SA se rykdom steeds in ‘wit hande’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa sê 26 jaar ná die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika is die land se rykdom steeds in die hande van ʼn paar, hoofsaaklik wit mense, gesetel terwyl die armes en werkloses oorweldigend swart mense is.

Ramaphosa het Vrydagaand in sy hoedanigheid as ANC-president gepraat tydens die bekendstelling van die ANC-alliansie se teen-rassismeveldtog.

“Apartheid is iets van die verlede, maar die nalatenskap van ongelykheid en armoede, die wanbalans van wat die lewe aan ʼn mens bied, word voortgesit in hoe mense hulself en ander sien.”

Ramaphosa sê dié situasie moet omgekeer en reggestel word.

“Dit is die gevoel van ʼn natuurlike orde van dinge wat wit Suid-Afrikaners rassistiese uitbarstings laat maak, wat wit Suid-Afrikaners laat dink hulle het die reg om swart mense ape te noem en swart mense in ons land as karikature van diere te laat uitbeeld.”

ʼn Herrie het onlangs losgebars toe ene Danie Herselman ʼn neerhalende foto van die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, op Facebook in antwoord op ʼn ander sosialemediagebruiker se inskrywing geplaas het. In die plasing het Herselman die minister met ʼn dier vergelyk. Dié plasing is veroordeel as vernederend, neerhalend en rassisties.

Ramaphosa sê wêreldwyd word groot ongeregtighede teen mense gepleeg. Hy meen die ongeregtighede word aangevuur deur die logika van kolonialisme en dat iets wat aan ʼn ander behoort onteien kan word bloot omdat dit aan iemand van ʼn sogenaamde minderwaardige ras behoort.

Die president sê daar moet erken word dat rassisme en ander vorms van onverdraagsaamheid instellings, gemeenskappe en samelewings insypel.

“Dit is wat die dood van ʼn swart man deur ʼn wit polisiebeampte op ʼn Amerikaanse straat moontlik maak.”

Ramaphosa het gesê dié opvatting van ʼn sogenaamde natuurlike orde strek uiteindelik ook tot in huishoudings, waar mans vroue mishandel. Hy sê dat ongelykheid baie duidelik na vore kom wanneer geslag ook in berekening gebring word.

Ramaphosa sê in sekere omstandighede is die gesig van armoede en ongelykheid swart. “Daardie gesig is dié van ʼn Afrika-vrou. Ekonomiese ongelykheid versterk ander vorms van ongelykheid. Dit het ʼn sielkundige uitwerking wat min mense bereid is om te erken. Dit gee aan die rykes ʼn gevoel dat hulle ʼn reg op sekere dinge het en aan ander, daarsonder, ʼn gevoel van voortdurende minderwaardigheid.”

Ramaphosa het gesê marginalisering en diskriminasie kom ook na vore in geweld teen diegene wat as anders gesien word en dat diegene in ʼn magsposisie, die regte van ander skend.

“Die dood van Collins Khosa en tien ander, vermoedelik weens die optrede van veiligheidsmagte tydens die afsonderingstydperk, is iets waaroor ek bitter spyt is. Toe die afsonderingstydperk in werking gestel is, het ek met ons sekuriteitsmagte gepraat en gesê hulle moet met liefde in hul harte uitgaan nie hulle medeburgers as die vyand behandel nie.

“Ongelukkig, tot my groot spyt, het ʼn aantal van ons landsburgers hul lewe verloor. Dit maak my geweldig hartseer.”

Die 41-jarige Khosa, ʼn inwoner van Alexandra in Gauteng, is in April dood nadat soldate sy erf binnegekom en hom glo erg aangerand het. Hy is daarvan beskuldig dat hy die afsonderingsregulasies oortree het.

Ramaphosa voer aan die sterftes word ondersoek en dat geen steen onaangeroer gelaat gaan word om te verseker diegene verantwoordelik vir wreedheid word voor stok gekry nie.

“Hoewel dit nie die ooglopende rassedimensies van die moord op George Floyd het nie, berus dit op dieselfde minagting vir die menslike waarde van die slagoffer en sulke optrede moet ten sterkste verwerp word,” het Ramaphosa gesê.

Volgens die president geld dit ook nie net diegene wat geweld pleeg nie, maar ook hulle wat geld steel wat vir die armes en diegene wat hulle moet dien, bestem is.

Die ANC, SAKP en die vakbondfederasie Cosatu het die veldtog begin en Suid-Afrikaners gevra om betrokke te raak in die stryd teen rassisme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Pieter ·

Ons het gewerk daar voor cyril nie als veniet gekry soos julle klomp komuniste nie

Chivago ·

Eerstens, hoe vinniger julle die onbeheerste vermeerdering van die populasie hok slaan – en dit vir Sassa toelae – hoe vinniger sal armoede beheer kan word. Tweedens, die mentaliteit van “minderwaardige ras”, hoe kan mense van ander rasse beskuldig word daarvan as dit jul eie siening is? Dis is duidelik dat daar ‘n gevoel van minderwaardigheid kleef en nie net in SA nie, maar wêreldwyd. Derdens , daar ‘n ‘n uitgelese groep swart mense in die land wat superryk is so ek stel voor hul steek eers hand in eie boesem.

