SA sal ‘gesteelde geld’ terugkry

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Woensdag aan LP’s gesê die verandering in raadslede en bestuurspanne by staatsbeheerde ondernemings is nie net lippetaal nie, maar deel van ʼn proses om uiteindelik alle geld, wat uit die staatskas gesteel is, terug te kry.

Gordhan het aan die parlementêre komitee oor openbare ondernemings gesê sy departement wil weet hoeveel geld gesteel is, uit watter entiteit, op watter wyse, en waar dit aangewend is. Dit is deel van die departement se plan van aksie om staatsbeheerde ondernemings om te keer en korrupsie uit te roei wat talle van dié instansies lamgelê het.

“Ons moet daardie geld terugkry, so ons wil met ʼn proses van samewerking begin,” het hy verduidelik.

Hy het gesê raadslede sal versoek word om bonusbetalings aan bestuurslede te heroorweeg by entiteite wat gebuk gegaan het onder onreëlmatige gedrag. Hy het gesê sy departement sal nie toelaat dat senior bestuur klaarblyklik beloon word dat hulle wangedrag geduld het nie.

“Daar kan moontlik regsimplikasies wees, maar ek dink senior bestuurders in dié entiteite moet skuldig voel as hulle wil seker maak dat hulle hul posisies verantwoordelik gebruik om bedrog en korrupsie uit te roei.”

Gordhan het bygevoeg dat die regering stappe sal doen om seker te maak dat rekenkundige maatskappye, waar korrupte praktyke aan die lig gekom het, nie met dié organisasies sal saamwerk nie.

ʼn Leefstyloudit sal ook op alle senior werknemers gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Buitestander ·

Cordban is die eerste min om staat kaaping te probeer stop sit en nie sòos die vorige min oë toe teknyp nie.
Mooi so doen so voort.

Joshua ·

Lol, maar die Guptas het nou onlangs nog n hofsaak gewen om der miljoene te behou asook het SARS hulle nog meer der miljoend terug betaal- en julle gaan dit nie terug kry met Zuma se Shaun Abrahams nie..lol.

PLP ·

Give this man a Bells. Mnr Gordhan ek dink jy het die steun van die hele Suid Afrika. Bring asb n entiteit op die been wat net hierdie sake ondersoek sodat dit vining afgehandel kan word en van die ou misdadigers darm nog hulle laaste jare in die tronk kan deurbring – hier dink ek in besonders aan n man soos Zuma en kie

Alida ·

Mnr Gordhan sal dit terugkry. Miskien nie alles nie maar ‘n groot gedeelte daarvan. Die howe gaan lekker besig wees en ek hoop die Regters en Landdroste is objektief in hierdie geval en stuur die skelms tronk toe vir ‘n baie lang tyd ongeag wie hy/sy is of watter posisie hulle tans beklee.

Genieve ·

Gordhan weet wat hy doen gee hom net kans en ek stem met heroorweging van die bonnusse een maand se salaris is oorgenooeg vir hulle…vat hom fluffy.

GM ·

Hmm, begin die onuitputlike bron van belastinggeldjies nou op te droog?

Louise kruger ·

Ons bid vir jou mnr Gordan want hiedie diefstal gaan so diep dat dit net genade van bo is om n sukses te behaal . Sterkte jy kan dit doen,,

sê maar net ·

Sê maar net, ongemagtigde geldjies in besit kan groot gat in sak brand. Daar is bàíé diefstal en tyd loop MAAR so ook GEREGTIGHEID. Sterkte vir elkeen wat gewasde geld moet terugmyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.