SA se eerste Mej. Wêreld mis amper kroning oor rugby

Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014 Foto: @haseebofficial, Twitter

Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014 Foto: @haseebofficial, Twitter

Penny Coelen-Rey, Suid-Afrika se eerste Mej. Wêreld, het amper Rolene Strauss se kroning misgeloop, aangesien die mans in haar huis sewesrugby gekyk het.

Coelen-Rey, wat 56 jaar gelede as Suid-Afrika se eerste Mej. Wêreld aangewys is, het aan Beeld gesê dat sy die grootste deel van Sondag se Mej. Wêreld-kompetisie misgeloop het. “Ek leef in ʼn huishouding vol mans en hulle wou die sewesrugby kyk. Skielik het ek my selfoon in die kamer hoor lui en dit is toe ʼn vriendin wat sê ek moet dadelik na die Mej. Wêreld-uitsending oorskakel,” het Coelen-Rey (74) aan Beeld gesê.

“Ek moes rondhardloop om ʼn TV te kry waar die rugby nie gewys het nie. Rolene is baie, baie pragtig! Ek is skoon vies vir die mans en hulle sewesrugby. Ek hoop die kompetisie word weer uitgesaai sodat ek dit van die begin af kan kyk.”

Strauss, van Volksrust in Mpumalanga, is Sondag in Londen as Mej. Wêreld 2014 aangewys terwyl die Blitsbokke hul titel as kampioene van die sewesrugbytoernooi behou het nadat hulle Nieu-Seeland met 26-17 geklop het.

Hier is die volledige uitsending indien jy die Mej. Wêreld-kompetisie misgeloop het:
http://youtu.be/FGCvpCuaWRA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish! ·

Sjoe! Pragtig. Kan net nie glo dat sy met dai lelike rok kon wen nie. (Mandela gesig lap) Dit was regtig baie lelik, en ek het gedink daar gaan haar kanse! Maar hier lyk sy so pragtig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.