SA se Lalela eindig 3de in Israel

Lalela Mswane is as tweede prinses in die Mej. Heelal-kompetisie in Eilat, Israel, aangewys. (Foto: Verskaf/Miss South Africa Organisation)

Suid-Afrika se Lalela Mswane, wat onlangs as die nuwe Mej. Suid-Afrika aangewys is, het Maandagoggend derde geëindig in die 70ste jaarlikse Mej. Heelal-kompetisie in Eilat, Israel.

Mej. Indië, Harnaaz Sandhu, het met die kroon weggestap, terwyl Mej. Paraguay, Nadia Ferreira, as eerste prinses gekroon is.

Mswane (24), wat oorspronklik van KwaSokhulu in Richardsbaai afkomstig is, het teen deelnemers van 80 ander lande meegeding. Sy was regdeur die kompetisie een van die voorlopers en het Vrydag die beoordelaars beïndruk met haar nasionale kostuum – ʼn wit uitrusting deur The Costume Department met wit vere wat ʼn duif van vrede simboliseer.

Sy het in haar finale toespraak net voordat die wenner aangekondig is, gesê sy moedig jong vroue aan om “waagmoed bo gemak” te kies.

“Ek wil hê jong vroue moet weet dat hulle uit die staanspoor oor alles binne-in hulle beskik om te bereik wat hulle wil, maar die wêreld oortuig ons dat ons dit nie het nie.”

Sy het ná afloop van die kompetisie gesê sy is oorweldig dat sy onder die topdrie is. “Die hele ervaring het my wildste verwagtinge oortref. Geluk aan Harnaaz en Nadia en al die ander deelnemers wat hierdie reis so spesiaal gemaak het. Ek is diep dankbaar vir die ongelooflike mense wat my ondersteun en bemagtig het.”

Mswane is ʼn model en danser van beroep en het ʼn regsgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Die Mej. Heelal-kompetisie is is aangebied deur die komediant Steve Harvey en regstreeks in Suid-Afrika op 1Magic, DStv-kanaal 103, uitgesaai.

Maroela Media het vroeër berig daar was teenkanting van verskeie drukgroepe, politieke partye en selfs die Suid-Afrikaanse regering oor Mswane se deelname aan die jaarlikse Mej. Heelal-kompetisie in Israel. Die groepe was uiters uitgesproke daaroor dat Mswane haar behoort te onttrek aan ʼn kompetisie wat in “apartheid-Israel” plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Pierre ·

en nou gaan al daai wat haar wou terug hou gryp om haar geluk te wens, politiek sal politiek bly die dientjie sal nou verander.

jzjz05 ·

Wonder wat voel die drukgroepe en die wat teen haar deelname was.haal my hoed vir haar af vir dat sy nie toegegee het aan hul politieke eise nie. Geluk met jou derde plek uit 80 deelnemers :_ wonderlik

Shakespeare ·

Baie geluk Lalela en ek eer jou vir jou waagmoed en beginselvastheid om die onbevoegde kader regering ‘n punt te druk. Mag jy van krag tot krag gaan.

marthie ·

Just want to say congratulations Lalela Mswane we are proud of you you keep our name high very proud of you

Jr ·

SA govt and Africa 4 Palestinia, take that and shove it up your jack. Your opinions don’t matter to the real people of SA anymore. You don’t represent the majority of us anymore. With her bravery she has achieved more tha the cANCer party has in 28 years

melaney ·

Agree!!!!!!!! Now the palestines and anc can put their tail between their legs.

Jannie van Niekerk ·

Ek haal my hoed af vir hierdie meisie. Ek hoop regtig die regering wens haar eerder geluk as om haar te kritiseer omdat sy in Israel deelgeneem het. Sy het haar nie deur die Palestynse terroriste laat intimideer nie.

melaney ·

STEM !!!! Sy was daar vir ‘n rede. Niks met anc of palestina te doen nie.

Winnie ·

Sjoe wat ‘n pragtige mens. Sy was mooi genoeg om te wen maar 3e uit 80 nie sleg nie. Ons is trots op haar. Ek hoop die regering klim nou terug onder die klip sy het hulle bloedbek geslaan deur vas te staan by haar beginsels. Mooi so. Proudly South Africa

Samuel ·

Lalela, welgedaan na al die teenkanting van politici en drukgroepe dat jy moes onttrek. Suid-Afrika is trots op jou.

Misky ·

Baie geluk Lalela, dis ‘n puik prestasie!!!! En nou gaan ons die klomp tweegatte en huigelaars sien en seker met plakkate al op die lughawe haar inwag en geluk wens.

Outspoken ·

Ek is baie bly sy het so goed gevaar ten spyte van die politieke inmenging

Althes ·

Baie trots op jou Mswane en die Mej SA span, julle het julle nie laat boelie deur ñ paar kleinlike politukiste nie. Jul verdien die respek wat na jul kom. Die vredesduif uitrusting is ñ baie treffende simbool.
Mag jou toekoms geseend wees Mej SA

isabelle ·

geluk! ek moet se ek wil sommer nou dieet en my ooghare laat doen kan sien sy kyk na haarself

Gerra ·

Baie geluk Lalela!!!
Die korrupte anc moet nou net nie terug kruip om fotos en publisiteit saam met haar te kry nie. Hulle het haar mos verwerp oor haar besluit.
Spul moet mos altyd hul politieke siening op almal en in almal se kele afdruk.

Di ·

Baie geluk! Het regtig baie mooi gelyk. Wys mens net wat jy kan bereik as jy jou nie steur aan ander met politieke sieninge nie. Moet ook by se dat Mej Indie wat gewen het ook pragtig is!

Adeline ·

Lalela Mswane, Baie Geluk en voorspoed vir jou in die stand wat jy teen die cANCer -die regerende party en al die ander wat teen jou gediskrimineer het en wou gehad het jy moes hulle oortuiging van politiek ondersteun deur jou soort van te dwing om nie deel te neem nie. Ek glo waarlik dat 90% van die algemene publiek en land’s burgers is BREË BORS trots op wat jy vermag het in die kompetisie om ons land se Naam HOOG te hou deur jou prestasie. Daar is soveel wat wegkom met korrupsie en geweld – maar jy hoef nie weg te kruip of skaam te wees waarvoor jy gestaan en waar jy geëindig het in die geval nie. JY is nie net ‘n voorstelling van ‘n wit duif van vrede nie – maar ook van krag, beginselvastheid en wysheid oor jou besluit en dit deur te voer. Voorspoed vir die toekoms – ek is trots op jou!!!

Vonny ·

Ons is trots op joi. Ongeag diie teeenkanting van bewys sy wat se great vrou sy is. Well done!!!

madels ·

Baie geluk Lalela, jy is n besonderse vrou en voorbeeld vir baie

Karina ·

Baie geluk Lalela – jy het die regering gewys jy is beter as hulle. Voorspoed vir ‘n mooi toekoms.

Hennie ·

Derde is eintlik maar dieselfde as laaste. Wie was nou weer derde verlede jaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.