Rose ·

Sy geheue is maar kort. Hulle wys net altyd die vinger na witmense. Kyk hoeveel dade pleeg Afrika leiers teenoor hulle eie mense. Miljoene is al uitgemoor, en brutaliteit en verkragtings is maar n klein gedeelte van die oortredings teenoor hulle burgers. Floyd het reeds n kriminele rekord gehad, toe die polisie hom aangekeer het.

Althes ·

Die ANC is ontsettend rassisties teen witmense. En CR waarna die mense moet opkyk na,slaan die rasverdeelde tokkeldeuntjie aanmekaar.
Die ANC moet dankbaar wees dat witmense bydra tot die ekonomie en belasting betaal vir die duisende kindertjies wat verwek word en in strate moet bedel vir kos.
Daar is soveel informele swart handelaars wie nie belasting betaal nie.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, ANC het alreeds met BEE die land se ekonomie op sy kniee. Dit gaan nie oor ras of velkleur nie maat bloot oor kundigheid, kennis en vernuf. Dit is iets wat nooit sal verbeter met n 30% vereiste om te slaag nie. Die ANC het al heelwat probeer om dit om te keer. Verder plunder ANC net.

Willie ·

Die ANC en jy Ramaposa is nie bevoeg nie. Julle Kan niks reg doen nie want, julle is kommuniste. Onthou net dat Christus groter as julle is en die dag kom dat julle sal moet verduidelik.

'n Simpelman ·

En net daar verloor ek my respek vir die man.
Die Rasse kaart word oorspeel.
Zuma era ons geleer, wit elite wil hulle net oorsit in ‘n handvol swart elite.

Jaco ·

hulle het 26 jaar tyd gehad om van ons ontslae te raak. Waarom het hulle. behalwe vir regstellende aksie en BEE, dan niks gedoen nie?
Deporteer ons ASSEBLIEF geagte ANC. Dis ok. Ons aanvaar dit. Met groot stempels in ons paspoorte wat duidelik uitspel “return to South Africa forbidden” sal Europa, Kanada, die VSA en Australie ons moet invat as vlugtelinge. Dis ook ok. Ons sal wel weer aan die gang kom.

Misky ·

Ek weet nie of ek moet lag of huil op die oomblik nie!!!!! Ek is stomgeslaan oor die openlike rassisme teenoor blankes in die land van ons

JohanR ·

Die vraag is Misky dat ons weet nou dat Ramaphosa is uiters en uiters ‘n rassis. Wat kan, of gaan ons die wit gemeenskap aan die saak doen. Ons kan nie ons belasting weerhou nie want in baie gevalle word dit direk aan SARS betaal deur die werkgewer. Ek is nou net soe mooi siek, sat en dik vir die ANC dat ek kan slange vang!

Kanjynoumeer ·

Weet jy wat Ramaphosa, ons werk daarvoor.
Niks val sommer in ons skote nie.
Sedert ons voorouers hier aangekom het, is ons brood in sweet van ons aangesig verdien.
Gaan sing op n ander plek.

Nico ·

As jy die leun genoeg verkondig, raak dit die waarheid? CR se vriend George Floyd is dood aan ‘n hartaanval meegebring deur n oordosis dwelms. Dit terwyl hy in besit was van vervalste geld. Gaan soek die Finale nadoodse ondersoek verslag op Google, dit is daar vir almal om te sien.

Maar gelukkig het hy nie gerook nie. In elk geval nie sigarette nie. Hy het wel dagga gerook…

Maar dit is ok. rassisme is mos net wit op swart. SAP wat n wit man aanrand is nie rassisme nie.
Dit is tyd dat swart mense ophou met hul slagoffer mentaliteit. Ophou Jannie Jammergat speel. Nee ek gaan nie jammer se nie.

Hef jouself op. moet my nie probeer aftrek nie. Dit gaan nie werk nie. Almal is gelykwaardig. Almal is NIE gelyk nie.

CR gaan net gelukkig wees as almal behalwe die ANC elite behoeftig is. Dan is hulle totaal in beheer. NEE. Ag jammer man. Glad nie. En CR kan dit nie verander behalwe om rasgebaseerde wette daar te stel nie. En sy tyd as internasionale”Golden Boy” loop uit.
Sorry ne. eish.

