SA se Olimpiese span aangekondig

Argieffoto (theweek.com)

Argieffoto (theweek.com)

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Donderdag die span van 137 deelnemers wat die land by die Olimpiese Spele gaan verteenwoordig, bekend gemaak.

Die Olimpiese Spele vind van 5 tot 21 Augustus in Rio de Janeiro, Brasilië, plaas. “Julle het almal die hoogste eer verdien om julle land te verteenwoordig. Ons het alle geloof in julle om uit te blink in julle onderskeie sportsoorte,” het Gideon Sam, president van Saskok, tydens die aankondiging gesê.

Daar wag ook groot aansporingsbonusse op diegene wat medaljes kan huis toe bring. Individuele medaljewenners sal soos volg beloon word:

Goud: Atleet kry R400 000 en afrigter R100 000

Silwer: Atleet kry R200 000 en afrigter R50 000

Brons: Atleet kry R80 000 en afrigter R20 000

Dieselfde bedrae geld vir sport- en aflosspanne. Die geld sal dan egter tussen die getal atlete in die span verdeel word sowel as tussen die getal afrigters.

Die span is:

Watersport

Julia Vincent, Michelle Weber, Chad Ho, Chad le Clos, Jarred Crous, Dylan Bosch, Calvyn Justus, Cameron van der Burgh, Sebastien Rousseau, Michael Meyer, Christopher Reid, Matthew Meyer, Myles Brown, Bradley Tandy, Douglas Erasmus

Atletiek

Irvette van Zyl, Christine Kalmer, Lebo Phalula, Lusapho April, Sibusiso Mzima, Lungile Gongqa, Carina Horn, Alyssa Conley, Tsholofelo Thipe, Justine Palframan, Caster Semenya, Wenda Nel, Dominique Scott, Lynique Prinsloo, Sunette Viljoen, Anel Oosthuizen

Akani Simbine, Henricho Bruintjies, Tlotliso Leotlela, Clarence Munyai, Anaso Jobodwana, Wayde van Niekerk, Jacob Rozani, Rynhardt van Rensburg, Elroy Gelant, Stephen Mokoka, Antonio Alkana, Lindsay Hanekom, Louis van Zyl, Le Roux Hamman, Ruswahl Samaai, Luvo Manyonga, Stefan Brits, Khotso Mokoena, Rocco van Rooyen, Willem Coertzen, Lebogang Shange, Wayne Snyman, Marc Mundell

Pluimbal

Jacob Maliekal

Kanovaart

Bridgitte Hartley

Fietsry

An-Li Kachelhoffer, Ashleigh Moolman-Pasio, Daryl Impey, Louis Meintjes, Kyle Dodd, Alan Hatherly, James Reid

Perdry

Tanya Seymour

Sokker

Roxanne Barker, Amanda Dlamini, Andile Dlamini, Refiloe Jane, Bambanani Mbane, Mamello Makhabane, Stephanie Malherbe, Noko Matlou, Sanah Mollo, Robyn Moodaly, Linda Motlhalo, Octavia Nogwanya, Nompumelelo Nyandeni, Lebohang Ramalepe, Jermaine Seoposenwe, Leandra Smeda, Janine van Wyk, Nothando Vilakazi

Jody February, Itumeleng Khune, Ishmael Mngonyama, Rivaldo Coetzee, Abbubaker Mobara, Mothobi Mvala, Erick Mathoho, Tebogo Moerane, Tercious Malepe, Gift Motupa, Maphosa Modiba, Deolin Mekoa, Phumlani Ntshangase, Keagan Dolly, Tyroane Sandows, Lebogang Mothiba, Menzi Masuka, Tashreeq Morris

Gholf

Paula Reto, Ashleigh Simon, Brandon Stone, Jaco van Zyl

Gimnastiek

Ryan Patterson

Judo

Zack Piontek

Roei

Kirsten McCann, Kate Christowitz, Ursula Grobler, Lee-Ann Persse, James Thompson, John Smith, Shaun Keeling, Lawrence Brittain, Jake Green, David Hunt, Vincent Breet, Jonathan Smith

Sewes-rugby

Dylan Sage, Philippus Snyman, Timothy Agaba, Albertus Smith, Werner Kok, Kyle Brown, Cheslin Kolbe, Rosko Specman, Justin Geduld, Cecil Afrika, Seabelo Senatla, Juan de Jongh

Seil

Stefano Marcia, Asenathi Jim, Roger Hudson

Driekamp

Gillian Sanders, Mari Rabie, Richard Murray, Henri Schoeman

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Basson ·

Geluk en voorspoed!

