‘SA se onderdrukte meerderheid steeds kulturele minderheid’

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die ANC se fokus op die skuif van beelde tydens die Covid-19-pandemie, is gelykstaande aan die skuif van die dekstoele op die Titanic.

“Die Suid-Afrikaanse ekonomie het ’n enorme inkomste-gaping wat net groter word terwyl die land die hoogste werkloosheidskoers in sy geskiedenis ervaar,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se nasionale voorsitter en lid van die Gautengse wetgewer, vroeër die week tydens ’n debat in die Gauteng-wetgewer oor die transformasie van Suid-Afrika se erfenislandskap gesê.

Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat die ANC sy gebrek aan goeie ekonomiese beleid en uitkomste probeer verdoesel deur werklike brood met simboliese brood te vervang, meen Alberts.

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het tydens die debat gesê die voorheen onderdrukte meerderheid in Suid-Afrika is steeds ’n kulturele minderheid aangesien apartheid en koloniale simbole en erfenis steeds die landskap oorheers.

Hy het gesê die vraag is dus of alle standbeelde wat as aanstootlik beskou word weens kolonialisme en apartheid vernietig moet word en of die standbeelde net minder prominent moet wees deur hulle na temaparke te verskuif.

Die minister het in die verband ’n taakspan aangestel om die moontlikheid te ondersoek en aanbevelings te maak. Wanneer ’n versoek ontvang word dat ’n standbeeld geskuif moet word, sal ’n openbare konsultasieproses gevolg word waarna ’n besluit geneem sal word.

Volgens Mthethwa sal ’n tribunaal ook op die been gebring word om te besluit watter standbeelde en monumente geskuif moet word.

“Die minister se standpunt dat mense in opstand sal kom indien die erfenislandskap nie transformeer nie, is deur die VF Plus gerepudieer,” het Alberts gesê. “Die waarheid is eerder dat mense in opstand sal kom indien hulle honger bly en werkloosheid nie drasties verminder word nie.”

Die VF Plus glo wel in ’n verantwoordelike erfenisbeleid, sê Alberts. “Sodanige beleid moet voldoen aan ’n paar kernwaardes. Eerstens moet erfenis nie gebruik word om ’n volk of groep te demoniseer nie. Verder moet geskiedenis bewaar word sodat die foute van die verlede nie herhaal word nie.”

Enige erfenisbeleid moet ook die verskillende geskiedenisse, kulture en tale van Suid-Afrika respekteer.

“Indien die waardes ernstig opgeneem en toegepas word, sal ons ’n positiewe toekomsvisie kan skep waar almal mekaar respekteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hennie ·

Hy het Westerse opvoeding… Maar dit pas nie sy nar-ratief nie!

Jannie van Niekerk ·

Het hy regtig? Lyk en klink nie vir my so nie….

Sarel ·

Julle Regeer nou al 26 jr en steeds word julle onderdruk…

Grow up

Anel ·

En dit kos alles geld, al hierdie taakspanne en tribunale en dit is nie eens verteenwoordigend nie. Ons kan ons geskiedenis bewys, wat het hulle? Alles word afgebreek en verbrand. Niks word op gebou nie. En ons weet mos al klaar wat die uitkoms gaan wees?

Persheks Adri ·

Stem Anel en boonop dink hy nie eers aan die mense wat sonder werk is nie, maar gooi ‘n helse lawaai op oor ons beelde.

Kobus ·

Doen wat julle die beste kan doen agbare minister,vernietig dit!

Juls ·

As daar in die laaste 26 jaar iets was om op trots te wees, waarom het hulle nie standbeelde en monumente daarvan gemaak om te vertoon nie? Dit is nie die stomme standbeelde se skuld dat hulle ‘n “kulturele minderwaardigheid” beleef nie, BOU DAN JOU EIE KULTURELE STANDBEELDE EN LOS DIE ANDER UIT!

Werner ·

Is daar ooit n term om jou onbevoegdheid mee te beskryf as die meerderheid wette moet maak om hulle teen die minderheid te beskerm.Sien ek was al die jare verniet in die skool ek het geleer jy moet eintlik n IK hé en onderrig wees om n minister te kan word.

Dup ·

Die hartseer is dat belastingbetaler geld gebruik gaan word om al die voorstelle uit te voer.Waarom word infrastruktuur nie eerder verbeter of instandgehou nie? SA se riviere en waterstelsel word onherstelbaar besoedel en bestaande infrastruktuur word vernietig. n SKOON en WELVARENDE land sal die beste MONUMENT ooit wees.Maar nouja,ons almal weet dit gaan nie so gebeur nie.