Leeuwyfie ·

Gee vir ons ons eie tuisland en ons is uit jul hare uit. Dwaas.

gatgogga ·

Mooi so, Leeuwyfie.
Jy weet dat ons niks gaan bereik deur net altyd te wil murmureer nie.
Ons moet almal ons gewig ingooi om vir ons ‘n onafhanklike tuisland te bekom.
Dit kan gedoen word, as ons tog net kan saamwerk.

Grassie ·

Soms wil ‘n mens baie graag kommentaar lewer, maar jy weet dat jy vandag jou hande van die sleutelbord moet afhou.

koos10 ·

CR, nou dat die gety draai teen jou CCC maatjies, nou is rassisme weer jou toevlug?
Hoeveel geld het jy en jou ryk vriende vir die Solidarty fund gegee? En hoeveel het die Ruperts, Opperheimers, Ackermans en Bassons gegee?
Terwyl ons besig is, hoeveel van die ANC miloeners het besighede van die grond af op gebou?
Hoeveel boere (en vir alle praktiese doeleindes SA Burgers) is vermoor terwyl jy oor sake in Amerika geworry het?
Hoe kry ‘n land soos Ruanda dit reg om hulle op te bou, nadat miljoene mense vermoor is? Die antwoord is eenvoudig, hulle het die wil om te werk en op te bou.
Hier in SA is bakhand staan mos die norm, en sommige het geleer dat as jy ‘n emmer hou, kan jy meer skep.

Wielspore ·

CR, ek nogal van jou toekom visie gehou, maar dit wil voorkom of jou leierskap nie suksesvol is en dat jy ook nou terug val na rassisme om jou onbekwaamheid te bewerkstellig. Armoede en ongelykhede is deesdae heelwat op jou tong en as die ANC waarvan jy tans die leier is nog nie sederd 1994 ‘n verskil kon maak dan sit jy die pot heeltemal mis as dit by blaam kom. In my lewe het ek geleer as jy iemand anders blameer vir jou eie foute het jy nog nie geleer om rekenskap te neem vir jou eie optrede. As jy die spoed oortree en ‘n boete kry, kan jy nie verkeersbeampte die skuld gee of vir hom kwaad wees, jy moet leer deur jou foute. Jammer CR, ek dink jou uurglas het uitgeloop en dit is tyd vir iemand anders. Hou maar vir Herman Mashaba dop, hierdie man gaan jou klop.

Toy ·

Nou wat daarvan, mense werk hard, kry nie als net verniet nie. Lyk my die son mag nie oor ander skyn nie.

Kaal Keiser ·

Praat hy met ‘n huis vol sekuriteit, gerief, dstv, beste motors..en so ook ‘n hele paar ander besit net die beste ! Kabinetslede het hulself goed voorsien uit die belasting geld met luukse vakansies en groot bank balanse.

Yolandie ·

As jy vir 26 jaar steeds nie jou eie mense kan ophef as jy aan hulle al die hulpmiddels en geleenthede gee nie dan le die probleem by die regering en “our people”. Lank nie meer die wittes se skuld nie, want kyk watter staat skep julle……’n welsyns staat waar “grants” aan die orde van die dag is as jou velkleur reg is. So Cyril jy is mos ‘n ryk man steek bietjie jou hand in jou eie sak en gee vir “our people” van jou geld toe. Apartheid is lankal dood. As jy onbevoeg is om ‘n land te regeer moenie die minderes daarvoor blameer nie!!! Ons is almal al goed gatvol daarvoor hoor.

Rayman ·

Hulle is baie vinnig om te praat, waar het hulle rykdom gekry? Dit is gevat by die wit mense wat hard daarvoor gewerk het so nou wonder ek wie trek aan die korste end.

Martie ·

Is dit nou maar hoe dit gaan wees tot die land daarmee heen gaan wees?? Apartheid. Net wittes kan rassite wees? Jan van Riebeeck ? Steve Hofmeyr. Jinne kan julle nie net verantwoordelikheid vat vir die absolute nonsens wat julle aanjaag nie. Net eenkeer. Probeer dit dalk hou julle daarvan

Pieter ·

Ou ANC die babas van die EFF. Julle is almal rasiste ongeag wat julle se. Julle wiskunde is altyd wat my verbaas- julle is gou om te praat van miderheid en meerderheid, maar as dit by geld of iets is wat n wit man het, dan is dit gelyk aan. Kom ons vat dit een vir een en dan sal jy sien- ja daar is meer swart wat arm is, want julle is die meerderheid. So as ons moet vergelyk sal ek se is 100% van Swart: 40% ryk en gee niks om vir hulle arm swart volk nie, waar wit uit n 100% is 40% ryk, maar ons gee om al staan ons nie altyd saam nie. (Dus sorg baie wit mense nog vir swart ook). So my punt: ANC hou op rasisties wees.

Eugene ·

n Dwaas antwoord want sy integriteit get geen waarde hul soek nog geld will in swak lig stel sodat hy goed lyk leiers by voorbeeld geen voorbeeld!!!

