Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, het gesê Suid-Afrika sal twee tot drie jaar neem om te herstel van die ergste droogte in ʼn eeu, maar die Wes-Kaap sal die nagevolge vir langer as dit voel.
Sy het dié uitlatings Vrydag in haar begrotingstoespraak gemaak en gesê al die groot damme in die land was teen die begin van vandeesweek gemiddeld ten minste driekwart vol hoewel die situasie in die Wes-Kaap steeds baie ernstig is.
Volgens haar is die vlakke van die 215 groot damme wat weekliks gemeet word 72,6 %.
“Ons het nog nie herstel nie en dit sal minstens twee tot drie jaar neem om van dié erge droogte te herstel,” het Makonyane gesê.
Xanthea Limberg, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir informele nedersettings en waterdienste, het gesê die damme se stoorvlakke is nou op 20,7%, wat 0,7% minder is as ʼn week gelede. “Die laaste 10% van ʼn dam se water is grotendeels nie bruikbaar nie en die vlakke is dus eintlik 10,7%,” het Limberg gesê. “Ons bedank alle inwoners en sakeondernemings, maar ons gaan eenvoudig meer moet doen om water te bespaar, die verbruik bly te hoog,” het sy gesê. Sy het alle verbruikers gemaan om waterverbruik tot 100 liter per persoon per dag te verminder.
Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het die provinsie ook vroeër vandeesweek tot ʼn rampgebied verklaar te midde van die ergste droogte die afgelope eeu.
Makonyane voer aan die spanning tussen Zille en Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het gelei tot die “ernstige vertraging” van die rampverklaring.
Daar word nie merkwaardige reën vir die volgende twee weke in die Wes-Kaap voorspel nie.
Ai dame wat weet jy tog ? Wat van die miljard wat alweer weg is ?
Droeland wingerdboere word swaar deur die droogte getref.Oeste wat halveer het die afgelope paar jaar asook treurige pryse vir druiwe.Minder as R3 van n bottel wyn gaan plaas toe.Hier gaan baie boere vou.Sterkte aan almal in die landbou en mag al die swak produsentpryse aan die verbruiker blootgestel word.
En dan kry jy mense soos vandag wat nog hul sypaadjie afspuit met n tuinslang…geen respek vir water!!!!!!
en ander wat honde… met n tuinslang en sterk waterstraai in die aarde inspuit.
Rekord mielie oes word verwag, wit mielie opbrengs kan alle vorige jare oortref. Dis darem goeie nuus :)
Basson, in die lig van jou skrywe, baie waar, maar in landbou noem ons dit” Groen Bankrotskap”, wat meen dat jy n rekordoes op die lande het maar geen prys vir die produk gekry word nie . Ons kry nou R1700/ ton. Dit maak ons moedeloos want alles werk net teen die landbou
Nomvula, jul redenasie is mos dat die mense die damme te groot gebou het, moes kleiner gewees het dan raak dit gouer vol, dit is ongelukkig nie in ons hande om die weer en toestande te bestel en voorspel nie. Glo en Hy sal voorsien.
BUT GOD….
Niks is onmoontlik by God nie. Mense moet net nie begin kla en mirmereer wanneer die hemel ooptrek en die reën neerval nie. Kry solank die mense voorberei om weg te kom van droë lope en laag liggende gebiede, sodat daar nie nog ‘n krisus ontstaan van wegspoellings nie….
Ek stem saam met jou. Vir God is alles moontlik – ons moet net aanhou vertrou!!
Miskien nie…on sit in die VSA met die tegnologie wat KAN help, kwessie is…gaan die SA regering on toelaat om tell help.
Haarp???
En hier in Pretoria loop die water in die strate af vir weke. Ek het vanoggend deur ‘n “dam” water gery (op pad werk toe) soos dit al uitloop uit die grond uit. Die bus depot by wie die probleem is doen net eenvoudig niks aan die saak nie anders sou dit nie al so erg gewees het nie.
Mev Limberg, aangesien u verantwoordelik is vir informele nedersettings kan u gerus gaan kyk hoe water daar gemors word. Dan word openbare tuine en skole se sportvelde steeds met munisipale water natgegooi. Derdens vat dit twee weke vir die munisipaliteit om vier mense uit te stuur om my te vertel dat ek self verantwoordelik is vir ‘n lek by my watermeter.
Mag dalk jare neem om van droogte te herstel ….maar dit sal eeue neem om van die gemors te herstel wat veroorsaak is deur ‘n hoop onbeholpene regeerders , wat geen insig het van langtermyn beplanning nie. Vergaderings , verduistering , verskonings , vergaderings , nog verduistering , verbystering , vergaderings , verskonings en so foeter dit aan.
My beskeie mening is dat veral die Wes Kaap moet beplan om seewater ontsoutingsaanleg op te rig.
Hier in Nam waar ons in Swakopmund woon is n ontsoutingsaanleg wat opgerig is om die myne van water te voorsien en nou selfs Swakopmund.
Ons dorp is in die woestyn waar dit gladnie reen nie en ons het oorvloed water sonder beperkinge. Almal het mooi tuine en ons huishoudelike waterrekening op 1000m2 erf met drie slaapkamer huis is slegs 300 NAD (SAR) per maand. Kan nie begryp waarom die owerhede dit nog nie oorweeg het nie.
Glen , ontsoutingsaanlegte is die enigste manier om watertekorte op die langtermyn die hoof te bied. Ongelukkig is daar geen intensie van Suid Afrika se regeringskant kant om dit aan te spreek nie. Indien die Wes Kaap dit uit hul eie sakke deurvoer sal die res dit sonder versuim vernietig. Julle is baie geseend om in so pragtige land te bly.