SA se superrykes: Wie hulle is en waar hulle woon

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika het nagenoeg 46 800 dollarmiljoenêrs, individue wat ʼn rykdom van meer as $1 miljoen (nagenoeg R12,3 miljoen) het.

Dit is volgens New World Wealth se jongste navorsingsverslag. Volgens die verslag het Suid-Afrika 2 060 multi-dollarmiljoenêrs, individue met ʼn rykdom van meer as $10 miljoen (nagenoeg R124 miljoen).

Andrew Amoils, hoofnavorser by New World Wealth, het gesê volgens die verslag is 14 700 (of 31%) van Suid-Afrika se dollarmiljoenêrs uit voorheen benadeelde groepe. In die Indiër-/Asiatiese kategorie het die getal dollarmiljoenêrs van 3 600 in 2007 tot 9 800 in 2014 toegeneem. Die getal swart dollarmiljoenêrs het van 2 300 in 2007 tot 4 900 in 2014 toegeneem. Die getal wit dollarmiljoenêrs het van 36 900 in 2007 tot 32 100 in 2014 afgeneem.

'n Huis in die luukse Zimbali-landgoed. Foto: Private Property/Seeff

‘n Huis in die luukse Zimbali-landgoed. Foto: Private Property/Seeff

Johannesburg huisves die meeste van die land se dollarmiljoenêrs, naamlik 23 400 (of 50%). Kaapstad het 8 900 dollarmiljoenêrs, Durban 2 700 en Pretoria 2 500 dollarmiljoenêrs. In die multi-dollarmiljoenêr-kategorie is Sandhurst in Johannesburg die gewildste woongebied met 130 multi-dollarmiljoenêrs wat hier woon, gevolg deur Hydepark en Bryanston.

In Kaapstad woon 50 multi-dollarmiljoenêrs in Kampsbaai, gevolg deur Bishopscourt, Constantia en Tokai. Ander gewilde woonbuurte is Knysna, Plettenbergbaai, Umhlanga, Stellenbosch, La Lucia, Franschhoek en Hermanus. Die gewildste landgoedere is Zimbali, Erinvale, Blair Atholl en Silverhurst.

Op grond van geloof maak Christene die grootste groep dollarmiljoenêrs uit, naamlik 28 900. Suid-Afrika het 5 300 Moslem-dollarmiljoenêrs, 4 300 Hindoe-dollarmiljoenêrs en 2 500 Joodse dollarmiljoenêrs.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

zahn ·

Nee o genugtig, nou word regstellende aksie darem te ver gevat, die blankes raak minder, swartes en indiers meer. Hoekom geen statistieke oor kleurlinge nie?

Elfie ·

Soveel miljardêrs was natuurlik nie moontlik in die vorige bedeling nie, want daar het nie so baie selfverryking deur diefstal plaasgevind nie. Miljoenêrs het meestal deur baie harde werk hul rykdom bekom.

Theresa ·

Uitstekend gestel Elfie. Onthou ook die “ondergrondse” skelmstreke ………………

CHRISTA ·

Wonder waar staan Zuma op die lys – net sy huis alleen is nagenoeg ‘n kwart miljard!!!

Carine ·

Dit is enkel en alleenlik die oorsaak van demografiese verandering in die land SuidAfrika in ‘n tipiese Afrikaland te omskep. Kyk hoe lyk dit in die buitewyke van g root Afrika-stede: Massiewe luukse wonings met hoe mure en wagte by die hekke, in die middel van krotbuurte met half-teer-half-stop strate. Blinks motors en 4×4 SUV’s gly oor die slaggate in die strate waar uitgeteerde kinders met klippies sit en albaster speel. Ek wonder net of dit gaan wees hoe Sandhurst in die toekoms gaan lyk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.