Die Wolf ·

Bepaal jou by die bestuur van die pandemie en kry asb n ruggraat. Jy probeer om Obama na te aap, maar is nie opgewasse nie.

Blackies ·

Hy weet nie waarvan hy praat nie. Hy kan nie meer die corona virus beheer nie nou probeer hy oorslaan na gewese apartheid om sy mense se aandag weer terug te plaas na die rykes. Kyk maar net na die luukse voertuie op die pad dan sal jy nou nie se dat SA se rykdom aan “wittes” behoort nie. Nee Oom Cyril hier sit jy die pot heeltemal mis, en in elk geval is dit die wat geld het wat al ons pienk wit bruin pers swart groen noem dit help met donasies in die tyd.

Pieter ·

Dis te danke aan cryil en die anc dat ek al hoe minder omgee vir die nie-wittes in SA. Daai ou storie is al vreeslik oud en vervelig, maar pas die agenda van anc om ons as sondebokke vir al hul diefstal en korrupsie te maak.

Victor71 ·

Dis nou die slegste wat n leier…nee wag nie n leier nie maar n politika is om die geskiednis to blameer, ons soek goeie leiers wat kan deursien en ons nie vergelyk op die VSA …die tyd vir goeie leiers is nou en nie vir politka

Johanné ·

Liewe mnr Ramaphosa, vergun my die geleentheid om jou te antwoord op jou deurdagte uitlatings. Jy sê dat die swartes oorweldigend die armes is. Besef jy vir een oomblik dat die swartes opsigself oorweldigend in getalle is, seker nou al 55miljoen teenoor 4miljoen wittes. Ipv dat jy weereens kolonialisme aanhaal, kan jy as leier van die land nie liewer ‘n wet instel wat swart huisgesinne tot 3 kinders beperk nie? Dink bietjie aan die toekoms want glo my mnr Ramaphosa, soos wat hulle aanwas omdat hulle social grants kry vir elke kind, wat die wittes nie beskore is nie, gaan die getalle, werkloosheid en armoede met 60% styg binne die volgende 5 jaar.

En mnr Ramaphosa, ek dink nie dit is haalbaar om die aapstorie die norm te maak net omdat 1 of 2 persone vir minister Zuma as ‘n aap uitgebeeld het nie.

Jy sê ook o.a die gesig van armoede en ongelykheid is swart. Natuurlik sal dit so lyk as jy 55miljoen gesigte teenoor 4miljoen stel.

Ek gaan aan op ‘n volgende kommentaar

Lola88 ·

Is jy so “bitter spyt” oor al die plaasmoorde in die land ook mnr die President?

netekalleen ·

Ja nee hier kom die marakkas nou. In watse wereld is.die wittes hier die rykste. Lyk my die spul sien net raak wat hulle wil. Wys biekie vir die buiteland wat regtig in ons land aan die gang is. Die probleem is dat die meederheid in ons land altyd bejammer wil word.

JN ·

Se die dekselse skelm miljoener!!!! Die ou is n lee dop, hy het niks om te bied behalwe rassisme nie, nes malema ,”ek spel nie die ou se naam nie met n hoofletter nie jammer hy is dit nie werd nie” ! Die twee anti wit haat belhamels aanblasers is net uit om die blaam van die Anc/Eff se verwoestende ekonomiese rassistiese beleide, onbevoegheid en korrupsie op die blankes af te skuif so eenvoudig soos dit. Die twee veral bied Suid Afrika niks positiefs nie, daar is net mooi niks integriteit te bespeur nie so al wat hulle doen is “blanke bashing” die hele dekselse tyd..Hulle is nou al so witwarm tussen mekaar met kom ons kyk wie kan die blankes die meeste sleg se en dreig dat hul amper wil voorkom soos katte op n warm sinkdakplaat..?Nou wat kan die rede wees vir die versnelling.Hardloop hulle miskien uit fondse en verskonings om die massas gelukkig te hou en oorspeel alweer die afgesaagde rassekaart. Hoe uiters pateties..Tyd dat die blankes die strate inval en betoog soos in Amerika ..

Johanné ·

Ek is nog nie klaar nie mnr Ramaphosa.
Ek antwoord jou graag op jou stelling:
“… Dit gee aan die rykes ʼn gevoel dat hulle ʼn reg op sekere dinge het en aan ander, daarsonder, ʼn gevoel van voortdurende minderwaardigheid.” Maw, as ek kyk na my 6-jaar oue Kia wat ek ry, en ek vergelyk dit met van ons woonstelhuurders in ons kompleks, almal swart mense, een met ‘n 2019 Porch, nog een met ‘n 2020 Range Rover, 14 van die ander inwoners, almal swart mense, besit of die nuutste Mercedes of die nuutste BMW. Ons is in die hele kompleks van 54 woonstelle, net 5 wit huisgesinne, die res is swart mense, en nie een van die swart mense ry ‘n motor wat onder R500k kos nie. En nie een van die wit huisgesinne besit ‘n motor wat duurder as R300k kos nie. Gegewe 5 uit 54, dink ek moet jy bietjie beter navorsing gaan doen oor minderwaardigheid agv armoede. Ek persoonlik dink die bordjies is jare terug al verhang toe BBEEE ingestel is.