Maar soos alles is daar ‘n storie agter die storie – 180 amptenare (en LP’s) reis glo na Rio terwyl daar weinig geld is vir atlete en afrigters? Sommige spanne is blyplek gewys verdeel agv swak verblyf reelings, (Sien Banyana Banyana se situasie hier http://www.timeslive.co.za/sport/soccer/2016/07/05/Banyana-Banyana-coach-Vera-Pauw-blasts-Sascoc-in-emotional-tirade)

Baie jammer vir die hokkiespan wie dit uit en uit verdien het!

(Ek wonder hoekom het Grace, Schwartzel en Oosthuizen onttrek? )

Kiepie ·

Basson, sou jy Rio toe gaan vir prysgeld van R200,000 as jy elke week speel vir $1m en meer? En dit om ‘n land te verteenwoordig wat nie ‘n enkele sent in jou ontwikkeling ingeploeg het nie en dan nog verwag dat jy al jou eie onkostes vir die spele moet dra. (Vra maar vir Nikala Scholtz hoekom hy nie meer vir SA gaan Davis-beker tennis speel nie).
Die Zika virus het vir hulle ‘n gerieflike uitkoms gebied.

Koos ·

Solank die atlete daar op meriete is is ek agter hulle indien nie gaan ek moet iets aan die brand steek…lol

jaco ·

hier is baie name op hierdie lys wat redelik “wit” voorkom. so is die span 100% verteenwoordigend van SA se rassesamestelling???

JC ·

Waarom vra jy Jaco, is jy gesteld daarop, of probeer jy net sarkasties wees? Natuurlik behoort dit nie eers ‘n gedagtegang werd te wees wanneer na die atlete gekyk word nie. M.a.w. dit is IRRELEVANT.

Irriterend verby ·

Jaco die tipe kommentaar is irriterend verby. Regtig man, dit is onnodig. As jy gereeld sport kyk of betrokke is, sal jy besef dat hierdie atlete gekwalifiseer het(dit is ‘n vereiste, nie in sneak), m.a.w. dit beteken die beste atlete in SA is in die span!

Thanks ·

Man dit gee my sommer n knop in die keel. Sal graag wou sien dat meer bekende sport soos sokker en rugby dalk bietjie meer aanspooring moes kry maar dit is baie goeie nuus vir ons atlete. Sterte

E.K. ·

Geluk aan elke liewe deelnemer, gaan hou ons vlag hoog en ons soek BAIE medaljes! Bridgitte Hartley, Wayde van Niekerk, Caster Semenya, Sunette Viljoen, Akani Simbine, Anaso Jobodwana, Wenda Nel, Carina Horn, ons mans roeispan en natuurlik Chad Le Clos en Cameron van der Burgh – ek kyk uit vir julle. Mag die ander my verras – ek gaan elke oomblik geniet van die Spele! WYS hulel ouens, ons is nie sissies hier in SA nie, so WYS hulle!

Kan nie wag nie!!!!! ·

Ek kan nie meer wag nie, ek ken ‘n klomp an julle en gaan soooo lekker kyk, ek gaan heel waarskynlik ‘n gedeelte van die tyd daar wees, o dit gaan awesome wees. Julle het almal so hard gewerk – ek bid vir elkeen dat dit tot en met die dag met jou goed sal gaan!!!! Geniet die laaste harde sweet en trane, julle is amper daar!!!!!!

E.K. ·

Kan nie wag nie – jou gelukkige duiwel! Dis al wat ek kan sê – ek beny jou beslis. Gaan skree sommer ekstra hard namens ons ouens wat moet tuisbly hoor!

Stem ·

@ Irriterend verby,jammer my ou maat,ek ken persoonlik 2 persone wat die beste in hul items is wat a.g.v hulle ras nie gekies is nie!!!!! Dit bly ‘n rasse ding !!

Tc ·

Ek hoop Chad le Clos het n waarborg gekry van Saskok dat hulle sal betaal en dat Saskok geld het om deelnemers te betaal!Chad gaan n lekker pakkie geld kry!Sterkte aan al die deelnemers,alles van die beste en ek hoop regtig waar Saskok kom hul beloftes na!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.