.

Hoskins is drie keer ná sy eerste verkiesing weer in 2008, 2010 en 2014 herverkies as Saru-president.

“Al wat ʼn speler wil doen, is om ‘die trui’ in ʼn beter toestand te laat as wat hy dit gekry het en ek hoop dat my portuurgroep dit van my kan sê. Ek dink ons is meer gedissiplineerd, beter bestuur en meer gefokus as wat ons in 2006 was. Dankie vir die geleentheid om as die president van Suid-Afrikaanse rugby te kon dien en die goeie stryd te stry in wat in my opinie die wonderlikste sport in Suid-Afrika is,” het Hoskins gesê.

Mark Alexander, die adjunk-president van Saru, sal as president waarneem totdat ʼn verkiesing gereël kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

NEL ·

Nou dat die ANC besig is om te vou, gaan alhoemeer belanghebendes hulle agterstewe sien .Hou maar die pers dop, skote is besige om te klap…………………

Johann Marx ·

Jip. Was ook maar chief-in-charge tydens van die grootste loesings en vernederings wat SA gely het sedert ons “terugkeer tot Internasionale rugby”….en knik ook maar instemmend saam met ‘n “kwota-stelsel” wat maak dat SA vandag meer as 270 provinsiale spelers het wat in ander lande hulle talente uitleef en ‘n inkomste verdien….(‘n situasie wat met meer van SA se beste sportmanne en vroue gebeur as enige ander land in die wêreld).

Deloris ·

Dit raak taaier en dis agv politiek….. se dit maar reguit sodat ‘sogenoemde’ mense boodskappe kan kry dit loop als af na ‘n disaster…

Maria van Dieweeck ·

Maak jou mond bietjie oop met die waarheid en nie met politiese korrekte feeverhale nie. Maar nee, goue handdruk roep $!

Bloues ·

Ek verstaan hy het nie n keuse gehad nie. Bedank of word gefire,
Wonder hoe EP Kings nou gaan oorleef??

Johan ·

Die groot vraag gaan nou wees is wie gaan in sy plek kom….

Suzie ·

Vat sommer vir Zuma, Cheeky Watson en Mbalula ook saam met jou!!!

Ken ·

So verkrummel rugby in SA, so beweeg die Afrikaner uiteindelik weg van afgod rugby, en uiteindelik kan ons weer begin om ons lewens, beroepe en skole te bou.

Gerhard ·

Ken, Wat het Hoskins se bedanking met die bou van ons lewens, beroepe en skole uit te waai ? Hy hoof nie te bedank vir ons om dit te doen nie.

Karma ·

Ag Jeez-like, Ken, as jy nie van rugby hou nie, moet dit nie kyk nie. Vat jou Bybel, gaan sit in die kerk en loof die Here vir die goeie Afrikaner mens wat nie-rugby-kyk jou gemaak het. Los my net uit sodat ek my rugby kan kyk op ‘n Saterdag.

Bloues ·

Ken, ek verstaan nie dat jy na rugby verwys as n afgod nie? Ek is baie lief om rugby te kyk maar ek het dit nog nooit aanbid nie. Ek weet ook nie van iemand wat dit aanbid nie. Of kyk ek mis?

KarooKlong ·

Hy het niks te doen gehad met die hoogtepunte nie, hy het op die kantlyn of in die kroegkamer gesit.

Lida ·

Hoekom lyk dit vir my asof die ANC se nederlaag nou sy kleure begin wys. Die groot koppe by al hierdie instansies was nog altyd deur Zuma beskerm. Die volgende is seker die SAUK baas. Ek wonder of Afriforum se besoek aan die EU nie ook dalk ‘n rol speel nie.

Tiger ·

Nou wonder ek of die “moeilike gesprekke” nie was met die IRR wat hom dalk vermaan het dat Suid Afrikaanse rugby die internationale sportbeleid oor rassisme oortree met die voorgestelde kwotas in die springbok span en dat boikotte teen Suid Afrika voor die deur le nie??

Herman Goosen ·

My maggies Oregon,

Die “hoogtepunte” wat jy aan dink was beslis laagtepunte vir die ondersteuners van Springbok rugby asook die organisasie in geheel. Ek is seker jou bank rekening en die regering mag dalk tevrede wees, maar Springbok rugby se prestasies het jammerlik agteruitgegaan onder jou polities korrekte “bestuur”

Kobus ·

Nou moet die minister van sport ook net waai. Dis hy wat die kwotas aanblaas en Hoskins is die een wat slae kry.

Grootste jammerte ·

Dit is een van die grootste jammertes, ek haat politiek, politiek seevier en sport gaan daaronder lei. Rugby is in die land se bloed en politiek en ‘n minister is besig om die siel van Suid-Afrika dood te maak, jy gaan maar sien hoe lekker armer almal nou gaan raak!!!!!! As jy dink jy is oud en oor die muur, jou kinders gaan die prys betaal, so minister bepaal jou by wat jy moet, positiewe bevordering van sport nie moord van sport nie en dit nog rugby waarvan elke jong persoon in die land droom.

GES ·

Dit is gewis te danke aan die besoek van Afriforum aan die VN. Die boodskap begin deursyfer en die leun kan nie staan teen die waarheid nie. Die winde van verandering gaan nog ‘n paar ‘groot’ bome ontwortel. Dit is waarskynlik een van die interessantste tydvakke in ons volkie se geskiedenis. Elke sent wat na Afriforum gaan was en is die moeite werd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.