SA se grootste grondeis nog

Foto: baldrics.wordpress.com

Foto: baldrics.wordpress.com

Koning Goodwill Zwelithini en ander tradisionele leiers is glo besig om ‘n multimiljard rand se grondeis saam te stel wat Suid-Afrika se grootste grondeis ooit kan wees, het die City Press Sondag berig.

“Dit behels glo die gebied om die grense van KwaZulu-Natal na die Oos-Kaap, Vrystaat en ‘n deel van Mpumalanga,” het regter Jerome Ngwenya, voorsitter van die Ingonyama Trust, wat met die eis sal help, gesê. Hy het gesê navorsing word tans gedoen om die ware omvang van die eis te bepaal. Die eis sluit grond in wat na 1838 geneem is.

Kragtens grondeiswetgewing mag slegs grond wat van 1913 geneem is, geëis word. Dit sal glo in hierdie geval ook steeds ‘n omvattende eis wees.

Ngwenya het dit benadruk dat die grondeis nie mense wil ontwrig of tot onteiening gaan lei nie. “Waar restitusie nie meer haalbaar is nie, moet ‘n alternatief soos tantieme of finansiële vergoeding ondersoek word,” het hy gesê.

Zwelithini en ander tradisionele leiers woon werkswinkels by om die grondeis saam te stel. Die sperdatum vir indiening is Maart 2015. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ant ·

Dit klink soos ‘n geleentheid om ‘n Afrikaner grindgebied te eis……..

david ras ·

Ek wonder, wat nou van die stuk grond wat wettiglik deur Piet Retief namens die Voortrekkers gekoop is ? Kan ons dit nou weer eis ?
Vanaf 1652 tot en met die Britse anneksasie in 1806 , ‘n periode van 154 jaar, het ons voorouers migreer vanaf die huidige Kaapstad tot by die Visrivier wat toe die oosgrens van die Kaap de Goede Hoop was. Die grens was ook die lyn van konflik tussen wit en swart.
Daar was geen teken van enige bewonig deur swart volke–Die Khoi en San uitgesluit–in hierdie gebied nie.
Nou ontstaan die vraag: Waar was die voorpunt van die migrerende swartes in 1652 ? Die Visrivier sou hulle beslis nie gestuit het nie.
Pas mens dieselfde migrasie tempo toe as vir die witmense, en dieselfde afstand vanaf Kaapstad tot by die Visrivier, dan van die Visrivier noordwaarts, dan was die voorste swartes ongeveer by die Umgeni rivier, neffens Durban.
Wie se grond was dit dus tussen die Visrivier en die Umgeni ?
Logies gesproke–dit het behoort aan die Khoi. Hulle was ook uitgedwing en oorwin deur massa plakkery.
Wat van ‘n Khoi grondeis vir daardie gebied–dan is Xhosaland mos in die gedrang ! Kan interessant wees !

Jas van As ·

Klink of hierdie berig en die berig oor die varkplaas, op een bladsy moes wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.