SA se staaluitvoere nie bedreiging vir VSA-sekuriteit nie, sê Davies

Minister Rob Davies (Foto verskaf deur die departement van handel en nywerheid)

Suid-Afrika se staal- en aluminiumuitvoere na die Verenigde State van Amerika hou nie enige bedreiging in vir Amerika se nasionale sekuriteit nie, sê Rob Davies, minister van handel en nywerheid.

Davies is in Washington DC in gesprek met Amerikaanse handelsverteenwoordiger ambassadeur Robert Lighthizer, Amerikaanse handelsekretaris Wilbur Ross, en senators Chris Coons en Johnny Isakson.

Davies het gesê Suid-Afrika se staaluitvoere na die VSA is minder as 1% van algehele Amerikaanse invoere en 0.3% van die algehele vraag na staal in die VSA. Alhoewel dit ʼn klein fraksie van Amerika se invoere verteenwoordig, verteenwoordig dit 5% van vervaardiging in Suid-Afrika – altesaam 7 500 poste in die staalbedryf, het die departement van handel en nywerheid Sondag gesê.

Suid-Afrika se aluminiumuitvoere na die VSA verteenwoordig ongeveer 1.6% van die VSA se aluminiuminvoere. Suid-Afrika verskaf gespesialiseerde aluminiumplate, kronkelvere en plate vir motors, batterye en die vliegtuigbedryf in Amerika. “Dit is duidelik dat Suid-Afrika gevolglik nie ʼn bedreiging inhou vir die VSA se nasionale sekuriteit en die staal- en aluminiumbedryf nie.”

Die Amerikaanse regering het vroeër besluit om invoertariewe te hef op staal en aluminium, op grond van nasionale sekuriteit.

Davies het ook sy kommer uitgespreek oor invoertariewe op motors en motoronderdele. In hierdie geval het hy gesê Suid-Afrika verteenwoordig slegs 0.4% van algehele invoere van motorprodukte in Amerika.

Davies en Lindiwe Zulu, minister van kleinsakeondernemings, is in Washington DC om aan die 17de Agoa (Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika)-forum deel te neem. Die forum bring handelsminister van Agoa-lande, die Amerikaanse regering, die privaat sektor, en burgerlike samelewing bymekaar om die implementering van Agoa onder die tema “Forging New Strategies for US-Africa Trade and Investment Forum” te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

marous ·

Die uwe moet sommer in dieselfde asem vertel wat het met die room van enige land se nywerheid naamlik Buro van Standaarde onder sy wakende oog gebeur …sommer ook hoeveel belasting die suid afrikaners moet betaal op invoere wat reguit na sy regering se sakke gaan.

Vryheid ·

Suid Afrika het seker gedink die VSA is verlee oor hulle. Hahaha….. Suid Afrika beteken bitter min vir eerste werelds lande net die anc wat dink hulle is belangrik.

Wessel ·

Davies, gee net pad, jy het in die tyd van jou indiens die land ongelooflik skade aangedoen.

henk ·

Hoe bedel hulle nou na wit monopolie kapitaal. Gaan soebat maar vir Euoropa om die handelsverdragte weer in te stel.

Rupert Ashford ·

Nee die uitvoere is nie ‘n bedreiging nie, maar hoe julle stem by die VN, en met wie julle heul internasionaal is wel. Betaal julle tariewe.

Johan ·

Waar is die 1970 tot 1970 toe Suid Afrika duisende tonne staal uit gevoer het. Waars Yskor. Dankie Anc.

Johann van Cullinan ·

Ek was ongelukkig een van 300 mense wat ons werk in Augustus 2015 verloor het, deur die goedkoop staal invoere van China af. Ons het ‘n onnosele anc ( met klein letters) regering. Werk skep- wat wou. Eerder korrupsie en werkloosheid aanhelp deur hulle BEE en sulke nonsens.

jaco ·

verbeel ek my, of is dié minister wit? Dis darem vreemde “regstellende aksie” deur ‘n party wat andersins vir wit mense wat werk soek sê “jammer jy kry nie werk nie want jy is wit” en vir kleurlinge en indiërs sê “sorry no job for you because you are not black enough” en “geen werk vir julle want die ‘nasionale demografie’ moet weerspieël word”.

jakes ·

Die agbare 2 ministers herinner my aan Laurel en Hardy. Goeie narre maar niks anders nie.

Afrikaanse Knaap ·

Die VSA weet al dat hierdie regering net geld soek. Die kommuniste gaan vra vir die krummels van die kapitaliste.

bgj van der westhuizen ·

dit is die anc regering se skuld wand as hulle op gehou het om te krap aan die usa dan sal dit nie gebeur het nie baie dom om die hand te byt wat jou voer dan kom jy so oor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.