SA se topverkoper-sigaret is onwettig

sigarette

Foto: Sipa/Pixabay.com

ʼn Studie deur Ipsos het bevind dat Suid-Afrika die eerste land ter wêreld geword het om toe te laat dat ʼn onwettige sigarethandelsmerk ʼn topverkoper word.

Verkope van Gold Leaf Tobacco se RG-handelsmerk het alle wettige handelsmerke verbygesteek. Ipsos se jongste studie oor die tabakbedryf het bevind dat die verkoop van onwettige sigarette dramaties toegeneem het ondanks die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se pogings om dit te voorkom.

Net die aksynsbelasting en BTW op ʼn pakkie van 20 sigarette is R17,85 terwyl die RG-handelsmerk ʼn gemiddel van R10 per pakkie kos en dus die geld wat aan die Inkomstediens moet gaan ontduik. ʼn Hofuitspraak in 2015 het beslis dat sigarette wat vir minder as die minimumbelasting verkoop word, as onwettig verklaar kan word.

Volgens die studie het sigarette wat vir minder as R17,85 per pakkie verkoop word se markaandeel met meer as 25% gestyg in net drie maande.

Ipsos het gesê sigaretvervaardigers wat hul sigarette vir minder as die minimumbelasting verkoop, het hul verspreiding uitgebrei in dieselfde tyd wat die SAID onderneem het om op dié onwettige mark toe te slaan.

Gold Leaf Tobacco verteenwoordig nou 73% van die mark vir onwettige sigarette, volgens Ipsos, en is sterk op pad om die grootste tabakvervaardigingsmaatskappy te word deur verkope in die land. Volgens Ipsos is Gold Leaf Tobacco se grootste mededinger, Best Tobacco Company, en verkoop hul handelsmerk Caesar ook vir gemiddeld R10.

Ipsos se jongste studie is die tweede van sy soort die jaar. ʼn Verteenwoordigende steekproef van 2 058 kleinhandelaars se verkope is geoudit, met behulp van ʼn metodologie wat deur plaaslike en internasionale navorsingsdeskundiges en akademici hersien is. Die navorsing is gedoen op versoek van die Tabakinstituut van Suid-Afrika (Tisa).

“Dit is waardevolle navorsing en moet dringend die regering se beleid en aksies om onwettige sigarette te bekamp aanvoer ten einde die regering se inkomste te verhoog deur middel van belastinginvordering,” het prof. Nicola Theron, besturende direkteur van Econex, gesê.

Ipsos het gesê in die drie maande sedert die eerste studie het tabakprodukte, wat vir laer as die minimumbelasting verkoop word, van 33,1% in Junie gestyg tot 41,8%. Dit beteken dat die SAID nou minstens R8 miljard per jaar verloor.

Francois van der Merwe, voorsitter van Tisa, het gesê die regering moet deeglik besin voordat hy die aksynsbelasting in die wettige mark weer verhoog en totdat hy in staat is om belasting te kry by diegene wat nie betaal nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Vra vir Tom ·

Vra vir Tom Mojane, he reken mos hy is die beste SAID komm gewees in donkiejare. Hy het die optrede teen smokkel en nagemaakte sigarette stop gesit, julle sal nog sien hoe kom die zupta konneksie uit

Wonder net ·

Wil iemand dit regtig stop?
Dit is weer ‘n geval van eerlike besigheid moet die belasting betaal en kan nie op die vrye mark meeding nie.
Wie is die aandeelhouers in Gold leaf?
As die regering regtig wil kan hulle die vervaardiging en verkope stop, Haal produk van die winkelrakke af en verbrand dit.
Nee wat hulle wil dit nie regtig stop nie, liewers belasting weer net verhoog.

BobJan ·

Die probleem is dat Die onwettige sigarette deur die Pakistani Corner Caffee’s en straat hoek vendors verkoop word. Kan nie van rak afgehaal word nie want daar is nie ‘n rak nie, dis onder die counter.

Hendrik UAE ·

R8 miljard wat darem uit korrupte sakke gehou is.Hoop net die rokers gebruik die verskil in prys baie wys………….

