SA se F1-planne glo in die wiele gery

Die Kyalami-renbaan in Midrand. (Foto: Verskaf)

Dit blyk dat sosio-ekonomiese en politieke faktore sowel as burokratiese rompslomp by die land se doeanestelsel onder meer tot gevolg gaan hê dat Formule Een nie binnekort na Suid-Afrika sal terugkeer nie.

Daar was groot hoop dat Formule Een vir die eerste keer in meer as 30 jaar na Suid-Afrika sou terugkeer en dat Kyalami reeds op Formule Een se voorlopige kalender vir 2024 sou verskyn. Alles was glo in plek om die nodige kontrakte te onderteken, maar dit het alles skielik tot stilstand gekom.

Die regering se jongste diplomatieke misstappe, spesifiek sy vriendskap met Rusland en pres. Wladimir Poetin wat vir die Brics-beraad na die land genooi is terwyl daar ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname deur die Internasionale Strafhof uitgereik is, blyk egter die spyker in die doodskis te gewees het.

ʼn Woordvoerder van die Kyalami-renbaan wou nie kommentaar lewer nie. Maroela Media verneem van ʼn betroubare bron dat kommer oor die doeltreffendheid van Suid-Afrika se doeanestelsel en die gepaardgaande burokratiese rompslomp ook tot die besluit gelei het. Indien ʼn F1-resies hier moes plaasvind, sou dit beteken dat ʼn magdom toerusting en mense hierheen moes kom en daar heers kommer dat dié toerusting nie noodwendig veilig by hul eindbestemming sou uitkom nie.

Onderhandelinge om Formule Een na Suid-Afrika terug te laat keer is al byna ʼn jaar lank aan die gang en Stefano Domenicali, F1 se uitvoerende hoof, het verlede jaar na Suid-Afrika gevlieg om plaaslike verteenwoordigers te ontmoet.

Dié motorsport het laas in 1993 ’n draai in Suid-Afrika gemaak toe die Fransman Alain Prost op die Kyalami-renbaan koning gekraai het. Die legendariese Ayrton Senna het toe tweede klaargemaak, gevolg deur Mark Blundell.

Sedertdien het verskeie F1-sterre – onder wie Lewis Hamilton en Max Verstappen – aangedui dat hulle graag in Suid-Afrika sou wou jaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Andrew ·

As die klomp wereld bekers in SA ons iets geleer het is dat die internationale byeenkomste SA’ners net geld kos en n klomp bedrog tot gevolg het. In teen deel, met goed soos rasse kwotas in sport behoort geen internationale sport hier gehou word nie.

annie ·

Almal wat so pro-Zelensky is en papbroekig maar voor Biden kniel is die grootste ondergrawers van
onafhanklikheid vir ons land. Of die VSA die gruwelikste dinge toelaat maak nie saak nie, ons sal dit maar aanvaar. Die Rooi Gevaar wat ons nog nooit bedreig het nie sal ons maar vrees.

Richard ·

Pro Zelensky of Pro Poetin … ons ekonomie kan nie nog houe vat nie so regering moet maar lesser of the two evils kies wat ons gaan help in langtermyn.

Roek ·

Dit was die russe wat oner andere die landmyne en kleef bomme verskaf het vir die “struggle” honderde vroue en kinder van alle kleure was vermoor en vermink , lees bietjie geskiedenis dan kan jy meer ingeligte plasings dien Antjie!!

andre ·

Wapenverkope is n besigheid , Vra vir Dementia Joe. Honderde Russies sprekendes is sedert 2014 in Oekraine deur Westers gesteunde groepe vermoor

Marthinus W ·

n Paar jaar gelede moes n land wat die F1 wil aanbied n deposito van $100 miljoen betaal. Dis baie geld, wat ons eerder op dringender projekte kan gebruik.

Leon ·

Baie goeie nuus, julle is bloot nie veilig in die land nie al is julle karre hoe vinnig !!!!!!!!!

Nellene ·

“kommer dat die toerusting nie noodwendig veilig by hul eindbestemming sou uitkom nie” Sjoe! Ons stink behoorlik!

kragaap ·

Kry 25 taxi’s laat hul 55 rondtes om Kyalami jaag wenner is die SA F1 Kampioen.

Impact ·

Ek moet liewers nie kommentaar lewer nie………………….die wat so v.d voorheen benadeeldes baklei het, boikot nou die einste voorheen benadeeldes

Andries ·

Nee, die Grand Prix is al lankal van die baan. Alles was reg om geteken te word, maar iemand het, volgens berigte, geldgierig geword (niemand van regering maar ‘n aandeelhouer wou geld maak)

John ·

Dit so jammer want baie Suid Afrikaners sal graag so n wedren weer na jare wil sien maar ons land is so opgeneuk en die wat tel stel nie eens belang nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.