SA sangeres het noue ontkoming: ‘My beskermengele werk oortyd’

Lynelle Kenned (Foto: Instagram)

Die Afrikaanse sangeres en televisieaanbieder Lynelle Kenned het Vrydagaand ʼn noue ontkoming gehad tydens repetisies vir die verhoogproduksie West Side Story.

Kenned skryf op sosiale media die verhoogspan en die akteurs was erg geskok toe van die beligting soos ʼn “dodelike sweep” losgeskeur en oor die verhoog beweeg het.

Volgens die sangeres se inskrywing het talle van die gloeilampe in dié slag – wat haar “met ʼn paar duim gemis het” – ontplof.

“Ek het eers die slag gehoor en toe opgekyk. Ek het onmiddellik bereken hoe ver ek sal moet skuif om nie getref te word nie en toe my kop soos ʼn skild saamgetrek om te verhoed dat die gebreekte stukke glas, wat soos reënsplinters uitgesak het, my tref. [Daar was] glas in my hare en in my kostuum,” skryf sy.

Volgens haar is niemand in die voorval beseer nie. Die repetisies is wel met ʼn uur vertraag.

“My beskermengele werk altyd oortyd. Ek onthou ʼn lewensgevaarlike voorval baie jare gelede. My ma het aangevoel dat ek in gevaar was. Toe sy my nie telefonies kon bereik nie, het sy dadelik begin bid vir my beskerming. Dit het toe my lewe gered. Nou neem my daaglikse oggenddrafsessie my elke dag na die plek waar sy gesit en net na die see gekyk het namate haar menslike lewe tot ʼn einde gekom het. En natuurlik is sy nou hier – haar grenslose liefde en gees is duidelik in my lewe. Dankie, mums. Ek het jou ewig lief.”

West Side Story is van 7 Maart in die Kunstekaapteater in Kaapstad te sien.

https://www.instagram.com/p/Bf3Abm4FM0L/?hl=en&taken-by=lynelle_kenned

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wim ·

Mag die beskermengele ook so in hierdie tye met Suid Afrika wees.

Veronica ·

Dis nie jou ma wat jou beskerm het nie . . . maar GOD ALLEEN

Gesiggie ·

Lynelle.. glo my I do believe in Angels… en ja die Engele van God beskerm jou.. so Veronica Lynelle se Mamma is n Engel van God, so sy kan haar ook beskerm .. die dag toe my sus oorlede is, was my afskeids woorde aan haar… want jy is nou die Engel by my, en ek Glo ook dat My Ma wat nie meer daar is en my Sus, my beskerm en hul vlerke om my hou,,, waar ek gaan..So ja.. ek Glo in Engele…baie mooi woorde van jou Lynelle… so bly jy is ok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.