Realis ·

Maak die sigarette goedkoper, verhoog die teer, nikotien en ander giwwe se inhoud, haal waarskuwings van pakkies af en die probleem van sigaretrook behoort binne een geslag van rokers uitgesorteer te wees. Hou hulle net intussen weg van nie-rokers af.

Anoniem ·

BekBLus, ek neem aan jy is ‘n roker.

Realis is slimmer as jy dink. Daar is absoluut GEEN voordeel aan rook nie. Dit benadeel vanaf ongebore babas tot oumense met emfiseem. Ek wens sigarette kan van die aardbol af verdwyn.

gedagte ·

Ek stem nie saam met meeste van julle se kommentaar oor siggarette nie,die wat se dit moet van die aarde af verdwyn,…wat van drank dit moet dan ook onder dieselfde kam gekam word,want drank na regte doen meer skade aan ander as wat Sigarette doen. Kom ons neem die een voorbeeld dronk bestuur,daar is meer mense dood aan dit nog nie van baie gevalle gehoor die iemand homself dood gerook het nie.

Mickey ·

Dit voel vir my of niks meer onder beheer is in hierdie land nie. Maar in elk geval rook is so ongesond…hoop maar die mense wat die gewoonte wil afskud kry dit reg.

Anoniem ·

Hulle sal dit nooit stop nie want dit is die einste smokkelaars wat Julius Malema se party se gelde voorsien en as die smokkelaars dit vir Julius doen hoe weet ons hulle doen dit nie vir ander partye ook nie.

Sus ·

Iemand kry weer ‘n “kick back” dis hoekom daar niks aan gedoen word nie … en dis nie asof the owerhede nié weet hoe die ontwettige sigarette die land binnekom nie …

Jacques ·

Een van die probleme met onwettige sigarette is dat dit meer skade aan n persoon doen agv die goedkoop inhoud daarin . Die kwaliteit is nie eers amper dieselfde as n pakkie sigarette van R 40.00 plus nie . My vraag is egter , wat verwag die regering as alle lewensomkostes daagliks opgaan maar inkomstes bly konstand ? Ek praat glad nie die verkoop van die goedkoop sigarette goed nie , maar mens moet ook kyk wat die dryfkrag agter so iets is .

Johan H. ·

Al hoekom said kla is omdat hulle geld verloor.Hulle voel vere vir die regte belasting betaler. Hulle is tesame met die kabinet se anc e bbbee die land se grootste stelers.

nie -roker ·

hier by ons verkoop die sigarette vir r5.50 n pakkie
Red and Black

Johann ·

Is dit ‘n kriminele oortreding om onwettige produkte te verkoop? Moet al die supermarkte in my deel van Pretoria toegemaak word omdat hulle onwettige items verkoop?

Poot ·

Dit is maar net weereens ‘n bewys van sosialisme. Taxed to death. Waar in die lewe het jy gehoor dat ‘n produk nie vir minder verkoop mag word as die voorafbepaalde belasting nie?
So……. ons bepaal eers wat ons jou gaan belas, dan betaal ons jou salaris. En dit mag nie meer wees as jou belasting nie.
BELAGLIK!

Anti-rook ·

Ek wens rook word verban! Dit stink en is ‘n onregverdige “hobbie’, veral by die werk. Sommige rokers het omtrent 10 “smoke-breaks”, terwyl die nie-rokers maar moet werk . Praat jy hul aan, word jy “aangeval”. Dankie tog ek is ‘n nie-roker en trots daarop dat my longe skoon is en ek nie soos ‘n tabakfabriek ruik nie.

Se maar net ·

Anti -Rook ek neem aan jy gaan gesels nooit met kollegas, drink tee of koffie of spandeer dalk n rapsie te veel tyd op die internet op n dag by die werk nie ne. Weet nie vra maar net.
Asem jy ook geen giftige gasse in terwyl jy dalk werk toe ry nie, het jy al jou longe laat toets is dit werklik skoon?

Annelize ·

My seun reken RG staan vir “Reguit Graf toe”.