Fluisterwind ·

Danie Herselman glo seker in evolusie? Is pres. C.R. nie een van ‘n “paar” rykstes in SA?

gatgogga ·

Ewolusie is nie iets waarin jy glo of nie glo nie.
Dis nie ‘n tipe bygeloof nie.

Sybrand ·

Maklik cirryl gee die land trug vir die wit mense dan sal jy sien hoe armoede verdwyn en hoe die land dan kan groei

JohanR ·

Hier gaan ons al weer met die selfe deuntjie deur Ramaphosa en die ANC……bla bla bla bla, en nog 200 bla’s. My maat julle doen moes nou ietsie aan die saak, soe hou asseblief tog in hemels naam op om al die tyd te kerm! Twee restaurante in wit besit in Stellenboch moes hulle deure sluit om seker by die 200 wit besit besighede aantesluit wat sedert einde Mei toegemaak het. As die lockdown aanhou tot einde Augustus dan is alle 650 privaat wit maatskappye toe, en dan kan jy ophou kerm asseblief!

Adam Adriaan ·

CR die stang van die NWO drywes is darem stewig in die ANC se bek en die leisels word styf vasgehou om julle te stuur, soos wat hulle wil hê julle moet draf. Los die witmense in hierdie land uit. Die witmense doen hulle deel in die land om jou korrupte ANC regering te probeer staande hou. Kry die gewoonte van ” bakhand staan” uit julle sisteem en los die luigeit en begin werk.

Johanné ·

Ek is nog lank nie klaar nie Mnr Ramaphosa.

Jou stelling:
“Hoewel dit nie die ooglopende rassedimensies van die moord op George Floyd het nie, berus dit op dieselfde minagting vir die menslike waarde van die slagoffer en sulke optrede moet ten sterkste verwerp word,” wil ek graag by jou hoor hoekom sy roudiens urelank ‘coverage’ op SABC kry, en nog nooit het ons enige boer se stukkende, verbrande, vernielde liggaam of gesig gesien op SABC nie? Of maak dit jou net hartseer as jy swart mense sien ly agv jou ministers se korrupsie en diefstal van die geld wat kon gebruik geword het om jou swart mense ‘n beter lewe te gee, hulle menswaardigheid te help terugkry deur vir hulle toilette te bou by hulle skole, te verseker dat hulle genoeg water het, of gee jy nie regtig om nie, omdat jy weet dat, agv hulle 30% slaaglimiet, hulle in elkgeval die skole weer gaan afbrand. Of, dink jy ook soos van jou ministers dat melk in ‘n bottel by Spar sy ontstaan het en nie regtig van ‘n boer af kom

minnie muis ·

ek vergeet hulle anc kan nie tel nie …… wil himself soos n engeltjie laat lyk…… die hele spul het so mi derwardigheids sindroom..

Tienie ·

Absoluuut die waarheid. Hulle het n erge minderwaardigheidskomplek. Dit is waarom ons deesdae vir alles aangekla kan word.

Pres. Bou n brug en kom daaroor. Eeezy peeeezy

Johanné ·

En nogsteeds is ek nie klaar nie.

Mnr Ramaphosa, ek wil ‘n beroep op jou doen, wees jou leierskap waardig. Jy is aangestel oor ‘n land met diversiteit. Jy sit in ‘n eerbare posisie! Wees dit waardig asb! En wees ‘n leier vir elke mens in hierdie land asof jy kleurblind is, want weet jy mnr Ramaphosa, iemand het eendag gesê: “As jy wil weet wat is iemand se karakter, maak hom ‘n leier”. Begrawe daardie idee van jou om die paddas te kook want hierdie wit paddas is ook van jou leierskap afhanklik. Ons wil baie graag opkyk na jou as ons leier. So, seblief mnr Ramaphosa, ons is minder as 8% van jou koninkryk hier in SA. Gun ons net ook asb ‘n plekkie onder die son en begrawe die verlede.

