SA se skokkende plastiekvoetspoor

Die visse in die I&J-uitstalling by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad word gevoer, terwyl Fikile Sizwenya. die jongspan meer leer oor die oseane. (Foto: Elsabé Brits)

Soveel as ʼn derde van plastiekafval in Suid-Afrika word plastiekbesoedeling en dit maak die land een van die grootste besoedelaars van die see.

Dit is omdat die land min herwin en sy afval wanbestuur, het Lorren de Kock van die Wêreldnatuurfonds (WWF) op ʼn beraad oor plastiek wat deur die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad aangebied is, gesê.

Sedert 2000 het die land soveel plastiek vervaardig as in die 50 jaar voor dit. Daar word verwag plaaslike plastiekproduksie sal met 40% toeneem teen 2030. Soveel as 56% van die plastiekafval in Suid-Afrika word wanbestuur en by verre die meerderheid daarvan wat op strande opgetel word, is plastiek soos koeldrankdoppies, lekkergoedpapiere en bottels.

De Kock het bygevoeg dat net 17% van alle materiaal wat in Suid-Afrika herwin word, plastiek is.

Prof. Rinie Schenck, wat die leerstoel vir afval en die gemeenskap aan die Universiteit van Wes‑Kaapland beklee, het gesê die mense wat met hulle trollies in woonbuurte omkom en rommel versamel, asook diegene wat op die vullingsterreine herwin, word nie genoeg waardeer en gesteun nie. Daar is sowat 215 000 van die informele afvalsorteerders in die land en hulle kollekteer en sorteer 90% van die land se herwinbare produkte.

Suid-Afrika produseer 54,8 ton gemors per dag, die 15de hoogste ter wêreld en ons herwin net 10% daarvan. Tog kan soveel geld daaruit gemaak word – in Suid-Afrika word R17 miljard se herwinbare afval per jaar weg na vullisterreine geneem. Maar mense stort net soveel onwettige afval ook, “en dit is belangrik om dit te besef”.

Die mense wat vullis herwin, neem nie net plastiek en papier nie, maar ook stene, klere en verskeie ander produkte, “maar mense kyk neer op hulle en voel hulle is ʼn irritasie. Ons moet vir hulle dankie sê en dit makliker vir hulle maak. Hulle werk op plekke sonder water, koelte en toiletgeriewe. Die meeste munisipaliteite ignoreer hulle waar die terreine ook nie bestuur word nie,” het Schenck gesê.

Dr. Marcus Eriksen van die 5 Gyres Institute, het gesê sedert die 1950’s het 8,3 miljard ton plastiek in die oseane beland. Dié plastiek wat afbreek in mikro-stukkies kom nou oral in die oseane voor en om dit te probeer skoonmaak sal onmoontlik wees. Daar word gereken daar is triljoene sulke stukkies. Mikro‑plastiek is al in 50 spesies vis, soogdiere, seesout en skulpvis gekry.

“Dit is soos ʼn mis van mikro‑plastiek oor die oseane,” het hy gesê.

Navorsing wat gedoen is, het gewys indien jaarliks net 20% minder plastiek in die see beland vir sewe jaar, sal die hoeveelheid drasties afneem, omdat die see dit uiteindelik uitspoeg. “Ons moet die kraan van die land af toedraai,” het hy gesê.

  • Elsabé Brits is ʼn vryskut-wetenskapjoernalis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sanna ·

Kan daar asb ‘n artikel verskyn omtrent weggooidoeke? Watter handelsmerke plastiek in het en wat mens kan doen omtrent die silikon in dit, want weggooidoeke sal nooit uit die mode gaan nie. Ek het nie krag om lapdoeke uit te was elke dag nie, maar sal my geld spandeer op “goeie” weggooidoeke.

Agge nee Sanna! ·

My kinders grootgemaak met lapdoeke en dis g’n WERK nie. Mens kry mos (of HET, nie seker wat mens nou se dae kry) daardie spesiale seep/weekpoeier (Steri-nappy) gekry, in jou wasmasjien met regte dosis vir hoeveelheid water, laat staan ruk en die wasmasjien doen die werk. Silwerskoon! Weggooidoeke is regtig iets wat jare neem om op te breek indien ooit! En duur ook nog. Regtigwaar!

Sanna ·

Die 64 miljoen dollar weggooidoek industrie gaan nou oornag in duie stort weens jou kommentaar! As elke ma deurdenkte keuses maak oor watter weggooidoek sy koop sal al die vervaardigers omgewingsvriendelike doeke maak.

jennefer ·

Hier in Limpopo is daar n bevolkingsontploffing, die nappies le berge hoog, dan is ons stortingsterrein oorvol en brand nou al die laaste week.

sweis ·

Opvoeding en dissipline is nodig begin by skole toe ek op skool was het ons die praktyk van sib dit in n zibbi can en dit bly my vandag nog by.

