SA se jongste bevolkingsyfer bekendgemaak

SAvlag

Suid-Afrikaanse vlag. Argieffoto.

Suid-Afrika se bevolking het toegeneem tot meer as 57 miljoen mense.

Só sê Statistiek SA wat Maandag sy midjaar-bevolkingsberaming bekendgemaak het.

“Ons praat van ʼn midjaar-bevolkingsberaming gegrond op fertiliteit-, mortaliteit- en migrasiedata om te bepaal wat die bevolking van Suid-Afrika is. Nou, in die middel van 2018, staan ons op 57,73 miljoen mense wat in Suid-Afrika woon,” het Risenga Maluleke, statistikus-generaal van Suid-Afrika, tydens die mediakonferensie in Pretoria gesê.

“In 2017 was dit 56,8 miljoen mense. Ons het sedertdien 1,2 miljoen geboortes gehad en ongeveer ʼn halfmiljoen sterftes.” Wat migrasiesyfers betref, het Gauteng en die Wes-Kaap vanaf 2016 die grootste toestroming van mense beleef met onderskeidelik 1 048 440 en 311 004.

Die grootste gedeelte van Suid-Afrika se bevolking woon in Gauteng met 14,7 miljoen inwoners (24,4%), gevolg deur KwaZulu-Natal met 11,4 miljoen inwoners (19,7%). Die provinsie met die minste inwoners is die Noord-Kaap met 1,23 miljoen mense (2,1%).

Ongeveer 51% [sowat 29,5 miljoen] mense in Suid-Afrika is vroue, 29,5% is jonger as 15 jaar en 8,5% van die bevolking [4,89 miljoen] is 60 jaar of ouer. Die lewensverwagting vir ʼn persoon wat in 2018 gebore word, is na raming 61,1 jaar vir mans en 67,3 jaar vir vroue. Volgens Stats SA neem die persentasie mense wat ouer as 60 is al meer toe.

Maluleke het gesê die bevolkingsberaming is van toepassing op alle inwoners in Suid-Afrika en gegrond op “die jongste beskikbare inligting”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Typical ·

Waarvan 5 miljoen onwettige immigrante is wat sit en wag vir ‘n WIT PLAAS en besigheid om na hulle kant toe te kom . die ander 40 miljoen betaal nie belasting nie en 17 miljoen van hulle kry grants vanaf die 4 miljoen belastingbetalers . ERENS gaan hierdie somme begin uitbom.

Maggie ·

Hier is huidiglik meer as 20 miljoen oorlopers (onwettige immigrante) in Suid Afrika.. en hulle kom teen ongeveer ‘n miljoen per jaar in… So, nee.. jou 5 miljoen is heeltemal onderskat…, en ja, ‘n groot homp van hulle kry wel die “grants”, maar almal kry gratis behuising, water, krag, mediese hulp, ens. ens… En dan brand hulle nog ons land af omdat hulle nie tevrede met “dienste” is wat hulle gratis kry nie. Dan gaan hulle dood, en vat nog meer van ons land, deur daarin begrawe te word, dan oor 10jaar wil hulle die grond hê, want Sipho se oupa (voorouer) lê daar… Dit gaan oor ANC stemme. Sodra hulle oor die grens stap, kom hulle in aanmerking vir ‘n ID boekie, en kry stemreg. Dit is waarom daar geen grensbeheer toegepas word nie. Kortsigtig.. tipies Afrika

honourable member ·

Met al die onwettiges trek die syfer seker al by 100 miljoen

Koos Roos II ·

En miljoene van die sg wettiges is in werklikheid onwettiges wat hul id’s by binnelandse sake vir R200 gekoop het. Iemand wat statistieke uit enige Afrikaland vertrou en glo leef in ‘n gekkeparadys

Tina ·

Hoeveel skole behoort gebou te word vir al hierdie kinders? Hoeveel Onderwysers behoort opgelei te word? Hoeveel Amptenare behoort slapelose nagte te hê oor hierdie tameletjie…

jakes ·

Die syfers aangemeld is nie naastenby naby die werlike syfers nie. Indien jy dit sou verdubbel sal jy min of meer by die waarheid uitkom. Ek sou eerder se dat die jaarlikse aanwas met meer as 2 miljoen toeneem omdat instromingsbeheer baie swak gereguleer word.

EP ·

Hopeloos te veel mense. Plaas geweldige druk op alreeds skaars hulpbronne. Kan ook onmoontlik werk verskaf vir almal.

White Rhino ·

Daar is te min water vir hierdie klomp mense. Stuur hulle terug na waar hulle vandaan kom.

jankoos ·

Die statistiek net soos die politieke partye kan en moet nie geglo word nie.

Rynhardt ·

Daai syfer van 57miljoen is verkeerd.Met oopgrense vir 24jaar stroom die onwettige immigrante na SA!Reefs in 2008 het die ekonoom,Mike Schussler die volgende gese:”Daar is ongeveer 80miljoen in SA!”Intussen is daardie rekord met mening verbeter,want dit is 10jaar later!!

Ongelooflik ·

Hoe op dees aarde dink die regering dis nie nodig om die mense wat Suid-Afrika binne-stroom te beperk nie? Dink hulle daar gaan net riviere uit die grond uit opkom vir al hierdie mense. Op ‘n goeie dag was on net duskant die 30 miljoen mense in hierdie landjie, g’n wonder die werkloosheid is waar dit is nie – die arme paar miljoen wat werk moet die hele top-heavy petalje aan die gang hou! Vir hoe lank?? G’n wonder daar is nie genoeg vir almal nie – en dan wil hulle die 2% wit mense van die bevolking uitdruk om plek te maak vir 60% wat hulle ingelaat het van ander lande. Ek weet Wiskunde is nie almal se sterk punt nie maar enige leek kan sien hierdie sommetjie gaan nie werk nie….

Hanna Hoekom ·

Ook net in Suid-Afrika: ons verskaf gratis voorbehoedmiddels, maar as jy “kies” om dit nie te gebruik nie, beloon ons jou met R360 elke maand. Go figure…

Wonder ·

Wow, wow, en nogmaals wow! Hier is darem maar ‘n paar kenners en sieners onder die kommentare. Dit help nie om te spekuleer nie, dit maak ‘n mens net negatief. Wat die regering wel kan begin doen, is om die aantal kinders wat mense mag hê, vas te stel (bv. 2/3 op die meeste). Dit sal definitief armoede verminder, want party mense het so baie kinders dat hulle nie vir almal kan sorg nie en dit verhoog ook misdaad.

bgj van der westhuizen ·

wel daar is een ding at ons by china kan gaan leer beperk hoeveel kinders mag kry wand die bevolking groei te maklik hier aan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.