Jou stelling: “Apartheid is iets van die verlede, maar die nalatenskap van ongelykheid en armoede, die wanbalans van wat die lewe aan ʼn mens bied, word voortgesit in hoe mense hulself en ander sien”, jaag net die gemoed van jou swart mense op; as leier moet jy die vrede bewaar, nie vure aanwakker nie

OW ·

Na 26 jaar of vir 26 jaar is die ANC al in beheer van Suid Afrika wat op ‘n goue skinkbord verkry is wat toegang het tot die geldkaste en rykdom van hierdie land en beweer dat die rykdom nog in ‘n paar witmense se hande is.Wat toegelaat het dat mense instroom van oral in Afrika na hierdie suidpunt van Afrika wat eens op ‘n tyd op pad was na eerste wêreld status.Nee mnr die President.Jy kan nie die wit minderheid blameer vir hierdie foute nie.Wat julle ontvang het is hard voor gewerk.Dit is julle plig om in stand te hou,op te bou,armmoede uit die weg te ruim en ‘n land vir Suid-Afrikaners daar te stel vir al sy mense.26 jaar is nogal ‘n lang tyd om nou nog ‘n wit minderheid te blameer.

Stofdonkie ·

Floyd is nie dood omdat hy swart is nie, Floyd is dood omdat hy krimineel was

Vlooi ·

Hierdie is weereens ‘n bewys na die eensydige uitkyk van ons land. Ek stem saam dat dit nie in ons mag moet wees om mense dinge toe te snou nie, of af te breek nie. Die werklikheid is egter dat elkeen wit of swart wat deel van die sogenaamde ekonomiese rykdom is sekerlik daarvoor gewerk het. Die agbare President is stil oor sy eie rykdom en is dit maklik om die wit mense van die land by te kom. Ek wonder hoeveel van hierdie “WIT” rykes was eerste om geld in die staat se solidariteits rekening te stort wat net vir swart burgers geoormerk is. Waar is hierdie magdom swart rykes. Ek is jammer om te se, die ANC het al die burgers van hierdie land gefaal met die inperkings maatreels en is dit duidelik sigbaar in hulle midde hoe dit ‘n uitwerking het op die steun van hulle kiesers. Die feit dat hy onder die ANC Vlag praat wys dus dat hulle bitter hard probeer om aansien te wen. Wat van ons blankes wat hulle eenman sake nou gesluit het en letterlik alles verloor het wat ons voor gewerk het.

Luna ·

So kan hulle op hul vingers noem wat met hulle gebeur het, al die wit mense se vingers saam sal nie genoeg wees om te tel hoeveel wrede plaasmoorde daar al was nie en boonop kry die boere glad nie ondersteuning of beskerming van die regering nie. Dit is uitlatings soos die wat maak dat mense goed sê uit frustrasie uit, die blatante onregverdige manier hoe wit mense behandel word.

Jaco ·

Dis in baie mense se natuur om dié wat altyd beter, mooier, en slimmer is te probeer afkraak en af te bring na sy/haar eie lae gemene vlak. Voel uiters geëerd as iemand jou as mens of die kultuur waaraan jy behoort haat of afkraak. Dis hoogswaarskynlik omdat hulle iets begeer wat jy het of bedreigd voel teenoor jou. En dít my liewe vriende is ook wat op grootskaalse vlak in SA politiek gebeur, en gaan ek nie meer kwaad word oor President kopdoek en haar verteenwoordiger Cyril se belaglike rassistiese uitlate nie.

Hekwag ·

Hulle het 26 jaar gehad om hulle eie parallelle besigheidswêreld te skep….en nog steeds niks bereik nie. Sal ook nie oor die volgende 100 jaar nie.

Annakapat ·

Ons hoeveel het daai selfde ryk “wittes” bygedra toe julle bakhand staan om die pandemie te beheer en mense te voed omdat julle staatskas te leeg was?
Vra maar net?

saps ·

Apartheid is nie iets in die verlede nie – dis net oomgedraai.
Ras bepaal of jy universiteit toe gaan.
Ras bepaal of jy geld by die regering gaan kry.
Ras bepaal of jy werk sal kry.
Ras bepaal of jy in n sportspan gaan kom.
Ras bepaal of jy iets mag se of nie.
Ras bepaal of jy wreed vermoor gaan word.
En so gaan die lys net aan.
Dis nie meer die ANC nie, maar die NAR –
Die NUWE APARTHEID REGERING.

Alexander ·

As die gemidelde swart gesin nie 10 kinders het nie, sal dit veel beter gaan met hulle. En dat praat ons nie van die res van Afrika wat op ons teer nie.

Oujongvrou ·

Sodra julle wat die land moet regeer naamlik jy, mnr Ramaposa begin om ook in te sien dat julle net so rassisties is sal dinge verander. Pleks jy werk daaraan om alle mense en nasies te versoen, om almal te kry om saam te werk. Dan sal armoede verdwyn. Nou word ons klein handjievol sleg gese en wil julle alles wat ons het wegneem. Ons sou almal verdwyn na ander lande as ons kon, glo my.

