‘SA se oliereserwes vir eers veilig’ sê Outa

(Argieffoto: Pixabay.com)

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het Vrydag die staking van hofverrigtinge oor die onwettige verkoop van Suid-Afrikaanse brandstofreserwes meer as drie jaar gelede, verwelkom.

Die saak sou vandag in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word. Outa sê in ʼn verklaring die Sentrale Energiefonds het egter vroeër die week ʼn beëdigde verklaring by die hof ingedien, wat die hofverrigtinge eers in sy spore gestuit het.

Dit kom nadat Glencore, die ander party en een van die maatskappye wat die oliereserwes gekoop het, ʼn aansoek vroeër vanjaar ingedien het om die Sentrale Energiefonds te verhoed om aanvullende beëdigde verklarings by die hof in te dien. Indien die inligting wat in dié verklarings vervat is uit die hofverrigtinge uitgesluit sou word, sou dit tot nadeel van die Sentrale Energiefonds se poging gewees het om te verhoed dat die verkoop van die reserwes deurgaan, het Outa gesê.

Die brandstofreserwes word tans in Saldanha gestoor en die Sentrale Energiefonds weier om dit beskikbaar te stel aan die kopers totdat die saak afgehandel is.

Outa sê hy het aan Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, geskryf en gevra om in te gryp. Hy het egter geen formele korrespondensie van die departement af ontvang nie. Outa glo egter die brief aan die minister het gehelp.

“Dikwels fokus ons op potensiële rampe, maar versuim om die klein oorwinnings te vier wat geregtigheid moontlik maak en verhoed dat katastrofiese dinge gebeur. Hierdie ooreenkoms tussen die partye is ʼn groot prestasie, wat die kollig laat val op die rol wat die burgerlike samelewing speel om die regering aanspreeklik te hou en die land se belange te beskerm teen individuele gulsigheid,” het adv. Stefanie Fick, Outa se hoofregsbeampte, gesê.

Tussen Desember 2015 en Januarie 2016 is Suid-Afrika se strategiese oliereserwes aan verskeie maatskappye verkoop glo sonder dat die nodige prosesse gevolg is. Geen goedkeuring is by die direksies van die Sentrale Energiefonds of die Strategiese Brandstoffonds (SFF) gekry soos deur die wet bepaal nie.

Die 10,3 miljoen vate olie is verkoop vir $28 per vat, hoewel dit destyds sowat $40 per vat werd was.

Die Valke ondersoek die transaksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jerry ·

Hoeveel jaar ondersoek die kader valke al die saak en steeds loop joemat patterson sonder boeie rond. Nee wat, daar is nie hoop vir SA om uit die greep van korrupsie te ontsnap nie! Dit is duidelik dat die valke en vervolgingsgesag steeds optree volgens politieke inmenging!

SjN ·

Wat het geword van die saak teen me Pietersen wat dit amper verniet weg gegee het seker n lekker bribe gekry

Gert van Wierdapark ·

Elke Tom, Dick en Harry onder die kaders dink mos hulle kan maak wat hul wil in die plundering proses. Joe-Mat moet dus van Sabotasie aangekla word, gouer as later! 10,3 miljoen vate is teen 12 Dollar per vat minder verkwansel = 120 Miljoen Dollar – ongeveer R1 800 000 000 pasella weggegee, teen ‘n PRYS wat in wie se SAKKE beland het??? Deel van die nasionale rampokkery,!

aj ·

Sluit haar toe!!!

Maar wie het die opdrag aan haar gegee?

Daar was baie MEDEPLIGTIGES betrokke … vervolg hulle!

Die hele ANC het GEWEET … en die misdaad NIE aangemeld soos die wet vereis nie.

Rampokker STAAT? … wat die land stroop en saboteer?

Jr ·

Ja daai een voorheen gehoor. AND I’M THE PRESIDENT OF THE UNITED STATES OF AMERICA

ne ·

Was dit nie ‘n opdrag van Mandela af nie? Het so iets gehoor.

Andre ·

Die valke se “ondersoek” o.a. teen Joemat-Pietersen, behoort seker teen 2050 voltooi te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.