Ek moet se ek stem nogals. Ek self is nie ‘n roker nie, maar goeie genade, daardie sigarette vrot! Seker maar oor al die ongereguleerde en substandaard gemors wat in dit is. ‘n Kollega rook die goed, en ek kan gerus opgooi as sy van buite af inkom na sy ‘n dampie geslaan het, so stink die vrou. Persoonlik gaan ruik ek liewer aan ‘n Donkie-vy voor ek die walm moet inasem wat saam met haar in die kantoor in dwarrel.

Veritas ·

Ek rook dit en ruik niks stink nie. Julle is meer vol twak as die sigarette.

Johann ·

Ek en van my polisie vriende rook nou almal RG vir n lang tydperk.

HPV ·

Vir hoe lank het die anc regime gedink hulle kan verbruiker melk sodat hulle ongehinderd kan voortgaan met hul wanbesteding, die volgende is brandstof en drank.

christa ·

hoekom nie sommer alle sigarette verban nie? nee dis mos geld is SAID se sak.

HUNTER ·

Hierdie is tien teen een net ‘n druppel in die emmer. Ek glo daar is duisende ander onwettige swartmark transaksies wat voorkom in Suid Afrika om die belaglike belasting vir die regering se sakke te ontduik.

Grassie ·

Die invoer en verkoop van alle tabakprodukte behoort verbied te word. Om te rook is ‘n vieslike gewoonte wat net nadele het en geen voordele nie, behalwe die aksynsbelasting wat die regering hef. Daar is ook stories van groot bydraes wat die tabakhandelaars aan politieke “leiers” en politieke partye maak.
Siende dat die landsburgers nou papegaaislaai in hul tuine mag kweek kan hulle mos hul eie twak ook daar kweek as hulle dan so graag hul gesondheid wil verwoes.

Nettie ·

Die vervaardiging, invoer en verkoop van alle DRANK behoort verbied te word. Om alkohol te drink is ‘n vieslike gewoonte en het geen voordele nie, veral nie as mense dronk agter die stuur van hul voertuie inklim en ‘n ongeluk maak wat mense se dood veroorsaak of dronk op die paaie (voetgangers) is is en doodgery word nie. Blah-blah-blah-blah …….

Hoeveel mense sterf daagliks a.g.v. rook en hoeveel sterf daagliks a.g.v. ongelukke wat deur dronk bestuurder of om onder die invloed van drank te wees veroorsaak word? “Bottom line” is: jy het ‘n keuse om te rook of nie te rook nie. Jy het ‘n keuse om ‘n ordentlike soot sigaret te koop of die goedkoop soort te koop. Toe ek nog gerook het (en dit was nog baie onlangs), het ek geweier om van my “brand” afstand te doen, maak nie saak hoeveel dit gekos het nie.

En ja – daai goedkoop soort sigarette (en Peter Stuyvesant!) STINK – nie vir jou nie, maar vir die ou wat jou rook moet inasem of met jou rook-asem moet saamleef/werk …. Ek is BAIE bly dat ek opgehou rook (en drink) het.

LS ·

Ai…ou Nettie. Soos jy dit stel klink dit vir my dat jy tot onlangs toe nog “vuil” was. Noudat jy dink jy is skoon, nou wil jy jou mond kom uitspoel oor ander mense se slegte gewoontes. Maar dit daar gelaat.
Drank en Rook is al so oud soos die mensdom self. Om dit te verbied sal nooit gebeur nie. Inteendeel as dit sou gebeur sal die onwettigheid in die handel en gebruik daarvan die hoogte inskiet….wat dan… gaan ons nog meer polisie aanstel (op ons belasting geld) om die soort van wette instand te hou. Ek dink ons moet dit maar aanvaar dat die soort van “sonde” hier is om te bly. Eintlik moet ons meer ernstig begin beredeneer hoe die bedryf meer aanvaarbaar gereguleer kan word.

Frans C ·

Dit is ‘n kwessie van vraag en aanbod.Daar is ‘n vraag na ‘n goedkoper alternatief onder rokers en onwettige handelaars bevredig die vraag met ‘n bekostigbare aanbod.

