SA sak verder terug op korrupsie-indeks

Transparrancy InternationalSuid-Afrika het tot die 72ste plek op Transparency International se  internasionale korrupsie-persepsie-indeks teruggesak. Verlede jaar het Suid-Afrika nog die 69ste plek beklee, in 2011 die 64ste plek, en in 2010 die 54ste plek.

Suid-Afrika se kreeftegang is algemeen verwag al kon die onlangse onthullings uit uitgelekte verslae van die Openbare Beskermer, waaronder die Nkandla-verslag, nog nie ‘n impak gemaak het nie. Suid-Afrika se onlangse skokkende vertoning op die omkoopindeks het verdere agteruitgang gewaarborg.

Denemarke is volgens die jongste indeks die mins korrupte land, gevolg deur Nieu-Seeland. Somalië is die mees korrupte land en stof Noord-Korea om die laaste plek uit.

Onder die Brics-lande deel Brasilië die 72ste posisie met Suid-Afrika, terwyl China die 80ste plek beklee, Indië die 94ste plek en Rusland die 127ste plek.

Botswana in die 30ste plek is die mins korrupte land in Afrika. Kaap Verde in die 41ste plek, die Seychelles in die 47ste plek, Rwanda (49), Mauritius (52), Lesotho (55), Namibië (57) en Ghana (63) is die Afrikalande wat heelwat beter as Suid-Afrika op die indeks vaar.  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lobola ·

….en die kaptein van die SA spannetjie word aangevoer deur no. 1!!!

Jasper ·

As dit gaan oor n 1ste plek is ons een van die dae daar as die korrupste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.