‘SA se regstellendeaksievergrype op pad na VN’

Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit het gesê meer as 300 000 Suid-Afrikaners oor die hele ras- en politieke spektrum heen het die afgelope twee maande steun betoon vir sy klag by die Verenigde Nasies (VN) oor regstellende aksie.

Solidariteit se klag hou verband met die regering se verontagsaming van die VN-konvensie wat ten doel het om alle vorme van rassediskriminasie te elimineer.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê die vakbond se klag neem die vorm aan van ʼn skaduverslag wat die vakbond in Augustus vanjaar aan die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassisme (CERD) gaan voorlê. “CERD maak voorsiening daarvoor dat burgerlike organisasies ’n regering kan verkla deur middel van ʼn skaduverslag wat voorgelê word in reaksie op die betrokke regering se eie verslag aan CERD.”

Verskeie meningsvormers het vandag by ʼn insetkonferensie in Kaapstad insette gelewer op Solidariteit se verslag en hul steun vir die vakbond se veldtog betoon. Dit sluit onder andere in dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur van kultuur by die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniginge (ATKV), René Govender, nasionale projekkoördineerder van die Confederation of South African Workers’ Unions (Consawu) en advokaat Paul Hoffman.

Hermann meen die reuse-steun vir die vakbond se klag teen die Suid-Afrikaanse regering is tekenend van die publiek se misnoeë met die staat se vernietigende regstellende aksiepraktyke.

“Ons vertrou dat die publiek se insette ons klag teen die regering sal versterk. Ons is dankbaar vir elkeen wat hul steun gewys het en insette op ons verslag gelewer het. Ons is hoopvol dat ons verslag die omvang van die negatiewe effek wat die regering se toepassing van regstellende aksie op almal in Suid-Afrika het, onder die VN se aandag sal bring,” het Hermann gesê.

Volgens hom is dit die eerste keer sedert 1994 dat die Suid-Afrikaanse regering by die VN vir rassediskriminasie aangekla word. “Die kern van die klag is dat die Suid-Afrikaanse regering se absolute fokus op rasseverteenwoordiging teen die bepalings van CERD indruis. Die staat se rassebeleid gaan verder as wat regstellende aksie internasionaal toegelaat word en voldoen nie meer aan die internasionale vereiste van regstellende aksie nie,” het Hermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sandra ·

Ek is bly dit gaan gebeur ek indersteun dit 100 persent. Die rasse ding raak nou ernstig en daar moet ingegryp word. Die anc moet stop gesit word.

Winston ·

Ons het gestem vir die ontbanning van ANC, SAKP, PAC ens. terwyl ons in ons harte geweet het dat De Klerk die vrug ryp wou druk. Hierdie kommunistiese organisasies het regoor die wêreld waar hulle regeer net een motto: “Rule by the gun” Dit is nou te laat vir omkeer. Ons sal n ander rigting moet inslaan en ophou aanvaar dit sal môre beter gaan. Dit sal nie.

George ·

Dit is ongelukkig ‘n realiteit. Lê die oplossing nie maar in selfbeskikking nie?

Winston ·

Ons het gestem vir die ontbanning van ANC, SAKP, PAC ens. terwyl ons in ons harte geweet het dat De Klerk die vrug ryp wou druk. Hierdie kommunistiese organisasies het regoor die wêreld waar hulle regeer net een motto: “Rule by the gun” Dit is nou te laat vir omkeer. Ons sal n ander rigting moet inslaan en ophou aanvaar dit sal môre beter gaan. Dit sal nie.

Bart ·

Ongelukkig het die VN ( en trawante) die Kommuniste hier aan bewind gesit, so dis bietjie om te gaan kla oor Sannie by Sannie se ma.

HEVW ·

Winston, se vir ons wat stel jy voor. Wat is die ander rigting?

Pieter ·

Goeie naand Maroela Media…

Lig asb ons lesers in oor wat die VN moontlik kan doen in die saak!

Wat kan bereik word en hoe gaan dit die saak hier in S.A verbeter.

Hierdie artikel moet asb opgevolg word met wat bereik kan word.

Ons lees van die “kind” wat deur die “onderwyser” skade berokken is/was. Wat gaan nou gebeur? Gaan die “pa” die “onderwyser” moer? Stellig nie…die saak sal seker ondersoek word. Maar wie gee om vir die nikswerd “kind” behalwe die “pa”. Dus…gaan die VN besorg wees oor wat die toedrag van sake is hier in S.A? Ek glo nie so nie! Die spreek woord lui tog “Elke vlieg op sy…”

Ons lesers verstaan nie al die dinge nie. Laat Herman Toerien toe om asb vir ons ietsie oor hierdie saak skryf indien ek dit dalk gemis het.

