SA sanger nié vervolg vir beweerde ‘wrede aanranding’

Mthokozisi Ndaba (Foto: Facebook)

Die landdroshof in Hillbrow in Johannesburg het Maandag bevind dat daar nie in dié stadium genoeg bewyse is om die Idols-naaswenner Mthokozisi Ndaba op aanklag van aanranding te vervolg nie.

James Ndebele, die sanger se regsverteenwoordiger, het gesê ʼn senior staatsaanklaer het besluit om dié aanklagte voorlopig te laat vaar omdat die aanklaers “nie oor voldoende bewyse beskik om met die saak voort te gaan nie”.

Dít volg nadat ʼn storm einde verlede maand om Ndaba se kop losgebars het nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ʼn jong vrou “wreed aangerand” het. Foto’s van dié vrou, wat as Neo Tsele geïdentifiseer is, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Tsele het op sosiale media beweer Ndaba het haar teen ʼn muur gegooi en aangerand nadat sy ʼn woordewisseling met ʼn vriendin gehad het. Volgens haar inskrywing het sy Ndaba nie geken nie.

Ndaba moes op 29 November verpligtinge in Kaapstad kanselleer om na Johannesburg te reis om sy samewerking aan die polisie te gee.

Die hof het Maandag beveel dat Ndaba wel vervolg kan word indien genoegsame getuienis aan die hof voorgelê word.

Ndebele het gesê die staat sal nou die aanklagte teen Ndaba verder ondersoek voordat hulle ʼn besluit neem of hulle met die aanklagte teen hom sal voortgaan.

“Dit is hoogs onwaarskynlik dat die staat hom weer sal vervolg. As die staat beplan het om hom verder te vervolg, sou hulle dit tog vandag gedoen het,” het Ndebele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eps ·

Nee jong nou verstaan ek nie die SA regstelsel nie. Dit is duidelik dat selektiewe vervolging in die orde van die dag is. Dit plaas ‘n groot vraag teken oor korrupsie en die regslui se intregiteit.

Shame ·

ANOTHER UNTOUCHABLE .. dis die nuwe SA. Vrouens het geen regte meer in SA nie, hulle word verkrag, aangerand en rondgeklap selfs deur ministers en deur Presidentsvrouens met verlengkoorde aangerand .. gee enigiemand om? Ek hoor nie? NEE NIEMAND!

Mornay ·

Ek wonder waty het dit hom gekos of kan ek se hoeveel VODKA botels

Osie ·

Welkom tot die Piesang Replubliek.
Crime pays and if all fails, then bribe them

Gee maar tou ·

Gee maar tou soos die spreekwoord sê, tot die lyk van ‘n vrou daar lê, dan wil julle nou almal behalwe julle self blameer mnr die regter. Verder Ndaba wil ons niks van jou hoor – snert soos dat jy saamstaan teen vroue geweld.

snoefie ·

natuurlik sal hy nie vervolg word nie. die slagoffers het nie hulle moeders saamgebring om die regter se oordeel met hulle trane te was nie. was dit egter n blanke wat n tradionele woird gebruik het, sou diue regter van simpatie en medelye geswymel het.

Andre ·

Om iemand te vervolg moet daar n ordentlik voorbereide saak aan die aanklaer voorgele word met die nodige getuienis.
Is dit nie dalk die probleem dat die polisie nie hulle werk behoorlik gedoen het nie ?
Andre

Henk Botma ·

Hy is mos “agtergeblewe”…..hulle word mos nie vervolg nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.