SA sal van internasionale strafhof onttrek, sê ANC

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC se hoofraad het Sondag besluit dat Suid-Afrika van die Internasionale Strafhof sal onttrek.

Obed Bapela, voorsitter van die ANC se internasionale verhoudingekommissie, het gesê SA sal van die hof onttrek, nadat die nodige prosesse gevolg is. Die proses sal met die res van die kontinent gedeel word, het hy by die party se hoofraadsvergadering in Midrand, Johannesburg gesê.

Bapela het gesê die internasionale strafhof (ICC) “het sy rigting verloor”.

“Die waardes wat ons oortuig het om lede te wees, soos die voorkoming van menseregte-oortredings en volksmoord, word nie meer deur die ICC nagekom nie. Magtige lande weier om lede van die ICC te wees. Die hof het ongelukkig sy rigting verloor,” het hy gesê.

Die ICC het verlede maand gesê die Suid-Afrikaanse regering moet verduidelik waarom die Soedannese president, Omar al-Basjir, nie in hegtenis geneem is toe hy die land in Junie besoek het nie. Die ICC het ʼn lasbrief vir Al-Basjir se inhegtenisname uitgereik en hy word sedert 2009 gesoek vir misdade teen die mensdom in Sudan.

Die regering het gesê Al-Basjir het diplomatieke immuniteit gehad. Die regering was van mening dat hy onder geen wetlike verpligting was om Al-Basjir volgens Suid-Afrikaanse wetgewing in hegtenis te neem nie.

In hierdie tyd het die ANC glo die departement van internasionale verhoudinge en samewerking opdrag gegee om SA se lidmaatskap aan die ICC te heroorweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kaspaas ·

Nou is die pad oop om te maak soos hulle wil geen nagevolge. Hulle moet sanksies teen die regering instel.

Bard Stoltz ·

Dit is beplan. Zuma en ANC het geweet die wereld bank gaan hul ondersoek vir bedrog rakende Eskom, ANC Chanchelour house ens…. Dit is nou hoe hy WEER gereg ontduik!

pop ·

Die “scary” ding is dit, Omar het sy eie mense uitgemoor en hierdie regering stem daarmee saam. Dit maak my baie bang. Ons is nie die ANC se mense nie

Dave ·

Jý Pop, stem buitendien DA en daar is hoegenaamd geen verskil tussen julle en die ANC nie.

Moruwe ·

Die ANC is soos n stout kind. As hy uitgevang word is dit nooit sy skuld nie.

GES ·

Ag hoe voorspelbaar!!! Die anc verstaan demokrasie net solank dit tot hulle eie voordeel kan wees. Die selfde lot het internasionale reg getref. Sanksies gaan die regte uitwerking hê maar dit gaan ook die onskuldige mense seermaak. Die eerste plek waar begin kan word is om die sportkrane toe te draai. Ag hoe lekker!!!

Winston ·

Hoe het ons dit geweet? Die regering van die RSA erken absoluut niks, het geen verantwoordelikheid teenoor niemand en maak soos hulle wil wanneer hulle wil. Die land is in chaos as gevolg hiervan en gaan al erger word. Patetiese spul.

Willie ·

Winston dit is 100% reg hulle volg hulle groot ikoon Mugabe se voorbeeld, hierdie regering sal ook nooit die mag afstaan nie al verloor hulle ook hoeveel verkiesings.

Gert ·

Dit is hartseer dat die regering Siud Afrika verander in n’parskruip wat die geregtige uitpers omrede net die komminustiese antigris gevioer word. Dit is wat die volk gaan begin skei tussen die geregtige and die varke se semels. Dit gaan ons meer en meer laat besef dat selfbeskikking die antwoord is en weer van voor af ons stede begin bou “Maar met slegs ons eie hande werk”

Johannes Meintjes ·

… terwyl die nasie en instansies ouder gewoonte net die gebeure apaties gade slaan, blind vir die verderf en verval wat almal raak tot op heel onderste gondvlak. Waar kom die sogenaamde besorgdheid oor volksmoord nou vandaan? Dit wil die ANC regering natuurlik ook ontduik? Gekkeparadys …

Nic ·

By monde van hulle sekretaris-generaal (mantashe), is gese die ANC is nie die regering nie, die regering neem hulle eie besluite. Maar telkens verskyn berigte soos hierdie waar die ANC besluit wat die land moet doen. Gevolgtrekking: Mantashe is, net soos sy president, ‘n leuenaar op wie niemand kan vertrou nie. Ons sal self moet hande uit die moue steek om hierdie euwels teen te werk en te keer dat ons land totaal ten gronde gaan!

neelsie ·

Die land word elkgeval deur Mantashe en sy trawante regeer, reg en geregtigheid was nog nooit vir die ANC n waardebeginsel nie.
Hulle waardestelsel bestaan uit ………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.