Die regering se gedurige verhogings op ‘sonde produkte’ het nou ‘n punt bereik dat wettige produkte (sigarette) hul uit die mark geprys het en inkomste vir SARS uit dit daal.’n Beter voorbeeld van hoe vraag en aanbod werk sal jy nie kry nie.

Reinhardt ·

Dankie! Uiteindelik iemand wat verstaan hoe werk n vrye mark. Dis eenvoudige vraag en aanbod. Die regering moet ophou inmeng in besigheid. Laat die mark homself korrigeer.

Anoniem ·

Julle slaan die spyker op die kop met al die belastings wat ons moet betaal kan geen mens by alles uitkom nie. Maak sigarette goedkoper sodat mense dan ordentlike sigarette kan rook as die goedkoop sigarette so vol gemors is. want soos dinge nou gaan is dit goedkoper om dagga te rook as gewone sigarette. Mense wat sigarette rook is nie ‘n gevaar vir enige buitestaander nie maar kan jy jou voorstel as almal oorgaan op dagge wat wettig is wat se ga os op ons paaie en strate gaan wees. Dit is die regering se eie skuld dat burgers na goedkoper sigarette moet gaan. Dit gaan ook nie hier oor stink en gemors nie dit is elke person se eie keuse

Robby ·

Die hele storie rondom goedkoop sigarette is net so groot klug soos die brandstof pryse wat buite beheer is. Niemand gee ʼn flenter om nie. As iemand minder betaal en gouer doodgaan van kanker. Dan is dit mos beter. Drank en sigarette gee albei kanker. So why worry?

Robby ·

Die hele storie rondom goedkoop sigarette is net so groot klug soos die brandstof pryse wat buite beheer is. Niemand gee ʼn flenter om nie. As iemand minder betaal en gouer doodgaan van kanker. Dan is dit mos beter. Drank en sigarette gee albei kanker. So why worry? Indien hy minder betaal vir tabak gaan jy in elk geval meer spandeer aan drank.

Hendrik ·

As nie-roker gee ek regtig nie om nie. Almal verloor hierso: Roker verloor gesondheid en regering verloor belasting. Wat wel belangrik is dat grensbeheer nie op standaard is nie en dat algemene smokkelhandel ‘n misdaad element onder die bevolking vestig.

HESTER NEL ·

Maak rook onwettig in Suid-Afrika dan is die probleem opgelos veral vir ons wat nie rook nie……………

Reinhardt ·

Maak rook onwettig, dan rook almal eenvoudig onwettig. Dit stop niks nie, dis al menige kere bewys. Terloops eks n nie-roker. Geen regering moet kan voorskryf wat goed of sleg vir jou is nie, met die voorwaarde dat jy nie ander benadeel nie.

SoosDitIs ·

Dit gaan nie gebeur nie, dagga is dan nou al wettig hier.

Robby ·

Mense kla elke dag kos is duur. Vleis is duur. Nou wonder ek maar net waar kry hulle geld vir sigarette en drank wat ook duur is. I test my case.

John ·

@Realis terwyl ons besig is, kom ons verhoog die kaffeïen vlakke in koffie na gevaarlike dosis, gooi iets by alkohol om dit nog meer dodelik te maak, alles wat kolesterol kan veroorsaak moet ook sommer meer gevaarlik gemaak word.

Almal is verslaaf aan iets, niemand is ‘n engel nie. Gun party mense die plesier, dit is dalk die enigste plesier wat hulle het in hul lewe. Baie rokers probeer om nie tussen nie-rokers te rook. Daar is baie goed in hierdie wereld wat ons doodmaak, hartversakings agv ooreet is net so groot probleem maar daar word geen ophef daaroor gemaak nie.

ne ·

Darem maar snaaks dat op ‘n pakkie RG sigarette staan : Vervaardig in Suid Afrika.

Hoe kry ek nou die kloutjie by die oor? Kan iemand dit vir my verklaar asb???

