SA sanger kanselleer optredes weens gesondheid

Randall Wicomb (Foto verskaf)

Randall Wicomb (Foto verskaf)

Die sanger en kankerlyer Randall Wicomb het al sy optredes vir die res van die jaar gekanselleer aangesien hy tans “baie swak” is.

Leoné Pitts, woordvoerder vir Wicomb, het aan Maroela Media gesê sy gesondheid het hom genoodsaak om sy optredes vir die res van die jaar te kanselleer. “Hy het prostaatkanker wat na sy skelet versprei het. Hy is baie swak en moet nou net rus. Die dokters het hom aangeraai om al sy optredes te kanselleer.”

“Dit is die eerste keer in 46 jaar van sy professionele loopbaan dat hy optredes moes kanselleer en dit is vir hom ontstellend,” het sy gesê. Intussen het Mathys Roets aangebied om in te staan vir Wicomb se vertoning Sondag by die Atterbury-teater in Pretoria. “Randall sal steeds sy fooi ontvang en hy is oorstelp deur hierdie ongelooflike gebaar van ’n mede-kunstenaar. Hy is so dankbaar teenoor Mathys.”

Prostaatkanker is in 2013 by die sanger gediagnoseer en hy ontvang sedertdien intense behandeling daarvoor. Volgens Pitts is Wicomb onlangs in die St. Stephen’s-onkologiekliniek in die Paarl behandel, maar rus tans by sy huis in Stellenbosch.

Op ʼn vraag oor Wicomb se gemoedstoestand, antwoord Pitts dat hy steeds net so positief soos altyd is. “Hy is gevra om betrokke te wees by die huldigingsblyk aan Adam Small op sy 80ste verjaardag by volgende jaar se Woordfees. Uit die aard van hul lang verhouding en ná die wonderlike toonsettings wat hy reeds van Small se gedigte gedoen het, is hy opgewonde om betrokke te wees by hierdie projek,” het sy gesê.

“Sy filosofie is dat musiek sy lewe is en was; ’n talent wat hy deur die genade van sy Skepper ontvang het. Hy sal graag tot aan die einde van sy lewenspad mense wil bedien deur sy stem, woorde en musiek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

GES ·

Randall, jy het jou kant gebring. Rus ‘n bietjie môre is nog ‘n dag. Ons hoop en vertrou dat dit weer sal beter gaan. Beste wense.

Leon ·

Sterkte ou vriend.
Jy is steeds een van die grotes.
Leon en Klits

Leon van Heerden ·

Sterkte Randall. Baie bid vir jou. Kyk na jou Messenger asseblief – daar is ‘n boodskap.

Hanna du Plessis ·

So jammer om te verneem van Randall. Ek soek die land plat na sy Cd’s! Het nie eers een nie!

Bessie de Kock ·

Ek het elke liewe CD v Randall gekoop. Ons bid dat jy weer jou krag sal opbou. Al slat die siekte jou plat
Die Jirri hy sal altyd jou se hand bly vashou Bid vir jou

CHRISTA ·

Randall, persoonlik kan ek ongelukkig niks vir jou doen nie. Ek kan jou net in my gebede aan ons Verlosser opdra. Hy sal jou te alle tye bystaan en dra. Hou jou oë op Hom en jy sal op stormwaters kan loop soos Petrus!!! Sterkte!!!

Peet Schabort ·

Sterkte en seën vir jou Randall.
Ek het die voorreg gehad om van jou optredes te kon bywoon.

Audrey Thom ·

Ek hoop van harte dat daar iemand is, wat sal omsien na hom.

ProstaatCA wat na die skelet versprei het, is een van die pynlikste kankers denkbaar.

Mag alle mans omsien na hulle persoonlike gesondheid, re prostaatkanker….

SNEL ·

Jammer om te hoor dat die so sleg op die oomblik gaan. Wat n wonderlike gebaar van Mathys Roets. Baie sterkte Randall, bid vir jou.

Sarie ·

Rus Randall, jy het ongelooflike musiek gemaak. Mathys Roets, ek haal my hoed vir jou af….ek sallueer jou, ñ mens wat self deur swaar waters die afgelope jare gegaan het. God seën jul albei

Rina Kotze ·

Spoedige Herstel word jou toegebid Randall.
Glo dat die Hemelse Geneesheer jou reeds aangeraakhet.
Geniet jou rustyd en dankie aan Matthys Roets vir sy wonderlike gesindheid.
Mag jul God se seën in oorvloed ervaar in die feestyd asook in 2016!

Jurie Kotze ·

Baie Sterkte Randall, ons bid jou alle sterkte en seen toe, ons waardeer jou bydrae vir Afrikaans ! Ek het nog my “Oranje Blanje Blou” kruisbande wat ek by jou gekry het in die 80’s by een van jou optredes omdat ek geweet het wat ‘n noem-noempie is !
Ons waardeer jou musiek en spoedige beterskap!

Denise Lourens ·

Randall … Wat jy deurgaan kan nie maklik wees nie, maar met God se Groot Genade en jou sterk wil en geloof, hou ons saam net jou, in gebed, styf vas aan Jesus se Hand … Hy sal die storms stil. Wees rustig en sterk aan … ons bid vir jou, sonder ophou.
*Helen Steiner Rice het gesè: Whenever we are troubled and when everything goed wrong it is just God working in us to make our spirits strong!* Alles wat mooi en rein is!

Cornelia Langevedt ·

Randall, vir my bly jy die beste sanger. Nou nog ‘n langspeelplaat waarop jy geteken het en ‘n koper dingetjie wat jy vir my gemaak het, jare terug op my verjaarsdag. Van my kosbaarste besittings! Ek is so bitter jammer dat jy nie so goed voel nie, maar rus is wat jy nodig het. Ons bid vir jou beterskap. Matthys Roets jy is ‘n ster…dankie vir jou bydrae om Randall by te staan.

Louwra M Marais ·

Die mooiste Afrikaanse stem is nou stil. Hy was my gunsteling Afrikaanse sanger. Hy kon die taal so pragtig en suiwer praat en het ‘n besonderse talent en stem gehad. Ons is nou armer sonder hom. Hy het sulke uitnemende smaak en sofistikasie gehad. Sy cds getuig daarvan – vanaf die produksie tot die ontwerp. Mag hy totale vrede en vreugde he.
Innige meegevoel met sy geliefdes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.