SA se vinnigste selfoonnetwerk is …

Argieffoto

MyBroadband het sy selfoonnetwerk-kwaliteitsverslag vir die tweede kwartaal bekend gemaak en hiervolgens is MTN die beste selfoonnetwerk in die land.

Die verslag is gegrond op meer as 330 000 spoedtoetse wat deur duisende gebruikers gedoen is tussen 1 April en 30 Junie 2019. Die navorsing wys Suid-Afrika het ʼn gemiddelde selfoonaflaaispoed van 25,67 megagrepe per sekonde. Die vorige kwartaal se gemiddelde aflaaispoed was 24,20 megagrepe per sekonde.

MTN het volgens die jongste verslag die hoogste gemiddelde aflaaispoed, naamlik 35,90 megagrepe per sekonde, gevolg deur Vodacom se 29,76 megagrepe per sekonde, Telkom se 23,07 se megagrepe per sekonde, Rain se 17,91 megagrepe per sekonde en Cell C se 17,32 megagrepe per sekonde.

Marius Hollenbach, MyBroadband se hoof van navorsing, het gesê MTN, Vodacom en Telkom het ʼn insiggewende verbetering in netwerkprestasie in 2019 getoon.

Die verbetering in netwerkspoed is volgens Hollenbach die gevolg van verbeterde LTE-dekking en beter HSPA-beskikbaarheid in landelike gebiede.

Rain is die enigste selfoonnetwerk wat in die tweede kwartaal van 2019 ‘n insinking beleef het. Dit is waarskynlik die gevolg van meer gebruikers wat by die netwerk aansluit.

Om die beste selfoonnetwerk in Suid-Afrika vas te stel word daar ʼn netwerkkwaliteit-punt vir elke netwerk uitgewerk deur die aflaaispoed, oplaaispoed en vertragings (latensie) in ag te neem.

Die telling uit 10 toon dan hoe die netwerk in verhouding tot ander netwerke vergelyk.

SelfoonnetwerkAflaaispoed in megagrepe per sekondeOplaaispoed in megagrepe per sekondeLatensie in millisekondesTelling
MTN35,9013,95349,78
Vodacom29,7611,53378,24
Telkom23,075,10386,16
Rain17,917,68306,09
Cell C17,328,50495,35

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

Wat n grap. Tussen 7 en 9uur elke aand, val hulle plat.

Ig

Ironies is Mtn en Telkom die mees patetiese netwerk op die platteland. Wat my verbaas is dat die mensdom kan Maan en Mars toe gaan maar hulle kan nie n selfoonsein verskaf behalwe in die stedelikke gebiede nie

Onnie

Wat ‘n grap! MTN is pateties. Nooit weer nie. Die opskrif is baie misleidend. MTN is dalk die vinnigste maar beslis nie die beste nie – inteendeel….

Edd

Op ‘n goeiedag in potch kry ek 5mb/s en op my wifi opsie sal dit nooit eers bo 2 gaan nie. Altyd interesant hoe die een met die grootste bundle altyd die stadigste spoed het. Hierdie metings was heelmoontlik weer in vooraf beplande gebiede gedoen om die grootste moontlike voordeel vir alle verskafers te gee. Op ons plot 500m van die toring af kan ek nie eers ‘n gewaarborgde 500kb/s kry nie. Netwerke in SA is pateties en baie bewus van hul tekort kome….. maar hy… die ekonomie knyp moes.

Barry

Hier waar ek woon het so te se almal op die platteland optiese vesel van een vd selfoon netwerke af Ek het “Telkom” teen 135 Mbps af en 50 op. Teen R302 per maand uncapped Kan tot Een GB kry teen R730 per maand uncapped Omtrent die hele land is gedek deur Optiese vesel. Met n dongle het ek op DTAC gemiddeld so 45 Mps en uncapped is dit so ongeveer R230 per maand op n daaglikse subskripsie Het dit in gn jare gebruik want orals is gratis wifi en ek het nie n smartfoon want ek is te oud… Lees meer »