Danie Basson ·

Brens, nou pra jy! enigste kommentaar wat sin maak… Viva Brens! My plante staan al heuphoogte.

bj smit ·

ek lees so oor die slegte gewoonte van rook en die stank daar van die nie rokers het hulle monde vol oor dit ek wilnet weet of hy en sy al geruik het hoe stink drank dan wil ek ook se dat drank meer mense per jaar dood maak as rook hel hier kom n ding

humor ·

Ag man in my kinderdae het ons donkiemis fyn gevryf en n zol geswaai. Niks oorgekom nie. Net n pak slae op die lyf geloop. En vandag is ons gesond en op pad na 80 toe. Ook geen geld aan Jan Taks afgestaan nie.

Isabel ·

Veroordeel jou nie omdat jy vloek, skel, skinder en ander kras oordeel nie…… so los ons rokers uit, elke diertjie sy plesiertjie… as jy dit nie like nie loop weg en gaan sit op n ander plek… so maklik soos dit ?

Jan ·

Ek was nou die dag daar in die groot stad. Die rokers lyk sommer baie gesonder as die ander. Met die lugbesoedeling daar is dit beter om n roker te wees. Ten minste haal jy twintig keer op n dag deur n filter asem.

HPV ·

Jan jou filter redenasie maak nogal sin. Kyk by eetplekke se rokers areas, baie minder oorgewig mense as in die nie-rokers kant.

Stuiwer ·

@ne, die tabak word ingevoer van tabakproduserende lande soos Malawi. Dan word die rou tabak blare hier gerol en verkoop (aksynbelasting op blare is minder as reeds vervaardigde produk). Daarom is party welbekende handlesmerke soveel goedkoper. Alhoewel nie swakker kwaliteit siggaret nie. So word dit in Suid Afrika “vervaardig”.
Die duurder handlesmerk kry ook “eerste opsie” van die tabak wat van dieselfde boer se plaas af kom. En natuurlik vervaardiginsproses is duurder.
Hang af watter tyd van die maand dit is; dit kies wat ek koop.
Op daai not, ek gaan vir “smoke break”.
@Anti-rook- ou storie daai, rokers gaan rook, kom terug en werk. Sommige nie-rokers staan ure en klets en loop rond.

Willi ·

Daar is niks verkeerd met die vrye mark stelsel nie. As iemand iets wil verkoop teen ‘n sekere prys is dit sy reg om dit te doen. Hoekom moet daar eers belasting bepaal word alvorens ‘n maatskappy die reg het om iets te verkoop. Hoekom geld die reel dan nie vir ALLE produkte wat verkoop word nie. Verban dan maar ook drank of pas dieselfde reel toe. Dit stink net soveel as sigarette en is ook skadelik vir almal. Belas dan sommer ook al die vet en oorgewig mense en al die ander sondes van die mensdom.

C Botha ·

Dit is regtig LAG WEKKEND dat almal kla oor sig maar ons geverment het DAGGA wettig gemaak wat baie mense grooter benaadeel as sig dit is vir my skree snaaks GROETE CB

Staak saam ·

Dit is n no brainer, hoekom moet ek R50 vir n pakkie siggarete betaal wat presies dieselfde skade doen as n R5 pakkie.
En so belas die regering hom uit n inkomste, hou maar net dop, dagga sal nog goedkoper as siggarete word en mampoer sal ook nog die beste verkoper onder drank word.

Piet Pompies ·

Ek hou my nie op met twak, gelukkig kon ek die gewoonte jare terug afleer. My seun en sy vriend rook ook hierdie ingevoerde sigarette, koop dit in ons woonbuurt teen baie minder as enige ander sigarette in SA.
Wat ek nie kan verstaan is as dit die beste verkoper sigarette is, hoe is dit moontlik dat dit ongesiens oral in die land versprei word, of is dit ook maar net ‘n kwessie van die smokkelaar wat sy roete koop by die Polisie.
Die verkoper betaal sy kwota aan die regstoepasser en die besigheid gaan voort.
My brand jare terug was Chesterfield, Paul Revere en dan net na maand einde… Camel.
Trek maar die onwettige twakkies…….. loer net so nou en dan oor jou skouer en hou R20 byderhand……. jou belasting geld indien die wetstoepasser sou vra…

TC ·

Hier waar ek bly is polisielede grootste kopers van die sigarette. Hoekom oor R30 vir pak betaal as die belasting daarop net weer in bodemlose put gegooi word. Vanoggend weer gelees SAA deur 5 miljard in 30 dae. Nou soek hulle nog. Hulle moet eers huis skoonmaak.