Jean ·

Ek neem aan hy praat van die Oppenheimers, Rupert en Bekker…
Nou wil die regering geld uit hulle bankrekeninge haal of hoe?
Ryk sal altyd net ryker word, en in die familie bly niks met ras te doen nie.

Ria ·

En wat is verkeerd daarmee as ‘n persoon met harde werk, toewyding en ‘n besigheidsbrein homself ryk gewerk het. Daar is ook baie arm blankes. Dits maar hoe dit in die hele wêreld werk

Michael 1 ·

Ek het nou alle respek vir die mens verloor wat n grap is hy nie dan wonder hy hoekom dit sleg gaan dit is oor sy diskriminerende wette teen witmense.

Karin ·

Regtig jy is nie n President se skoene werd nie. Ek sit sonder werk vir meer as 4jaar het niks. Wit word nie gesien nie al sit jy met n Graad word genooi vir werks onderhoud om net na die tyd vir jou te se jy oorgekwalifiseer en ons soek eindlik BEE

Wondermaarnet ·

Bla-bla-bla. Hoekom maak jy nie jou plase oop vir jou nasie om daar te kom nesskop nie mnr CR?

Johanné ·

En weet jy mnr Ramaphosa, net in hierdie een artikel het my respek vir jou in die niet verdwyn. So terloops, ek sê vir jou “meneer” nét omdat ek ‘n goeie opvoeding gehad het. Ek sit nou net en wonder wat sal die swart man wat ons elke oggend so ontsettend eerbiedig groet as ons gaan stap, se reaksie wees as hy moet weet dat sy president ‘n rassis is. Dié man groet ons elke oggend asof ons engele uit die hemel is. Op die oomblik het ons meer respek vir hierdie naamlose swartman as wat ons vir jou as ons president het. En ek wonder, die 2 swart mammas met hul 2 babatjies wat ons elke oggend op ons pad kry as ons stap, gereeld ‘n pakkie kos vir hulle vat, ‘n speelding vir baba, en so geldjie nou en dan, wat sal hulle dink as ons skielik stop met die oorvloedige gee, en vir hulle vertel dat die man vir wie julle gestem het, vir ons gewys het dis maar okay om rassisties te wees. Maar weet jy mnr Ramaphosa, dit sal beteken ek moet afdaal tot op jou vlak. So, more gee ons maar weer vir hulle

Werner ·

Wonder of hy nie besig is om gesigte te sien nie volgens hom is dit die wittes van SA se skuld dat daar moeilikheid is in VSA

HJvdb ·

Ek is so jammer mr. CR, ek het gedink jy is n inteligente man….maar ek is soooo verkeerd.

Ek hardloop eerder saam met n paar leeus as n duisend skape!

Tienie ·

Ja Pres. Dit is waar. Lees jou Bybel…as jy een het…dan sal jy sien waarom en hoekom…

Punt

Pampoenboer ·

CR gaan staan in n drankwinkel en kyk bietjie wat gekoop word. Swart mense koop die duurste drank sonder om n oog te knip terwyl die meeste blankes net gimmidelde pryse betaal. Swartes love branded klere Nike, Addidas en dies meer geen wonder hulle besit niks nie

Carel Johannes ·

Meneer Ramaphosa, ek verstaan jou redenasie nie so mooi nie. Dit wat jy kwytraak is nie moontlik nie gesien in die lig dat die ryk swart middelklas baie groter is as die ryk wit middelklas. “Our people” is te gewoond aan aalmoese en omkoopgeld vanaf die ANC regering is dus nie bereid om te werk vir ‘n lewe nie.

Spyker ·

Ek word so mieg om re hoor dat slegs swart mense deur witmense vermoor word. Verlede week is n paar witmense deur swartes vermoor en gemartel maar dit is blykbaar aanvaarbaar.

Snowball ·

Inderdaad, almal het nogal geweet waarmee hulle te doen het, ‘n geval van ‘n skaap in skaapsklere, hierdie een is meer van’n wolf in skaapsklere.

Leon ·

As die ANC nie 26 jaar gelede blind en toe was nie, sou die rykdom mooi verdeel gewees het. Maar toe besluit hulle om die domse kaders in maatskappye in te druk en die kaders maak die maatskappye bankrot en nou is daar net ‘n paar maatskappye oor. Dit is die ANC se eie skuld. Hulle het die verkeerde vurk in die pad gevat. Skaf BBBEEE af en die domstes kan opgelei word en 20 jaar vorentoe is die geld in die swartes se hande.

Wilma ·

En dit is ok om wit mense met paddas te vergeleik nê!!! Ook dat jy ‘n biljoener is, waar kom jou geld vandaan. Toe jy uit die tronk kom het jy niks gehad nie. Het enige van julle parlementslede enige iets verloor gedurende die “lockdown” NEEE!!!

Hannes ·

I’m sorry but your race card has been declined… Do you have another form of argument?