Groete…

Pieter

George ·

Solidariteit ons wens julle alle voorspoed en sterkte toe. Die BEE storie is uitgedien en dit is soos kanker in ons land. Die wêreld moet kennis neem van die bedrog wat gepleeg word. Die leun sal die waarheid nooit onderkry nie.

Lance Miller ·

Well done Solidarity!! Please post about how one can support this initiative.

johan ·

Ondersteun die engelse dit Lance? Ek wonder maar net aangesien hulle so lekker gejuig het in 1994 met ons val.

Danny Nel ·

Dankie solidariteit
Baie geluk.
BEE is nou verby en niks kan dit meer regverdig nie.
RSA Los nou asb die BEE uitbuitery finaal agter . .
Ons is nou klaar daarmee

Sharon Anderson ·

“No one is coming to wave us” nie voor na dit besef ons eie huis in orde kry sal ons ‘n mm vorentoe beweeg nie. Ons wil op uitlanders staat maak om ‘n krisis wat ons ons self ingedompel het uit te sorteer. Ons moet maar ons moue oprol, die bier bottels, rugby en losb bandigheid laat staan en trug kyk op dit wat ons sterk Suid-Afrikaners gemaak het in ons glorie tyd. Wanneer ons dit doen en as jong moderne intelligente nasie weer begin hard werk, ons nasie ondersteun en elke dag leef om ‘n positiewe verskil te maak sal dinge begin verander. Tot dan sal ons aangaan soos ons aangaan op die Klaer Train na Niemandsland.

zahn ·

More Sharon. Net een vraag, hoe het ons onsself hierin gedompel? Ek was bereid om te sterf vir my land, maar fw, roelf en daai ander trawante was aan die roer van die oorgeepot. Moet asb, groot asseblief, nooit ooit my met daai slapgat omies vergelyk nie. Never. Mens hardloop nie weg van jou probleme af nie. Duidelik het fw en sy bende gedink dis reg so toe hulle daai oggend uit die parlement uitgestap het en hul rugte finaal op ons gedraai het. Kyk net watse kwak raak leon wessels kwyt nou die dag in Potchefstroom! En fw nou die aand op die televisie, die Afrikaner is leierloos. My magtie fw, sal jy nou dit kon raai? My grootste wens is om vir fw in sy gesig te kan sê wat ek van hom dink.

zahn ·

O ja, asseblief moet ons ook dit verstaan, die omies het nie net hul rugte gedraai op die blankes nie. Hulle het daardie oggend hul rugte gedraai op almal wat nie anc is nie. Hulle, wat die amptelike opposisie was, het die ander minderheidspartye lelik in die rug gesteek deur hulself te onttrek van die gesprek. So, dis nie ‘n aksie teen die blankes gewees nie, maar teen SA se inwoners. Ook fw se skoondogter.

anne ·

Ek glo nie fw gee om wat jy of enige iemand van ons van hom dink nie, hy slaap rustig in die aand.

alex ·

Zahn,

Stem 100% met jou saam.
Hierdie nar van ‘n fw met sy frankenstein politiek het ons met baie, baie probleme gelaat.

Griki ·

Baie, baie dankie, Solidariteit. Ek bid julle alle sukses toe en ek vertrou dat God julle sal help om die regering aan die kaak te stel en te beveg. Ek was reeds 2 keer die “slagoffer” van BEE, en moes agterna hoor hoe die goeie werk wat ek gedoen het totaal opgemors is.

Pieter ·

Piet 11-06- 2015
Nou, wil FW en kie ons vertel wat ons moet doen om nie deur die Anc verswelg te word nie,wat natuurlik al klaar gebeur het.Destyds toe ons dommes hierdie dinge voorspel is ons uit gelag en verkramp genoem. Jy`t net nodig gehad om noord te kyk wat in die res van Afrika aangaan om te weet dit sou nie anders wees hier nie.Maar die manne wat beter weet , en so gou as moontlik hulle pensioene trek voor die land bankrot is ,het die dinge deur gedruk ,maak nie saak wat daarna gebeur nie.

marius ·

Hoe gouer ons verstaan dat die buitelandse plan vir SA groter is as wat ons ooit sal verstaan en hulle nie omgee wat van ons word nie hoe beter. Die plan is om die land ekonomies te vernietig en so ook die mense wat dit aan die gang kan hou. Hulle het die mense aan bevind gesit om dit vir hulle te doen wat geen benul het van ekonomiese welvaard en hoe om ekonomiese vooruitgang te bewekstellig nie. As alles gaan staan sal hulle te voorskyn kom met ‘n reddingsplan alles oorvat sonder weerstand want die geleerde mense sal of vermoor wees of alreeds die land verlaat het. Suid afrikaners word wakker!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.