Adam Adriaan ·

Die regering is so besig met misleiding dat niemand agterkom dat hulle aan hulle neuse rond gelei word nie. Want die arme “our people” nie verstaan en kom nie agter, is dat die hoof doelwit van die regering is, om almal so arm as moontlik te hou met slegs ‘n paar elite groeperinge wat die septer swaai. Dit is kommunisme. Daarom is die skole in so ‘n toestand. “n reg geleerde mens kan jy nie om die bos lei nie. Alles het verval. Al die stadsrade is so te sê bankrot. Hulle wil nie die ekonomie opdreef kry nie. Dit sal hulle doelwitte benadeel. Die regering is bankrot. Die man wat die geld voorsien, het nie meer geld nie. So wat is volgende —-Chaos. Hier uit sal ‘n redder kom wat alles sal oorvat en al die poppe sal na sy toutjies moet dans, insluitend “Our People”

Sarel ·

Hoe kan die Meerderheid deur die Minderheid onderdruk word?
Na 26 jt van Regering het julld net sfgebrerk en niks opgebou nie.
Nou is hulle bang vir Kultirele erfenis.

msp ·

Danksy die eff en anc, in amper 27 jaar het hulle die armes leeg besteel asook die middelklas mense. Nou gaan hulle vir die pensioenfondse en die rykes se geld en besittings

david ·

AS dit SIMBOLE is wat jou onderdruk laat voel Minister…begin dan by die Uniegebou–breek hom af..en dan kan julle die parlementsgebou ook maar vernietig…..wat van die Gariepdam..? En die Vaaldam ?Moet ek aangaan om jou kulturele belaglikheid uit te wys ..?

twaalfboor ·

Jy sal ń “kulturele minderheid” bly vir solank as wat jou denkwyse dit toelaat. Dis duidelik dat die mentaliteit in die minderheid is as standbeelde jou “onderdruk”.

Persheks Adri ·

Baba op die rug sindroom al weer genade gee my krag vir die ou ministertjie pfff

Jannie van Niekerk ·

Nou wat van standbeelde en straatname wat vir my en ander Afrikaners aanstoot gee? Mandela was beslis nie vir my ‘n Messias of Madiba nie. Inteendeel, ek is een van ‘n handjievol wat absloluut geen respek vir hom het nie. Sal hulle dit oorweeg as ek vra dat sy afstoorlike standbeeld verwyder moet word?

Persheks Adri ·

Presies wat ek ook gesê het begin by Mandela se beeld! Mense vergeet wat hy gedoen het voor hy tronk toe gegaan het

nell ·

Die ANC wil nie herinner word aan hulle eie onvermoë om iets tot stand te bring wat ‘n monument regverdig nie.

Kokerboom ·

Nou maar toe!!! Nou het ek alles gehoor! NIEMAND verhoed meerderheid om ‘n kultuurerfenis te skep. Die realiteite egter is dat die meerderheid elite so besig was en is die afgelope 26 jaar aan totale vergryping en selfverryking dat erfenis nie in hul verwysingsraamwerk voorkom. Net as massas begin raas dan is die minderhede se kultuurerfenis die sondebok. Erfenis is NIE belangrik vir hul so daar is niks dus hoe kan jy iets nuut skep as daar nog altyd niks was? So Minister hou op twak praat en hef liewer jou mense op!!!

JM ·

Minister, jy het net so ‘n patetiese redenasievermoë soos jou pa, Jacob Zuma. Jou tipe redenasie is maar net ‘n illustrasie van jou minderwaardigheid wat jy op hierdie manier probeer te bowe kom.

lodewyk ·

Ja dit is seker maar hartseer om teen beelde van sukses en trots vas te kyk ?? -Plaas dat jy jou bepaal by SA sport wat uitmekaar val!!Maar ja dit is mos hulle manier om die aandag te probeer wegvat van waar hulle swak doen as ministers!!

Nico ·

Alweer apartheid, die ANC kruip agter hul foute weg, sal nooit die waarheid erken nie.

christo ·

Nathi Mthethwa is ‘n ‘nobody’ vandat hy nie meer Minister van Polisie is nie. Hy is verbitterd teenoor sy huidige posisie in die parlement. Hy is ‘n toonbeeld van die tipiese dun ‘ varnish ‘ tipe ANC politikus wie se onverdraagsaamheid teenoor witmense navore kom.
Die feit dat werkloosheid tussen wit en swart verskillende is, is eenvoudig: Wat is die getalle verhouding ( ratio ) tussen wit en swart?
Wat is die verskil in persentasie aanwas tussen wit en swart die afgelope 10 jaar?
‘n Rassegroep se onbeheerde aanwas kan veroorsaak dat hulle vinniger verarm. Die feit dat maatskaplike toelaes soos die kindertoelaag, mense aanmoedig om kinders te kry en dan stop om te betaal sodra die kind 18 jaar oud word , veroorsaak armoede, want dan geld die toelaag nie meer nie. Dis wanneer tienerswangerskappe navore kom om net kinders te baar ter wille van ‘n toelaag. Dis ‘n bose kringloop van ANC geskepte omstandighede.

Gert Johannes ·

Die geskiednis herhaal homself, kyk maar na die res van Afrika. Albert Zwietzer het sy lewe gemors in Afrika, want die afrkaan wil nie sy onvermoe erken en iets daaraan doen nie. VERLAARG EERDER SKOOL EN UNIVERSITYD STANDAARDE, DIE SERTIFIKAAT SAL MOS VIR JOU DINK. Voer eerder gemors van Shina af in en vernietig die vervaardigingsbeddryf en stop hulle agtersakke tot barstens toe met invoerbelastings EN WERKERS SIT OP STRAAT. Nou is dit apartheid se skuld. ANC onderskat die verskille tussen Zulus, Khosas, Shetos ens, gereken hulle kan hulle een maak, wag maar en kyk, die Zuma faksie ia aan die werk.

JohanR ·

Het hulle niks beter om te doen nie……my gooiste die land val in meakaar, en uit mekaar en die ou se grooste probleem is minderheid en meerderheid! Waar het die ou sy breins gekry? In ‘n gelukkige kinderpakkie daar by Checkers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.