Pierre ·

So Mnr. Ramaphosa verwag jy waaragtig dat ek in sak en as gaan sit en my gesin laat swaar kry sodat ek kan daal na die vlak van ‘n man wat nog nooit bereid was om te werk nie. Veroordeel eerder jou kiesers vir hulle swakheid en onvermoë om vir hulle self te sorg en los die van ons wat werk vir wat ons het uit.

Anoniem ·

Ai Mnr Ramaphosa …………………solank as wat die staat geplunder word en die plaas en dorpsmoorde nog steeds plaasvind solank sal ongeregtigheid voortduur Mnr Ramaphosa hoekom praat jy net van die moord in VSA maar jy sê niks oor plaaslike moorde nie!!!!Ek is uiters terleurgesteld hieroor!!!!!

Johan ·

Die anc is in bewind vir 26 jaar. Wys ons eers dat jy die staatsdienste kan regmaak. SAA. Poskantoor, Eskom, almal het gewerk en nou is daar niks. Waar is Al die geld wat die anc gekry het met onafhanklikheid. As jy nie staat kan bestuur nie, hoe gaan jy die privaat sektor behartig. Dit vat n wit person om Eskom reg te kry. Kyk eers na Zimbabwe voor jy begin praat, miskien kan jy iets leer.

Elsabé ·

Ek verstaan die man nie. Hy is veronderstel om geleerdheid agter sy naam te kan sit. HY veroorsaak die rassisme. SY regering en EFF “doen” rassisme. In amper 25 jaar kon die ANC nie sake omdraai nie, nou is dit ook die wittes en “wit-rassisme” se skuld. Kan hy nie 2 en 2 bymekaarsit nie? SY regering is korrup, maar die “wit-geld” kry die skuld daarvoor. Met die heel eerste aankondiging van covid-lockdown, het hy al die ekonomie-veranderinge aangekondig. Hoekom? Want hy het geweet hy het ‘n ander agenda. Jy is reg, mnr President, Suid Afrika het ‘n ander ekonomie nodig. Een sonder julle rassisme (BEE) en korrupsie. Bring it on. Ek wil sien wat hulle doen sonder die “wit-ekonomie” se belasting.

Chris ·

Magtig mense, dit is ongelooflike goeie nuus, met inagneming van die heersende neerslagtigheid en swartgalligheid, is daar uiteindelik erkening gegee aan ‘n minderheid van “wit hande” wat die geknelde land se ekonomie aan die gang hou, dus nie almal met “wit palms” nie. (”swartgalligheid” voortaan verseker “witgalligheid” – witste armoede?

Johannes Andries ·

Mnr die president is jou verklarings in jou toespraak nie eintlik ‘n erkening en openbaring van jou mislukking as leier van die regerende party sowel as al jou voorgangers sedert 1994? Dikwels word daar deur u gese dit moet omgekeer word, ongelukkig wil dit voorkom dat jy baie kan praat maar niks totstand kan bring nie. Ons is moeg om te hoor “Apartheid is to be blamed” Solank julle verskoning soek vir julle onbevoegdheid vrees ek sal julle bly misluk.
Miskien moet jy “man-up” en verantwoordelikheid neem vir jou/Jul mislukking en begin vorentoe kyk, dan kan daar dalk hoop wees. ‘n Persoon wat vorentoe kan kyk die sal vir ons’ n leier kan wees, nie iemand wat net Sy mislukkings wil verskoon aan apartheid en die verlede. Maar as jy terug wil bly kyk se vir ons wat het jy gedoen as die vise president gedurende die Zuma plundering tyd? Jy het langs hom gesit en net Sy plundering van die land gekondoneer. Jy het baie te se oor Floyd se dood, maar wat die Mariana slagting by jou myn ?

Nico ·

Ideologie van “rassisme” rus op haat vir witmanskap, soos die Kommunisme dit verklaar het. Dir verklaar waarom daar klaarblyklik net Blanke “rassiste” kan wees maar nie ook Swart “rassiste” nie.Dit verklaar ook hoekom ‘n “Black Lawyers Association” nie “rassisties” is nie, maar indien enige Blanke organisasie geskep word, dit as “rassisties” beskou word en boonop deur die Handves van Menseregte verbied word.

Nico ·

So sê Beria die kommunis, so sal, “general degraded feeling” ontstaan, en sal die lojaliteit verander en besit geneem word van ‘n volk se waardes. In hierdie proses, sal gevetigde instellings vernietig word wat die nodige chaos sal voortbring om ‘n Kommunistiese staat te skep:
“[To] create the necessary attitude of chaos, idleniss and worthlessness [and] effefectively kill the national pride and patriotism of one generation…we will have won that country…therefore there must be continualy propaganda ….to undermne the loyalty of that citizense…By perverting the institution of a nation and bringing about a general degration…a population can be brought psychologically to heel..”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.