SA sakeman sterf in Mosambiek

André Hanekom word reeds sedert Oktober verlede jaar in Mosambiek aangehou. Foto: Facebook

Die vrou van ʼn Suid-Afrikaanse sakeman het maande lank gesoebat en gesmeek iemand moet haar man uit aanhouding in Mosambiek help bevry, maar net toe dit lyk of sy die stryd sou wen, is hy Woensdag in die vroeë oggendure dood.

André Hanekom (61) se dogter, Andrie, het aan Maroela Media gesê die owerhede in dié buurland het nie eens self haar ma, Francis, van haar pa se dood laat weet nie. Sy moes dit by vriende hoor. Vroeg Woensdagoggend het Francis sy liggaam in die polisieselle in Pemba gaan uitken.

Andrie, wat in Kameroen werk, is enkele ure later van haar pa se dood laat weet. Andrie was Woensdag so bewoë dat sy skaars kon vertel van die hel waardeur haar ma sedert 1 Augustus is toe Hanekom geskiet en na bewering deur die Mosambiekse weermag aangehou is.

My pa het bloed opgebring en stuipe gekry.

Francis, ʼn verpleegsuster, moes die naweek verbete baklei om haar man te sien nadat hy na bewering vergiftig is. “My pa het bloed opgebring en stuipe gekry,” het Andrie Woensdag vertel, “maar hulle het gesê hy het ʼn beroerte gehad. My ma kon sien iemand wou hom vergiftig.”

Dinsdag is Francis weer ná ʼn stryd toegelaat om haar man te sien. Andrie vertel hy het beter gelyk en hoewel hy verlam was, kon hy praat en regop sit. Die gesin het moed geskep dat hy sou oorleef en eindelik vrygelaat sou word nadat die owerheid beweer het hy is betrokke by terroristebedrywighede.

André en Francis Hanekom het langer as 25 jaar in Mosambiek gewoon en werk. Foto: Facebook

En toe kry Francis vroeg Woensdagoggend die doodstyding. “Hulle het my pa doodgemaak omdat hulle sy grond wil hê,” beweer Andrie. Haar ouers besit ʼn stuk grond aan die kus in die noorde van Mosambiek waarop ontwikkelaars glo vir miljoene rande wil bou.

Sy sê haar ouers is kort voordat haar pa in Augustus geskiet is, gewaarsku sy lewe is in gevaar, maar hulle het gemeen om die stryd om hul grond te behou in die hof te voer. Nadat hy op 1 Augustus geskiet is, het die nagmerrie begin om hom uit aanhouding te probeer kry.

“Hy het skaars in die hospitaal beland nadat hy geskiet is,” vertel Andrie, “toe neem iemand ʼn foto [van hom] en begin die gerug loop dat ʼn ‘terroris’ [haar pa] in die hospitaal is. Die polisie wou nie sê wie die foto geneem het nie, maar het net gesê hy is in hegtenis geneem.”

Nadat sy gesin by die hof aansoek gedoen het om die polisie te dwing om te sê op watter aanklagte Hanekom aangehou word, het die polisie op 23 Augustus by die hospitaal opgedaag, sy vingerafdrukke geneem en hom die week daarna op ʼn “absurde klag” in hegtenis geneem, vertel Andrie.

Hy was twee weke lank in die slegste tronk.

“Hy was twee weke lank in die slegste tronk,” sê Andrie, “maar die dag nadat die prokureur hom gaan spreek het, het hy uit die tronk verdwyn. Ná ʼn soektog is hy in die tronk in Mocimboa opgespoor, waar die saak teen hom voortgesit is.”

Haar ma het die verhoor in die hof gevolg. Al was die inhegtenisneming volgens Andrie vals en was daar glo geen bewyse teen hom nie, het die polisie gesê weens die erns van die aanklag sou hulle voortgaan met die saak teen hom.

My pa is uit die polisiestasie ontvoer.

Op 10 Oktober is Andrie se ma na die gevangenis in Mocimboa om haar pa te gaan haal nadat borgtog aan hom toegestaan is, maar die polisie het hom na bewering weggesteek. Toe sy by die bevelvoerder wou weet wat van haar man geword het, het hulle gedreig hulle sou haar toesluit as sy aanhou vrae vra, vertel Andrie. “My pa is uit die polisiestasie ontvoer. Niemand het geweet waar hy was nie.”

Sowat ʼn maand later, op 6 November, het die polisie na bewering fakkels kom steel van haar pa se boot, waarmee hy huurvaarte vir hengelaars onderneem het. “Daarmee wou hulle ʼn valse saak aanhangig maak om my pa nog langer aan te hou.”

Sy gesin het toe vasgestel Hanekom word op die militêre basis in Mueda aangehou. Eindelik is hy van daar na Pemba verskuif, waar hy Woensdagoggend dood is.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JohanL ·

Diepste medelye en simpatie aan die Hanekom familie. Om ‘n geliefde op so wyse te verloor – woorde ontbreek.

Maar laat dit ook aan Suid-Afrikaners ‘n waarskuwing wees in die algemeen – bly uit Mosambiek uit. Hulle wil mens net uitbuit – is in hul natuur.