Jenny Nel ·

Hoekom huil julle …..wat moet hulle dan rook GAGGA…elke ou het sy/haar plesiertjie….!!!

Yvonne Joffie Nel ·

Ek stem Jenny Nel…. Ons almal het ñ verslawing – rook, alkohol, pille, kos….. Alkohol misbruik, Vernietig meer lewens as rook….

Dries ·

Gaan kyk in hospitale hoeveel klein kindertjies en babas in suurstof tente is asgevolg van die ouers se gerokery. As jy daaroor praat kom die verskoning maar ons rook nie naby die kinders nie. Dis n klomp bog . As n ouer n kind vashou, as hy klaar gerook het, dan asem die kind daai rook nog in wat nog kleef aan die ouer se klere. Dan praat ek nie van die gordyne in die huis.

Jeremia ·

Die Pakistani’s en ander Oosterlinge wat hierdie sigarette verkoop, kon natuurlik hul belange uitbrei en nog familie laat kom.
Hulle kla glad nie oor die ondersteuning van rokers nie.
En die regering steek ook nie ‘n stokkie daarvoor nie.
Trouens die geredelike beskikbaarheid van dwelmiddels kan voor dieselfde deure gelê word.

Weet nie ·

Snaaks ek hoor nou niks van die ander sondes soos bv. drank ,dwelms ,pille en ander goed wat deur nie rokers gebruik word waaroor hulle nou swyg nie , dit gee seker nie n reuk af nie.

Jacobus ·

Onwettige sigarette gaan oor meer as die verloor van belasting.

Die organisasies wat onwettige sigarette vervaardig / versprei / verkoop is by ‘n misdaad betrokke en finansier ander misdaad soos terrorisme, mensehandel, dwelmhandel, onwettige vuurwapens ens. wat indirek en in ‘n mate onwetend deur die kopers van die onwettige sigarette ondersteun word.

Misdaad organisasies bestaan omdat daar altyd mense sal wees wat bereid is om hulle te ondersteun deur hulle produkte te koop.

Moenie kla oor korrupte politici en polisielede hier in Suid Afrika wat omkoop geld ontvang van die onwettige sigaret verkopers om hulle te beskerm as u self die misdaad proses ondersteun deur die onwettige produk te koop.

Onthou, die deler is net so skuldig soos die steler.

Verder, belasting op enige produk, in die geval sigarette word ook nie net gehef om die Staatskas aan te vul nie maar ook word dit deur Regerings wêreldwyd gebruik om te probeer om mense van ‘n slegte gewoonte te laat afsien asook om die gebruikers van die produk in ‘n funksionerende staat te laat help betaal vir die gevolge en uitwerking van die produk.

Ek weet die rokers en sommige nie-rokers gaan my aanval vir my kommentaar maar dalk moet ons as gemeenskap verder dink oor die ongewenste gevolge van ons klein en kortsigtige besluite.

Onthou, ons moet besef dat dit een vuurhoutjie vat in die hande van ‘n brandstigter om ‘n hele huis af te brand.

Frans C ·

Dit is die regering se onblusbare drang na geld en nog maals geld ,wat op grootmaat vermors word, wat tot onwettige praktyke lei.Visserman kan nie meer ‘n bestaan maak nie
want kwotas wat hul ontvang is net te klein.
Die gevolg onwettige perlemoenstropery is nou besig om die bedryf te verwoes.

Onthou nou die regering moet eers ontvang voordat dit kan estree.Belastingverhogings is nie die antwoord nie.In ‘n ekonomie wat groei sal dit nie nodig wees om gedurig alles te verhoog nie,want die staat sal ‘n groter aantal bydraers tot die skatkis ondervind waar mense nie voel dat hul uitgebuit word nie.

