Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die aankondiging gemaak toe sy gevra is wat die volgende stap is nadat pres. Jacob Zuma die naweek aan afgevaardigdes by die Afrika-unie se beraad in Addis Abeba gesê het Suid-Afrika sal nie voortgaan met sy lidmaatskap van die strafhof nie en dat daar binnekort ʼn aankondiging hieroor gemaak sal word.
“Dit sal afhang van hoe ons as land en kontinent behandel word. Daar was geen stem van verdeeldheid onder die 54 lande van die Afrika-unie by die beraad dat Afrikane baie teleurgesteld is oor die manier waarop sake by die strafhof gedoen word nie,” het Nkoana-Mashabane gesê.
“Ons beraadslaag steeds met die strafhof. Die regerende ANC-party het dit duidelik gestel dat ons wel sal onttrek as dit nie vrugte afwerp nie. Maar ons sal op ʼn verantwoordelike wyse onttrek.”
Die Suid-Afrikaanse regering het erg deurgeloop nadat die Soedanese president Omar Al-Basjir in Junie verlede jaar Suid-Afrika besoek het om die Afrika-unie se beraad by te woon. Die Pretoriase hooggeregshof het toe gelas hy moet in hegtenis geneem word, net voordat hulle gehoor het hy het reeds die land verlaat.
Al-Basjir word beskuldig van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord in Soedan se westelike Darfoer-gebied. Twee lasbriewe vir sy inhegtenisneming is in 2009 en 2010 uitgereik. As lid van die internasionale strafhof is Suid-Afrika verplig om Al-Basjir aan die hof uit te lewer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Hul sal onttrek want anders word Zuma en kie ook aangekla weens plaasmoorde.
Geregtigheid is vir sekere mense ‘n relatiewe begrip. Dit kan duidelik gesien word in sy handel en wandel. Sy getalbegrip moet nog ontwikkel word.
Hoekom wil dit vir my voorkom dat as – die Afirka-unie se leierskap vrye teuls gegee word om voort te gaan om hulle oogklappe van geld en mag aan te hou – die gevolge, op veral die populasie getalle van Afrika – erger as malaria sal wees. Waarom word daar verskoning gesoek om massa moord en die wat dit pleeg te beskerm? – Zuma wat is jou plan met die minderheidsgroepe in Suid-Afrika?
Oorleg sal seker gepleeg word met Zuma en die ANC se kommunistiese bondgenote en Afrika lande. Bye bye Internasionale Strafhof. Afrikaners brei julle voor vir dit wat gaan volg.
Al ontrek SA van die Internasionale strafhof beteken dit nie dat SA burgers vrywaring kry volgens internasionale wette. Dit beteken slegs dat SA nie iemand hoef uit te lewer aan die Internasionale strafhof. Indien ‘n SA burger hom skuldig maak en skuldig bevind word aan ‘n oortreding van die Internasionale strafhof en hy sou ‘n land besoek wat aan die strafhof behoort, kan hy in hegtenis geneem word vir sy straf. Nie ‘n slim besluit want jy kan in jou afwesigheid skuldig bevind word en dan is jy eintlik onder huis arress.