SA se eerste slimfoonfotokompetisie: Hier is die wenners!

“Hande” deur die algehele wenner Chantelle Loots (Foto: The South African Mobile Photography Awards webwerf)

Met haar slimfoonfoto getiteld “Hande” is Chantelle Loots die fotograaf wat as algehele wenner van die South African Mobile Photography Awards aangewys is.

“Ek het sommer eendag my kinders se hande hier by die huis afgeneem,” vertel ʼn oorblufte Chantelle van Chantelle Loots Photography oor dié foto wat haar R35 000 in die sak gebring het. “Al die familielede het vir my gesê ek moet die mooi foto’s op my foon inskryf, en ek het op die laaste nipper hierdie foto ingestuur,” sê sy. “Ek het nog nooit vir ʼn kompetisie ingeskryf nie.”

As algehele wenner ontvang Chantelle R30 000, en ʼn verdere R5 000 as afdelingswenner in die kategorie Swart & Wit. Die algehele prysgeld vir dié kompetisie beloop R150 000 en is geborg deur King Price. Chantelle ontvang ook ʼn splinternuwe, robuuste slimfoon geborg deur Blackview South Africa. Maroela Media is die mediavennoot van dié fotokompetisie.

“Mense se reaksie op die aankondiging van Suid-Afrika se heel eerste Mobile Photography Awards was oorweldigend,” vertel Albert Bredenhann, eienaar van Pixel Pro Photography en organiseerder van dié fotografiekompetisie. Hy is ook ʼn professionele fotograaf. “Altesaam 2 004 mense het sowat 9 400 slimfoonfoto’s ingeskryf. Ek en die beoordelaarspaneel meen dat die inskrywings opwindend en kreatief was en boonop wys ʼn mens hoef nie noodwendig ʼn duur kamera in jou hand te hê om ʼn uitstekende foto te neem nie.”

Jakoebie van Dyk het met haar foto, “Orange drop”, die algehele tweede plek verower, terwyl Stefan Harmse se “Suspended” vir hom die algehele derde plek besorg het.

“Orange drop” deur Jakoebie van Dyk (Foto: The South African Mobile Photography Awards webwerf)

“Suspended” deur Stefan Harmse (Foto: The South African Mobile Photography Awards webwerf)

Die afdelingswenners in die onderskeie afdelings het elk R5 000 verower. In die afdeling Abstrak het Martie Swart met haar foto, “Into the glass”, die eerste plek verower. Matthew Jones se “Three in a row” het vir hom die wenplek in die afdeling Diereryk besorg, terwyl Hennie van Loggerenberg in die afdeling Kos met die eerste plek spog, met “Truffel and fudge”.

“Into the glass” deur Martie Swart (Foto: The South African Mobile Photography Awards webwerf)

“Three in a row” deur Matthew Jones (Foto: The South African Mobile Photography Awards webwerf)

“Truffel and fudge” deur Hennie van Loggerenberg (Foto: The South African Mobile Photography Awards webwerf)

Stefan Harmse het met sy selfoon in die hand met die louere weggestap in drie afdelings: die afdeling Argitektuur met “Perpetuity”, die afdeling Portrette met “Contemplating” én die afdeling Straat met “Suspended”.

“Perpetuity” deur Stefan Harmse (Foto: The South African Mobile Photography Awards webwerf)

In die afdeling Makro & Detail is Jakoebie van Dyk met “Orange drop” die wenner. Heidi Booysen se “Sunrise in the woods” het die eerste plek in die afdeling Natuur verower, met Belinda Burger se “My moeg is moeg” wat as wenner in die afdeling Mense gekies is.

“Sunrise in the woods” deur Heidi Booysen (Foto: The South African Mobile Photography Awards webwerf)

Die volledige lys wenners asook tweede en derde plekke is soos volg:

Algeheel:

  • 1ste plek: “Hande” deur Chantelle Loots
  • 2de plek: “Orange drop” deur Jakoebie van Dyk
  • 3de plek: “Suspended” deur Stefan Harmse

Abstrak:

  • 1ste plek: “Into the glass” deur Martie Swart
  • 2de plek: “Celery sensei” deur Danette Bezuidenhout
  • 3de plek: “Reën” deur Anneke Pretorius

Diereryk:

  • 1ste plek: “Three in a row” deur Matthew Jones
  • 2de plek: “Sunset seeker” deur Roxanne Locherenberg
  • 3de plek: “Skape in die droogte” deur Lizemari Jordaan

Argitektuur

  • 1ste plek: “Perpetuity” deur Stefan Harmse
  • 2de plek: “Curves on the beach” deur Nada Engelbrecht
  • 3de plek: “Staircase – Manila museum” deur Tjaart Herbst

Swart & Wit

  • 1ste plek: “Hande” deur Chantelle Loots
  • 2de plek: “Parsley and rain” deur Lionel Juby
  • 3de plek: “A different time” deur Tafadzwa Bero

Kos

  • 1ste plek: “Truffel and fudge” deur Hennie van Loggerenberg
  • 2de plek: “Seeded bread” deur Elize Heymans
  • 3de plek: “Tom yum soup” deur Retief

Makro & Detail

  • 1ste plek: “Orange drop” deur Jakoebie van Dyk
  • 2de plek: “Babasprinkaan op herfsblare” deur Aletta du Toit
  • 3de plek: “Snuffel” deur Zandeleen Thygesen

Natuur

  • 1ste plek: “Sunrise in the woods” deur Heidi Booysen
  • 2de plek: “Sunset delight 2” deur Yolandi du Toit
  • 3de plek: “The beyond” deur Thea Taylor

Mense

  • 1ste plek: “My moeg is moeg” deur Belinda Burger
  • 2de plek: “Colourblind love” deur Carin Combrinck
  • 3de plek: “Inkunzi isematholeni” deur Anele Myeza

Portrette

  • 1ste plek: “Contemplating” deur Stefan Harmse
  • 2de plek: “Looking ahead” deur Charel Bezuidenhout
  • 3de plek: “Winter” deur Tammy Marshall

Straat

  • 1ste plek: “Suspended” deur Stefan Harmse
  • 2de plek: “London cab” deur Leanne van den Berg
  • 3de plek: “Street football beams” deur Athenkosi Matebese

Al die wenfoto’s kan op die South African Mobile Photography Awards-webwerf gesien word.

*Die kortlys vir die Eg Afrikaans-afdeling sal binnekort op Maroela Media beskikbaar wees waarna die lesers vir hul gunstelingfoto kan stem. Die wenner van die Eg Afrikaans-afdeling ontvang R5 000 en die Maroela-lesersgunsteling ontvang ʼn allemintige geskenkpak ter waarde van R2 000 van Maroela Media.  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tania ·

Baie geluk Chantelle! Jy verdien dit, jy is ‘n puik fotograaf.

LeanetteS ·

Baie geluk aan al die wenners, het fotos gaan kyk op South African Mobile Photography Awards-webwerf…en glo my alles is puik fotografie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.