Wat ons tans sien is ‘n verbruiker weerstand.Moet dus nie nie mense begin beskuldig
met ‘n deler/steler storie nie.Onthou een munisipaliteit het erken dat hul R872 miljoen
se belasting geld verkwis het.Die Ekurhuleni se slegte skuldvoorsiening beloop meer as ‘n miljard Rand ‘n jaar.

Die Metro skryf dus oor 20 jaar af gelykstaande aan dit wat ‘n tolstelsel in die begin gekos het.Jy sal dus verstaan waarom hul tariewe en belastings gedurig moet verhoog.
Dit is mi ook ‘n geval van gewettigde diefstal.

Hierdie Metro behoort aangekla en nie geprys te word nie.Die Rand Water verhoog sy tarief met 20.5 c per kiloliter.Dit is 12.6 %. En die slim metro gebruik dit om sy tarief ook met 12.6% te verhoog, maar doen dit op hul prys van ongeveer R12,00 . R1.50 teen 20.5c!

Linda ·

Nou ja, ek rook, ons rook in ons huis, my huis stink nie, ek hou dit skoon en was my gordyne. Ons rook ook nie in ander mense se huise as daar kinders is nie of as hul nie rook nie As my dogter kom kuier met my kleinkind of ander ouers met kinders , rook ons buite ons eie huis
Hoeveel ander mense doen goed wat ander pla maar ons maak nie so n groot bohaai daaroor nie. Deler is so groot soos die steler, mmm wonder maar net van al hierdie goed wat langs die pad gekoop word of selfs dvd’s en movies wat afgelaai word. Aggenee jong, daars so n lang lys van goed wat mense nou oor kan beswaar neem . Ek self gaan nie ophou rook nie, ek geniet my sigaret dankie, Soos n paar mense genoem het dagga is mos wettig en daars nie eintlikke wette uiteengesit oor kinders en mag jy by hulle rook ens nie. Maar nou ja tyd vir n smoke break, verskoon my. Lekker dag

Roker! ·

Ek rook ook maar glad nie in my eie huis nie aangesien ek 2 kinders het. Rook ook glad nie in my kar nie, ek persoonlik dink dit stink en ek spuit my mond of eet n chappie. Ek was ook elke keer my hande na ek gerook het, was elke aand my hare en hou my arm heeltyd in die lug terwyl ek rook. Ek sit of staan ook so en rook sodat die rook nie in my klere intrek of naby my waai nie. Party mense lag vir my en vra waarom rook ek nog, ek hou van n sigaret maar hou nie van stink nie. En almal wat my ken se altyd ekt nog nooit na rook gestink nie. Ek respekteer mense wat nie rook nie en rook glad nie in hulle huise of selfs naby hulle nie. By geleenthede sal ek eenkant gaan staan en rook as daar mense is wat nie rook nie al is dit in die buitelig. O ja en ek rook Caeser Menthol. R5.50 n pakkie en ek vra niemand om dit vir my te koop nie. Soos hulle, hul drankies geniet of hou van eet, hou ek van n sigaretjie rook. Gun elke diertjie sy plesiertjie!

Fransie Rowles ·

O genade tog!! Die gesanik oor sigarette.
Ek rook nie, het nog nooit nie.
Maar die regering sal jou daarna toe dryf!!!
Gun elke diertjie sy plesiertjie, hy betaal immers self daarvoor.
Ek hou van my wyntjie, brandewyntjie roekeloos……jul gesanik en die regering maak my moedeloos.

Gesiggie ·

Isabel… ek stem, ek rook self en ja ek rook RG… dit is vir my bekostigbaar?? mense moet eerder konsentreur op alle geweld in ons land… plaas moorde moet gestop word, mense koop goedkoper sigarette omdat als net duurder word, maar ons selaris bly dieselfde. Dit is ons plesiertjie” of jy nou goedkoop RG rook, of duur Chesterfield… van R35.00 n pakkie… rook is rook… Dagga is Gagga, maar is nou wettig om gerook te word , dit doen meer skade as n normale sigaret…. en ja Fransie ek stem… elke person verdien sy plesiertjie…”’

Vryhand ·

Ag ek rook ook
Julle mense wat so tekere gaan oor rokers..daar is meer dinge in die wereld om oor te bekommer as om rokers aan te val..ek betaal met my geld..en as ek dit goedkoop kan kry..WHY NOT..nog nooit gehoor van sigarette wat n huwelik verwoes nie..maar baie oor drank wat lewens verwoes…so julle nie rokers..gaan kerm oor ander dinge in die lewe

Nikita ·

Wag net tot die Chinese se tabak die land instroom..hulle mos nou nuwe tabak plantasies iewers in Zim..hulle betaal elk geval nie eers belasting hier nie. Die Chinese mos die ANC se regering se “brothers”..met die “focac” en “one belt, one road” storie!! Watch this space!

