SA se ontginningstrategie vir mynbedryf sit pot mis

(Argieffoto: pixabay)

Die DA het die lang verwagte ontginningsplan vir die mynbedryf, wat die departement van minerale hulpbronne en energie vandeesweek bekend gemaak het, as burokratiese wartaal bestempel – en sê as dit die beste is waarmee die regering vorendag kon kom, is die bedryf in vet moeilikheid.

Die plan is ʼn poging om meer ontginningsbeleggings na Suid-Afrika te lok en dit te posisioneer as ʼn voorste verskaffer van metale en minerale wat in sogenaamde skoon tegnologie gebruik word.

Die departement beoog om Suid-Afrika se deel van wêreldwye ontginning van die huidige minder as 1% tot 5% in die volgende vyf jaar te laat groei.

Luidens die strategie is Kanada die voorste bestemming vir ontginningsbesteding en dit bied ongeëwenaarde toegang tot kapitaalmarkte. “As Suid-Afrika behoort ons saam met die bestes sulke buitelandse beleggings te lok, omdat ons innoverend is en robuuste junior mineraalontginning, asook skoon tegnologie, verwerking en mynverskaffing‑ en -dienssektore het om ʼn opgeknapte mynontginningstrategie ʼn hupstoot te gee.”

Dit probleem is, sê James Lorimer, die DA se woordvoerder oor minerale hulpbronne, dat die strategie ʼn hutspot is van alles wat die regering beweer hy die afgelope paar jaar gedoen het. “Dit lyk soos iets wat ʼn intern aangesê is om oor die naweek te doen,” sê Lorimer.

Die dokument lui voorts dat Suid-Afrika volgens “beleggerspersepsies ʼn wetgewende raamwerk van wêreldgehalte ontwikkel het wat die sektor beheer”. Inwerkingstelling bly egter ʼn groot bron van kommer en pootjie die groei van mineraalontginning.

Van die swakpunte wat voorts in die dokument uitgewys word, is Suid-Afrika se kragkrisis, ʼn gebrek aan behoorlike geowetenskaplike data, infrastruktuurprobleme, die onbevredigende inwerkingstelling van beleid, stakings en oproer.

Van die geleenthede wat uitgewys word, sluit in die uitleenlopende minerale wat hier gevind word, ʼn toenemende vraag na skoon energie en vooruitgang in navorsing en ontwikkeling.

Die hoogs aangeskrewe Fraser Institute in Kanada, plaas Suid-Afrika egter onder die tien lande wat die minste aanloklik vir belegging is. Zimbabwe het die minste aantrekkingskrag vir beleggers, met lande soos China, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Venezuela en Mali wat benewens Suid-Afrika ook deel van die onderste 10 vorm.

Lorimer sê wat die plan eintlik nodig gehad het, was ʼn tydsraamwerk vir die inwerkingstelling van ʼn stelsel wat wys presies wie besit watter mynregte.

“Dit het ʼn geloofwaardige plan benodig om ontslae te raak van korrupsie onder die departement se amptenare wat omkoopgeld voor die ontwikkeling van die bedryf stel. Dit het ook ʼn verslapping van die omslagtige swart ekonomiese bemagtigingstelsels benodig wat ontwerp is om beleggers se geld te gryp,” sê hy.

“As die ontginningsplan die beste is wat die minister ná twee jaar kan doen, is die bedryf in werklike gevaar – en so ook die inkomste van miljoene Suid-Afrikaners wat van mynwese afhanklik is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andrew ·

“As Suid-Afrika behoort ons saam met die bestes sulke buitelandse beleggings te lok, omdat ons innoverend is en robuuste junior mineraalontginning”, volg die singo consulting group en sy kliente. Die junior miners wil steenkool myne in die kruger park begin.

casper ·

Mens kan dit net verwag van die regering.
Die bedryf was eens die wereld leier in baie produkte se ontginning asook die grootste verdiener van buitemandse valuta.Viva
ANC – Amandla !!

VaalDonkie ·

Wat ons BEHOORT te doen is om nywerhede wat grondstowwe verryk hierheen te nooi. Laat hulle sommer hul eie kragopwekkers/sentrales bou wat 10% van hul kapasiteit beskikbaar stel aan Eskom.

Stem vir my vir minister van nywerheid en ek maak daai gebeur.

VaalDonkie ·

Een afduimpie is van die ANC kader wat hier rondsnuffel

Christa ·

Weereens ñ Departement wat uitblink in niks! Want die ministers word mos geskommel en na ander Departemente toe gestuur – al weet hulle “sweet blow all” van enige iets af. Heel waarkynlik het die Departement op die vooraand van die indiening van die verslag net gegorrel, en maar gehoop almal is op sy intelligensie vlak. As ek n berig lees oor die staat, dan rys my hare behoorlik. Hoe kom hierdie onbevoegde mense weg met sulke belangrike sake, wat duidelik wys hulle is nie in staat om hulle werk te doen nie!

Bertie ·

‘n Rivier kan nie hoër styg as sy oorsprong nie. Die mense wat hierdie dinkwerk moet doen, is daar omdat hulle die regte velkleur het en nie omdat hulle kan dink en beplan en die regte kwalifikasies het nie. Wat meer kan ‘n mens dus verwag? As jy bollie saai, sal jy bollie oes.

Sean ·

Soos alles in hierdie land het die mynboubedryf onder gegaan

Suzette ·

Watter pot het hierdie regering nog nie mis gesit nie?????

Jr ·

Nee die rede vir dit is omdat STRIKING, SUID AFRIKA SE NATIONALE WINTER SPORT IS – – STRIKING. Ek weet, gewerk ondergrond vir 38 jr en as wit myner – NOOIT GESTRIKE NIE.

koos ·

Kyk, die ding staan so: die Liewe Vader maak nie meer grondstowwe nie, wat jy uitgemyn het, is gone with the wind. Nou kom die guavamund en vrot alles op – goedso, mooi en pragtig. Met al hoe skaarser-wordende grondstowwe gaan my kinders in die toekoms meer daarvoor kan kry. Verder besef die vrotsige spul nie eens dat dit belastinginkomste is wat hulle onder hulle snoete in die varktrog verloor nie. Dubbel mooi so! Om ‘n mynskag te sink is vrekduur (ek is in die bedryf), sal jy die geld daarvoor wil uithaal in ‘n land waar die huidige regime mense se plase wil nasionaliseer? Wanneer is dit my fabriek of my myn se beurt? Eh-eh, nee dankie!

Pietertjie ·

Natuurlik moet hulle die pot mis. Dis nie in die ANC se vermoë om enige pot raak te sit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.