SA sakeman vas ná Gupta-video

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Woensdag bevestig ʼn Suid-Afrikaanse sakeman wat verlede week ʼn video van die voortvlugtende Ajay Gupta in Dubai geneem en met Suid-Afrikaanse media gedeel het, is in hegtenis geneem.

Justin van Pletzen het Ajay Gupta verlede week by die Indiese konsulaat in Dubai raakgeloop en ʼn video van die ontmoeting gemaak. In die video kan gesien word hoe Van Pletzen met Gupta handskud terwyl hy vra: “Wanneer gaan jy terug Suid-Afrika toe? Die land soek na jou.”

Gupta lag gemoedelik en antwoord: “Hulle soek nie na my nie.” Hy sê daarna: “Hulle antwoord my nie. Die dag wat hulle antwoord, sal ek soontoe gaan.” Hy verwys vermoedelik hier na vervolgingsowerhede in Suid-Afrika.

Dirco het Woensdag bevestig daar word vermoed dat Van Pletzen se inhegtenisneming met dié video verband hou. “Die plaaslike owerhede moet egter nog bevestig [of die inhegtenisneming met die video verband hou],” lui die verklaring.

Die departement het gesê konsulaatpersoneel het Van Pletzen Woensdag besoek en sal konsulêre ondersteuning aan die sakeman bied.

“In hierdie stadium kan die departement nie enige verdere besonderhede verskaf oor die aard van die klagtes teen die Suid-Afrikaner in Dubai of die datum van sy hofverskyning nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

jaco ·

leer party mense dan NIKS nie? as jy ‘n ‘n arabiese land woon, HOU BY HULLE REELS en hou jouself uit nonsens uit.

Gert Strydom ·

Indiese ambasade. Seker oortreding op Indiese eiendom.

Jakkalas ·

Dit wil vir my voorkom asof Dubai of die UAE kriminele beskerm en wets gehoorsame mense arresteer en lastig val. Wys jou net hoe korrup hulle ook is . Die Guptas loop vrylik rond terwyl hy seker geld betaal het omdat hy verleë gevoel het dat hy so maklik opgespoor kan word. Soek die Valkies en wetstoepasser rerig na hulle? Wonder net…..

Blommie ·

Incorrect. What the guy did is illegal in Dubai. You cannot film individuals without their consent and post / share it on social media / media.

Tokkie ·

Stem saam die Guptas se geld praat hard en duidelik in Dubai ook

dup ·

Stig ‘n fonds vir sy regskoste en skink vir hom ‘n Bells.

marous ·

SA se nvg kan gaan leer in Dubai hoe om vinnig te arresteer , voor daar op ‘n vliegtuig geklim word , vir die kleinste oortreding.

e ·

Dit kom voor dit is juis hoekom Guptas Dubai toe Gevlug het – tot stof gaan le- Die reel dat “you cannot film Individuals without their consent and post it on social media..” kom Gupta goed te pas – Hulle geniet mos beskerming . daar Hulle het waarskynlik belange het ook daar,, en ondersteunings netwerk … Terwyl die sake man openlik gearresteer was soos n” krimineel ” behandel word Omdat dat hy ” oor tree het ” Terwyl die werklike korruptes nie hou nie van blootstelling van waarheid nie.. Mmm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.