SA se 10 beste sakemanne en -vroue

Sol Kerzner (Foto: whoswho.co.za)

Sol Kerzner (Foto: whoswho.co.za)

Die marknavorsingsmaatskappy New World Wealth het vandeesweek die tien invloedrykste sakemanne en -vroue bekendgemaak as deel van die maatskappy se 2017 welvaartverslag.

Kriteria vir die graderings sluit onder meer die persoon se impak op Suid-Afrika en die wêreld in, asook innovasie, werkskepping en die vermoë om struikelblokke te oorkom.

Die persone in dié lys is nie noodwendig die tien rykste besigheidsmanne en -vroue in Suid-Afrika nie.

Só lyk die lys:

1. Sol Kerzner
Sol Kerzner het talle van Suid-Afrika se luukse hotelle en oorde gebou wat onder meer Sun City, Sandton Sun en die Beverly Hills Hotel insluit. ʼn Interessante feit oor die hotelle is nie soseer die sukses daarvan nie, maar die feit dat dit ʼn enorme impak op die omgewing gehad en werksgeleenthede geskep het – veral in die geval van Umhlanga wat voor die Beverley Hills hotel in 1964 gebou is, ʼn plek is waarvan niemand geweet het nie.

2. Donald Gordon
Donald Gordon was die stigter van Liberty Life, die finansiëledienste-maatskappy,  en verantwoordelik vir die bou van The Monolith in Sandton City waar rondom die hele Sandton gebou is.

3. Richard Maponya
Richard Maponya het onlangs gehelp met die ontwikkeling van die Maponya-winkelsentrum in Soweto wat tans een van die grootste winkelsentrums in die land is. Hy het ook talle kleinhandelbesighede.

4. Harry Oppenheimer
Harry Oppenheimer het twee van Suid-Afrika se grootste maatskappye, De Beers en Anglo-American, deur van hul mees suksesvolle jare gelei, en het meer werksgeleenthede as enige ander Suid-Afrikaanse sakeman in die geskiedenis van die land geskep.

5. Pam Golding
Pam Golding het haar eiendomsagentskap, Pam Golding Eiendomme, in 1976 begin en dié besigheid in die grootste eiendomsagentskap in die land ontwikkel.

6. Adrian Gore
Adrian Gore het Discovery Health, die mediese maatskappy, in 1992 gestig. Sy maatskappy het die gesondheidversekeringsruimte in Suid-Afrika verander met innoverende produkte soos Vitality. Talle versekeringsmaatskappye oorsee het nou selfs begin om die Discovery-model te kopieer en Discovery se produkte word in die buiteland ook met goeie sukses ontvang.

7. Nthato Motlana
Nthato Motlana word beskou as die vader van ekonomiese bemagtiging in Suid-Afrika. Hy het ʼn suksesvolle loopbaan in politiek, medisyne en besigheid gehad.

8. Patrice Motsepe
Na ʼn suksesvolle loopbaan as prokureur by Bowman Gilfillan, het Motsepe ARM (African Rainbow Minerals) in 1997 gestig en dié maatskappy in een van die grootste mynbou en minerale groepe in die wêreld ontwikkel.

9. Anton Rupert
Dr. Rupert het die Rembrandt-groep in die 1940’s gestig. Nadat hy aanvanklik gefokus het op die tabakbedryf (Peter Stuyvesant), het hy gou oorgeskuif na die nywerheidsaandele en luukse goedere. Rembrandt is sedertdien verdeel in Remgro (’n beleggingsmaatskappy met finansiële, mynbou- en industriële belange) en Richemont (ʼn Switsers gebaseerde luuksegoedere-groep).

10. Douw Steyn

Douw Steyn het Auto General in 1985 gestig en dit vinnig omskep in een van die grootste versekeringsmaatskappye in Suid-Afrika. Hy het sedertdien soortgelyke suksesvolle ondernemings in die Verenigde Koninkryk gestig. Hy het onlangs ook gehelp om Steyn City, een van die mees indrukwekkende residensiële landgoedere in die land, in Johannesburg te ontwikkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

t ·

Gee vir ons meer inligting oor Nthato Motlana. Die artikel sê niks van hom nie.

Johann ·

Se vir hulle om hulle rykdom tussen die agtergeblewenes te verdeel, wet jou hulle kry Stype

Giel ·

Sal ook stuipe kry. Die agterbelewenis het heel moontlik iewers gesit en sokker kyk, geparty, en gejol toe hierdie mense gewerk het aan hulle sukses. ALMAL het dieselfde geleenthede. Hulle het dit gebruik!!!! Sol het ongelooflik arm groot geword. Meskien kan Maroela oor elkeen n artikel skryf oor hoe maklik dit vir hulle was.

Mr P ·

Die agtergeblewe miljoeners het hul rykdom almal na 1994 gekry. BBBee

maria ·

Dit is ‘n nuttelose lys. dit is politiek korrek en skynheilig.

Ancara ·

Die persone hierbo genoem het hard gewerk vir dit wat hulle vandag besit.

Scalla ·

hoekom verskyn my naam nie, kon miskien net net nie gemaak nie, is julle somme reg?

SARIE VAN HEERDEN ·

Stem saam met Christa wat wil weet waar Sol vandag is. Miskien kan Maroela ‘n kort inligtingsstukkie skryf van wat van almal geword het. Sekeres weet ons van. Asseblief Maroela., waar IS Sol? Lank laas van hom gehoor, so anders as toe hy met Anneline getroud was.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoeveel van hierdie suksesvolle sakemense en vandag miljoeners is het hul sukses behaal voordat velkleur in ag geneem moes word vir kontrakte, werkverskaffing en wat ookal aangaan met BBEE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.