Willehond ·

Maar hulle kom hiernatoe om te moor en roof! Dan kry hulle verniet mediese sorg en bly in n mooi tronk of word terug gestuur! Dit klink eerder vir my soos n tipiese terroris. Sterkte aan die familie.

Lollie ·

Sterkte! Ek glo julle is deur helping.
Hou SA dop want hier sal dit net so gaan. Wanneer die massas jou wil uithê sal hulle jou uit kry.
Harter dat sulke dinged gebeur.

Hannah ·

Onteiening sonder vergoeding in aksie.
DIRCO..sal nooit betrokke raak nie
Want Moz is Afrika

Louis ·

Sterkte aan die familie. Hoop ‘n behoorlike ondersoek word gedoen oor sy aanhouding en oorsake van sy dood. Betrokkenes hier en daar behoort vervolg te word indien ongeruimthede opduik.

dirk bosman ·

minister sisulu het hom nie gehelp nie nou is hy vergiftig

Felix ·

Maar toe die SA konselaat, in opdrag van Lindiwe Sisulu hom paar dae gelede besoek het was hy dan nog gesond.

Daan Erasmus ·

Dit is wat hulle GESÊ het. Dalk was hulle nie eers daar nie.

jannie ·

Hy Is vermoor..sterkte aan die familie…..afrika tronk…afrika reels…

Jerry ·

Hierdie tragiese voorval bevestig maar net weereens dat Afrika, sonder enige uitsondering, aan een of ander ongeneeslike aansteekbare siekte ly en dat ons met groter omsigtigheid die rooi ligte moet bejeen wanneer hulle begin flikker! My beskeie opinie en advies aan die Afrikaner, met die uitsondering van AfriForum/Solidariteit, is om julle grond, huise en besittings te verkoop en julle te versprei na die uithoeke van die wereld na lande waar julle welkom is!

Lizzy ·

Ons innige medelye…… . Maar d 4 wat verdrink het is met groot fanfare en begeleide, gesoek, gevind, en na S. A. teruggebring met groot onkoste, uit Mosambiek?!!? Ai tog, prioriteite!

Willehond ·

Lizzy ek stem saam! Hulle is seker besig met een of ander veesvieringe en te besig om te help waar hulle moet! Dalk is hulle op teetyd?

Thomas ·

Glo nie vir een oomblik wat ek lees nie. Ek hoop die familie veg tot die einde vir die waarheid.

Linda ·

Dit gaan nie hier oor rassisme nie, in 26 jaar wat Hanekom skatryk in Mosambiek geword het, het hy nooit n skenking in SA gedoen vir ons kinderhuise, ou mense ens nie !!! Toe daar probleme kom toe verwag sy familie hulp van ons Regering af. Ongelukkig werk dit nie so nie, jammer !!!

Anoniem ·

Linda,
Skaam jou! Jy is lelik verby. Dit klink of jy verbitterd en jaloers is.

Francis Hanekom ·

Leë vat hou toe jou kraan, dan sien hul jou as ‘n volle aan.

Michelle leR ·

Sjoe @Linda: ek neem aan jy het in sy besigheid gewerk dat jy weet hy was 1) skatryk en 2) het nooit skenkings gemaak of ooit iemand gehelp nie?
Ek hoop die familie kan antwoorde en berusting kry.

Jannie ·

My innige simpatie met die familie.
Linda ek gaan doen wat jy eerder moes doen en dis om stil te bly want wat ek van jou dink en vir jou sou wou sê sou in elk geval nie geplaas word nie.
Ek neem maroela media kwalik dat hulle mense se kommentaar plaas wat sulke twak kwyt raak.

ES ·

Sterkte aan sy familie deur hierdie tyd van beproewing. Mosambiekse kus is baie mooi maar ek sal nooit my voete daar sit nie. Ek het al te veel kere gehoor van mense wat geroof word as hul met vakansie gaan en as hul hul voete naby die binne-gedeeltes van Mosambiek ingaan.

Word vermoor vir grond… is dit waarna ons het om uit te sien met ons regering…?

Jerry ·

Jannie, as MM nie persone soos Linda se kommentaar moet plaas nie sal n mens nooit die hele prentjie sien nie. Hoe tragies ookal die geval, indien Linda se kommentaar gewig dra, verander dit die persepsie heelwat en kan ander welaf mense iets hieruit leer. Mense raak nie verbitterd net om die verkeerde redes nie. Waar daar n rokie is, is daar n rede, reg of verkeerd! Ons leer bymekaar en niemand gaan veel wyser word uit kommentaar wat net die heeltyd die lof besing en met alles en almal saamstem nie! Enige persoon wat bewus is van die teendeel van Linda se kommentaar sal hulle stemme dik maak daaroor, maar tot tyd en wyl dit nie gebeur nie kan Linda se kommentaar nie afgemaak word as wraaksugtige fopnuus nie!

Rooi Jan ·

Ons Europeërs moet begin verstaan hoe word besigheid gedoen in Afrika. Die sterkman lees “warlord” het altyd die laaste sê. Moord is glad nie n erge oortreding as jy dit pleeg om jou besigheids belange te bevorder nie. En beste van als westerse wette, norme en waardes is vir westerlinge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.