SA se top-universiteite volgens wêreldranglys  

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: https://www.news.uct.ac.za

Die Times Higher Education-ranglys van die wêreld se voorste universiteite is pas uitgereik.

Altesaam 1 258 instellings wêreldwyd verskyn op die 2019-ranglys. Die Times Higher Education World University Rankings bied die volledige lys van die wêreld se beste universiteite wat volgens onderrig, navorsing, akademiese verwysings, internasionale aansien en bedryfsinkomste geëvalueer is.

Die Universiteit van Kaapstad is eerste op die lys van Suid-Afrikaanse universiteite en 156ste op die wêreldranglys. Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is die volgende op die ranglys in die kategorie 201-250. Die Universiteit Stellenbosch (US) is in die kategorie 301-350 en die Universiteit van KwaZulu-Natal is in die kategorie 401-500.

Die Universiteit van Johannesburg, die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Wes-Kaapland is in die kategorie 601-800. Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) is in die kategorie 1001+.

Hier is die lys van die wêreld se tien top-universiteite:

  1. University of Oxford, Verenigde Koninkryk
  2. University of Cambridge, Verenigde Koninkryk
  3. Stanford University, VSA
  4. Massachusetts Institute of Technology, VSA
  5. California Institute of Technology, VSA
  6. Harvard University, VSA
  7. Princeton University, VSA
  8. Yale University, VSA
  9. Imperial College London, Verenigde Koninkryk
  10. University of Chicago, VSA

Klik hier om die volledige ranglys te sien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Daan Erasmus ·

Gee vir ons Suid-Afrika se top 10. Die ander is bloot van akademiese belang.

ITJ ·

LOL 156 is nr1:D well done SA! Beweeg ook maar net op ne ;D hahahaha

Celtis Africana ·

Uit die top 100 is 89% in lande wat as die Weste beskou kan word en 11% in Asiatiese lande soos China, Japan en Suid Korea.
Dit is dan ook op ekonomiese gebied, die mees welvarende lande.
Die akademiese en ekonomiese voortreflikheid loop soos n goue draad saam.

TP ·

Jip. So paar jaar terug (dink 2 jaar) was Zim in die top 100…

jakes ·

Voor 1994 was Stellenbosch en Tukkies as gerekende instellings wereldwyd beskou. Na 1994 is die slaagsyfer standaard aansienlik verlaag om student te huisves wat net-net matriek geslaag het. SA se studente wil alles verniet he, ingesluit hul grade. Boonop is die slaagsyfer van eerstejaars minder as 50 % en verlaag die slaagsyfer nog verder in die teede en derdejaar. Sekere universiteite in die buiteland erken glad nie studente se kwalifikasies wat by sekere uiniversiteite in SA behaal is nie.

Paul ·

Maar voor 1994 was die hele land se standaard net te hoog om te handhaaf, dus moes als daarna afgebreek word toe op die vlak waar ons vandag is, daar waar dit vir die ANC regering hanteerbaar is.

Casper Labuschagne ·

Enige verlaging in algemene akademiese standaarde beteken geensins dat dit die land ryker maak deur groter getalle gegradueerdes te hê nie, eerder beroof dit diegene wat wel grade bekom, van die waarde wat daardie kwalifikasies veronderstel was om te hê.

Deon ·

As jy vat dat daar 2618 universiteite in die wereld is dan doen ons s’n glad nie te sleg nie…..

Casper Labuschagne ·

@Deon, bogenoemde lys is 1,258 instellings in ontwikkelde lande wat volgens hul uitsette in navorsing en akademiese uitmuntendheid beoordeel word. ‘n Oorsigtelike soektog op die Internet het een bron aangedui met meer as 40,000 universiteite in die wêreld terwyl webometrics.info ‘n bladsy het wat universiteite per land lys en wat op 28,077 universiteite neerkom. Op daardie lys is SA sowat dertigste, wêreldwyd.

Oud-PUK ·

Is daar ‘n rede hoekom die Noordwes-Universiteit nie op die ranglys verskyn nie?

Graham ·

Ek is self n oud-PUK. Die instellings word teenoor verskeie kriteria gemeet om hul rang te bepaal. Ongelukkig glo ek nie NWU vaar so wel op sekere gebiede, vandaar hul afwesigheid.

Estelle ·

Dit is om van te huil. Nie eers ñ nr 1 posisie in SA is van enige waarde nie.

Adam ·

Es, as jy nie ‘n ANC lis is nie, moet jy hulle asb nie weer blameer wanneer hulle in die verlede leef nie. Vergeet die verlede; ons probleem is dat ons huidiglik absoluut treurig is en die verlede gaan nooit weer terugkeer nie.

Sann ·

Die “verlede” is glad nie in hierdie geval so irrelevant nie, Adam. Die standaard was daar gewees, dit moes net gehandhaaf kon word. Dit het nog altyd gewerk om voort te bou op die goeie. Niks krimineel of verkramp daaraan nie, net gesonde verstand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.