Roker! ·

Ek rook ook maar glad nie in my eie huis nie aangesien ek 2 kinders het. Rook ook glad nie in my kar nie, ek persoonlik dink dit stink en ek spuit my mond of eet n chappie. Ek was ook elke keer my hande na ek gerook het, was elke aand my hare en hou my arm heeltyd in die lug terwyl ek rook. Ek sit of staan ook so en rook sodat die rook nie in my klere intrek of naby my waai nie. Party mense lag vir my en vra waarom rook ek nog, ek hou van n sigaret maar hou nie van stink nie. En almal wat my ken se altyd ekt nog nooit na rook gestink nie. Ek respekteer mense wat nie rook nie en rook glad nie in hulle huise of selfs naby hulle nie. By geleenthede sal ek eenkant gaan staan en rook as daar mense is wat nie rook nie al is dit in die buitelig. O ja en ek rook Caeser Menthol. R5.50 n pakkie en ek vra niemand om dit vir my te koop nie. Soos hulle, hul drankies geniet of hou van eet, hou ek van n sigaretjie rook. Gun elke diertjie sy plesiertjie!

Sondebelasting ·

Ek is bereid om 1 000% verhoging op beide tabak en drank te aanvaar. Ek geniet dit om te drink en te rook. Soms rook ek terwyl ek bestuur. Ander kere rook ek terwyl ek onder die dop is terwyl ek bestuur. Ek kan dit ‘handle’. Die tien ton vragmotor wat ek bestuur laat my nie toe om te vinnig te ry nie. Is ek ‘n gevaar op die pad? Ek weet nie en dit pla my nie. Tot dusvêr nie te veel skade aan my vragmotor nie.

Ben Niemand ·

Sigarette het so 2 jaar terug vir my te duur begin raak. Ek het toe ophou rook sodat my lewensversekering se premie kan afkom, maar moes ‘n jaar lank nie rook nie. Dokters toets gedoen, en premie het afgekom. Nou het ek meer geld vir sigarette maar nou mag ek nie rook nie anders is my polis tot niet. O wee!!!

Frans C ·

Die lug aan die Rand het so versleg agv alhoemeer swaar vragmotors wat binne paaie voos ry om tolgeld te ontduik dat waar ek woon alles met ‘n swart vetterige laag bedek word.
Groot was my verbasing toe my geneesheer my tydens ‘n onlangse besoek mee deel,dat ‘n 62jarige man wat nog nooit gerook het nie aan longkanker dood is.

Sondebelasting ·

Jammer Frans C, ek het waarskynlik tot jou probleem bygedra. Om te rook, te drink, vragmotor te bestuur en tolhekke te vermy vereis dat mens draaie moet ry. Sorry pêl!

Genoeg ·

Ai, siestog Dries en al die Nie-Rokers, Ek is al mooi meerjarig en rook heerlik, dankie. Al my vriende wat in dieselfde jaartalle val is vol pyne en skete en drink handevol pille daagliks. Ek drink deur genade net soms ‘n hoofpyn pilletjie. Ek het al Nie-Rokers teëgekom, met asems wat so stink dat jy moet omdraai en wegloop sodat jy nie naar raak van die reuk nie. Eish, los die rokers en ook hul twakkies, ons maak niemand dood met ons rokery nie, is pure mediese bog, want iets moet skuld kry vir alles wat mense as verkeerd sien. Vandat mense so anti rook brwus geraak het, het siektes met rasse skrede vermeerder en nou gaan my hoof van alle rigtings afgekap word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.