SA se duur openbare diens – ʼn groot politieke en ekonomiese uitdaging

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die Nasionale Vergadering toe. Foto: GCIS

Die Suid-Afrikaanse regering en vakbonde is tans besig om ʼn nuwe loonooreenkoms vir staatsamptenare te onderhandel en die onderhandelinge sal ʼn lakmoestoets vir pres. Cyril Ramaphosa se administrasie wees.

Dit is die mening van Gareth van Onselen, hoof van politiek en regering by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV). Hy meen die uitkoms van die onderhandelinge sal ook onthul hoeveel invloed die president het en terselfdertyd lig werp op Suid-Afrika se langtermyn-ekonomiese vooruitsigte.

Van Onselen het ʼn verslag vir die SAIRV se sentrum vir risiko-analise saamgestel wat die gevolge van Suid-Afrika se al groter wordende staatsdiens ondersoek. Die verslag toon hoe die grootte van die staatsdiens op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak sedert 1994 toegeneem het en hoe die loonrekening gegroei het tot ʼn punt waar dit nie net inflasie oorskry nie, maar ook loonverhogings in die private sektor.

Volgens die verslag is die loonrekening toenemend besig om Suid-Afrika se BBP te oorheers. Dit wys ook hoe die loonrekening van die staatsdiens in byna elke salarisvlak beter betaal as die ekwivalent in die privaat sektor.

“Die probleem wat die regering tans in die gesig staar is dat die loonrekening van die openbare sektor buite beheer is. Die loonrekening is nou so groot dat dit dreig om die vergoedingsdrempel van baie departemente te oorskry en in die departemente se vermoë om dienste te lewer sal invreet.”

Hy het gesê die loonrekening moet eenvoudig onder beheer gebring word. “Die Suid-Afrikaanse ekonomie kan nie meer die buitensporige hoë loonrekening bekostig nie, aangesien die relatiewe klein ekonomiese groeivoorspellings vir die toekoms daarop dui dat die situasie ook nie sal verbeter nie.”

Van Onselen voeg nou sy stem by dié soos van Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, wat reeds lank maan die Suid-Afrikaanse staatsdiens is te groot. Roodt het al dikwels gesê staatsamptenare verdien te veel geld in ʼn groeiende openbare sektor, terwyl belastingbetalers al minder diens sien vir die geld wat hulle daarvoor betaal.

Boonop toon Van Onselen se verslag dat die probleem ʼn paradoks vir opposisiepartye is. “Die DA het byvoorbeeld baie klem daarop geplaas om die grootte van die wetsontwerp op die openbare sektor se loonrekening te verminder deur salarisse te vries en die grootte van die uitvoerende gesag te verminder. Terselfdertyd het die party egter verskeie beleidsvoorstelle voorgelê wat ʼn aansienlike toename in die aantal staatsamptenare gehad het en enige voordele wat besparing op die loonrekening sal bring tot ʼn nul beperk het.

“Dit blyk dat geen politieke party die regte antwoord vir hierdie raaisel het nie en tyd is besig om uit te hardloop.”

Van Onselen reken die prentjie wat die verslag skets wys op ʼn groot politieke en ekonomiese probleem wat tans nie die openbare aandag geniet wat dit verdien nie. Hy meen die regering se vermoë om die loonrekening van die staatsdiens in te perk, kan ʼn metafoor wees vir die toekomstige ekonomiese rigting wat dit wil inslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Charlie ·

Kyk wie in die staatdiens verdien die meeste. Die op grondvlak wat die werk doen kry baie swaar en kan nie eers huis koop nie maar hul toesighouers kry honderde duisende ‘n jaar of meer as ‘n miljoen of selfs miljoene. ‘n Verhoging van 6% op hul salarisse is astronomies! Hoe vergelyk mens bv. R175 per maand se verhoging met R2750 per maand s’n? Dis waar die probleem lê want die “managers” word oorbetaal en die werkers onderbetaal. Dalk moet dit eerder deur die uwes Van Onselen en Roodt uitgelig word. Ek op middelvlak in die staatsdiens kry net genoeg om te kan oorleef na 25 jaar se diens waarin ek hard gewerk het, ry ‘n skedonk en bly in ‘n 2 slaapkamer woonstel om my kinders se skoolgeld te kan betaal.

Who cares ·

CYRIL EN ZUMA EN MALEMA het ‘n antwoord op alles .VRA HULLE!! Onteien grond dan kry jy ook verniet dienste … o ja . en onthou om die wittes te straf vir apartheid, Trevor Noah se hulle is nog nie gestraf nie . sommer al die wittes .. van klein tot groot …

Eish ·

Trombose Noag is soos die seuntjie wat vir die boelie tong uitsteek vanuit n veilige hawe. Trombose Noag sal dit nie waag om die blanke Amerikaners op soortgelyke wyse aan te vat oor die bykanse uitwissing van die Indiane nie. Indien hy n sweempie integriteit gehad het, sou hy eerder die situasie ontlont het.

Gestremde ·

Kader ontplooiing – Onnodige poste geskep vir maatjies in hoë posisies wat geen doel dien nie en net daar is vir die salaris. Kan nou sommer vier sub-direkteure kry vir ‘n pos wat voorheen deur een direkteur behartig is. Almal van hulle weet darem hoe om Solitaire te speel. Doen ‘n audit op al die poste en skraap onnodige poste en spaar ook sommer die staat van miljarde rande. Moet egter wel noem dat daar op grondvlak skeleton personeel is. Op grondvlak is die salarisse ook minimaal en tot 10 x minder as op direkteur vlak. Wat sê die gesegte…to many chiefs and to little indians!

Donald ·

Ek wonder sal ek kan kwalifiseer as n wit stam leier soos n buntu een. Sal kan doen met n R12000 n maand ekstra vir. Wonder hoeveel daar in die land is. Dan is dit 12 maal n honder of n duisend of tien duisend met 3 nulle agteraan.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.