Lize ·

Wat skokkend is, is hoeveel plastiek NIE herwinbaar is nie. Ek probeer maar soveel ek kan herwin en maak eco-bricks van die res. Van al die soorte plastiek is polistireen sekerlik die vieslikste want dit disentigreer glad nie.

Antionette Malan ·

Infrastruktuur sal op elke munisipale vullishoop geskep moet word vir herwinning net soos wat munisipaliteite rioolstrukture moes skep. Herwinning op hierdie manier, sal honderde mense v werk voorsien. Dit moet net geprivatiseer word. Dis hoekom herwinning op d huidige manier nooit sal werk nie. Dit moet behoorlik bestuur en gestruktureer word.

ek sê maar ·

Hier is iets skokkends: Plastic bottles: 70-450 years
Plastic bag: 500-1000 years
Tin can: around 50 years
Leather shoes: 25-40 years
Thread: 3-4 months
Cotton: 1-5 months
Rope: 3-14 months
Cigarette: 1-12 years
Milk packet (tetra) covers and drink packets: 5 years
Nylon clothes: 30-40 years
Sanitary napkins & children diapers: 500-800 years
Glass bottles: 1,000,000 years
Hairspray bottle: 200-500 years
Fishing line: 600 years.
Glass bottle; 1-2 million years
Aluminum can: 200 years

Van die dinge is debatteerbaar want bv weggooidoeke bestaan nog nie 500 jaar MAAR dis waarop hul dit beraam met navorsing. Komaan, die spreekwoord sê “charity begins at home” maar so ook herwinning en koolstofvoetspoor verminder. Elke mens behoort sy ding te doen!

Koos Ubuntu ·

Hierdie vesamelaars of askan krappers het geen sin vir higiene nie. Waar hulle die goed ophoop lyk en ruik dit soos m stortings terein, dit wat hulle nie wil verkoop los hulle net so, meeste van die gemors is op hoof toegangsroetes na stede

Tongindiekies ·

Nie alleen is SA se finansiele status rommel nie maar ook die fisiese status!

Jakes kruger ·

Nou waar is die geld wat op plastiek sakkies gehef word by winkels? Was kwansuis n belasting wat gebruik gaan word om herwinnings projekte aan te pak…..daar het niks van gekom nie, die geld verwyn net in die dieptes van die koffers…

Wielspore ·

Wat word van die heffing (koop) van plastiek sakkie, sou dit nie gebruik word vir herwinnings aanlegte.

Hendrik ·

As ons nou maar net ‘n eerlike regering in plaas van ‘n kleptokrasie gehad het, sou die antwoord baie eenvoudig wees: Belas die vervaardigers en invoerders van plastiek dat die blou rook op hulle staan en gebruik daardie geld om herwinning te befonds.

Hartseer ·

As mens langs die paaie ry en sien hoeveel gemors net daar neergegooi word, dui dit hoeveel respek het ons land vir die natuur en vir ander. Ons gaan by die basies moet begin in hierdie land, soos gooi vullis in ‘n asblik. Dan eers kan mens begin met, wat is herhinbaar en wat nie.

Annie ·

Minister van Omgewingsake moes baie vroeër al begin optree en daadwerklike regulasies en wette grmaak én geïmplementeer.het Verbied strooitjies !Verbied plastieksakke wat nie bio-degradeerbaar is nie. Daar is alternatiewe.Groot luukse kettingwinkel se meeste verpakking ” not currently recyclable” Dit wil voirkom of burgerlike druk maar die proses om groener te leef sal moet dryf.. van regeringskant en selfs van groot besighede word weinig gedoen.

Engela ·

Ons is seker maar net gelukkig. Die herwinnings-versamelaars hier by ons neem net wat hulle kan herwin en los die straat netjies. Ek het nog nooit gesien dat een van hulle ‘n gemors agterlaat nie. Hulle trollies is net so netjies, ingedeel vir elke ander soort materiaal. Ek probeer dit vir hulle ‘n bietjie makliker maak deur ons blik, papier, glas en plastiek vooraf in aparte houers in die vuilgoedblik te sit. Ons munisipale vullislorrie darenteen kom net wanneer hulle wil. Ons beurt is Vrydae. Vrydag kom en gaan. Dinsdag kom haal hulle die vullis. Daai Vrydag kom hulle toe op die regte tyd. Hoeveel het ons kon opgaar in 3 dae? Ai, ai, ai.

Goeie nuus@Herwin ·

Het op goeie gesag verneem dat die onherwinbare plastiek partikels reeds in die VK (moontlik ook elders?) saam met teer gebruik word om paaie te bou. Daar sal binnekort n proefneming plaaslik wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.