SA se waterkrisis: Waterverliese, kundigheid dalk groter probleem

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Suid-Afrika benodig ongeveer R170 miljard om die meeste van die land se waterstelsels en -pype op te gradeer, iets wat dringend gedoen moet word om verdere waterverliese in munisipaliteite te voorkom.

Verskeie kenners het Vrydag die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se geskiedenisberaad in Garsfontein, Pretoria, oor die land se watersituasie toegespreek. ʼn Donker toekoms is geskets vir waterverskaffing indien daar nie dringend na sake soos kundige bestuur en die bekamping van waterverliese gekyk word nie. Hulle was dit eens dat Suid-Afrika nog altyd ʼn droë land was, maar dit het nou ʼn krisispunt bereik en daar sal ernstig besin moet word hoe die land sy watersituasie in die toekoms gaan bestuur.

“Ons bevind onsself in ʼn hoë druk-omgewing: ʼn Ondergemiddelde reënval vir die land is eintlik die norm, terwyl ons in die toekoms te make sal hê met meer besoedeling, ʼn groter bevolking en ekonomiese ontwikkeling wat Suid-Afrika se waterbronne verder onder druk sal plaas.

“Die waarheid is dat ons boonop nog mors met die water tot ons beskikking. Waterverlies is beslis ʼn ernstige saak,” het Fred van Zyl, direkteur van strategiese beplanning by die departement van water en sanitasie (DWS) se hoofkantoor in Pretoria, gesê.

Volgens Van Zyl het bykans 96% van die land krane, maar kwessies soos onderbreking, swak bestuur van die stelsels en waterverliese veroorsaak dat minder as die helfte van die water by die krane uitkom waar dit moet.

Om sake te vererger is 42% van die land se 14 000 rioolaanlegte ook nog in ʼn krisis, wat beteken water word nie deeglik gesuiwer vir hergebruik nie, of nog erger waterbronne word besoedel.

Volgens Isa Thompson, direkteur vir die DWS se waterbeplanning in die Wes- en Oos-Kaap, verdwyn soveel as 35% van die land se water iewers in die stelsels, terwyl party munisipaliteite die helfte van hulle gesuiwerde water verloor voordat dit by krane uitkom.

“Ons moet eers regmaak wat ons het, ons kan nie net nuwe waterbronne ontdek nie,” het Thompson gesê.

Sy sê watervoorsiening in Suid-Afrika het ʼn politieke geskiedenis: “Die nuwe regering in 1994 se dryfveer was om almal van water te voorsien. Dit het daartoe gelei dat daar vergeet is van onderhoud omdat daar so groot fokus was om water na informele nedersettings te neem. Dit is veral die ouer dorpe wat nou hieronder ly, sommige van die waterpype is ʼn 100 jaar oud en daardie pype is nog nooit vervang nie. Dit word net gelas en omdat die pype al so oud is, is daar ook nie meer onderdele vir hierdie pype nie.

“Ons gebruik twee keer soveel water per persoon as die res van die wêreld. Ons sal moet leer om ons watergebruik drasties af te skaal. Verder sal daar ʼn groter klem op hergebruik gelê moet word. Dorpe aan die kus sal ook na ontsouting van seewater moet kyk as ʼn oplossing.”

Thompson meen daar is wel ruimte vir die ontwikkeling van enkele groot en kleiner damme om Suid-Afrika se waterbronne aan te vul, maar dit kan nie meer die hooffokus wees nie. “Die opvang en benutting van reënwater is waar die fokus nou moet lê, veral op plaaslike vlak.”

Sy is egter besorg oor die gebrek aan die nodige kundigheid om water te bestuur, veral op munisipale vlak.

Volgens Thompson en Van Zyl is dit juis die bestuur van die land se ingewikkelde waterinfrastruktuur wat deurslaggewend in die toekoms sal wees.

Die land beskik oor onder meer 35 000 km se markropype en ʼn 11 000 km lange pypstelsel wat daagliks onderhou en bestuur moet word. In die 1960’s het Suid-Afrikaanse ingenieurs waterprojekte aangepak wat vandag nog as visionêr beskou word om water vanuit Lesotho oor etlike kilometer na Suid-Afrika se ekonomiese hartland, Gauteng, se sowat 14 miljoen inwoners, te pomp.

“Ons het in die geskiedenis droogtes gehad wat maklik tot tien jaar geduur het, maar het dit nog altyd oorleef omdat ons kreatief beplan het soos met dié bou van waterskemas. Suid-Afrikaners sal nou nog meer kreatief moet word. Daar was nog altyd ʼn waternood, maar dit word komplekser. Daarom moet dit goed bestuur word,” het Van Zyl gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

15 Kommentare

Jane ·

KUNDIGHEID .. daar noem julle nou presies die regte woord. Alle departemente en instansies waar dit CHAOTIES gaan is daar ‘n gebrek aan KUNDIGHEID want politici het gedink hulle is KUNDIGES op alle gebiede, van Mynbou, Landbou, Eskom, SAUK, Munisipaliteite, het hulle net kom instap in hogere posisies sonder die nodige kennis en ervaring .. So boer ons stadig maar seker agteruit met meestal ANC KADERS in posisies waar hulle nie hoort nie met REUSE salarisse. Niks word onderhou nie, die geld word uitgemors, nou is daar ook nie geld om dit te vervang nie .. Inderdaad ‘n Piesangrepubliek!

AL ·

Het die kubaanse wateringenieurs wat die regering ingevoer het, al prestasie behaal? Die miljarde wat die Cancer al gesteel het sou nou lag lag die r170 miljard kon betaal het vir vervanging van pype.

Anel ·

Net so. Kundiges word links en regs af gedank of net nie in diens geneem nie. So wat kan die land verwag? Niks kan hom self in stand hou nie. Dis eintlik die persoon wat sê waar die instandhouding gedoen moet word, wat die belangrikste is. Maar niemand luister mos na ons mense nie want wat weet ons. So, die, hoe sal ons hulle noy noem, moet maar vir hulle kry. Steek julle vervloekste trots in julle sakke en stel weer die regte blankes in die regte poste aan. Dis sl hoe hierdie pragtige land van ons weer uit die as sal opstaan.

Elna ·

Never was a more true word spoken……die hartseer is dat daar niks aan gedoen word of kan gedoen word nie. Dit sal al bietjie help as al die buurlande se inwoners na hulle eie lande toe terug gestuur word.

Charlotta ·

As die waterstelsel en pype in stand gehou was, vandat hulle beheer oorgevat het, sou dit nie nou so gegaan het nie. Alles sou reg gewees het. Onbevoegde mense.

Johann ·

Ons bose apartheids ouens kon nog beplan lyk dit my. Die nuwe swart ‘demokrasie’ kan nie. Dit wys maar net weer dat, hoewel alle mene gelyk is doen dink hulle verskillend. Ongelukkig loop dit sterk langs rasse lyne, hoewel sogenaamde wit mense ook drasties verskillend dink en doen. Iewers sal iemand moet leer dink EN doen en ophou bakhand staan by die trog.

Deďuiwelin ·

En so sit ons op Postmasburg al van Saterdag af sonder water. Die storie doen die rondte dat die munisipaliteit nie die waterverskaffers betaal nie. Wie kan so oorleef. En dit is nie a g v droogte nie.

Johannes van Staden ·

Na meer as 20 jaar ….” Dis n kundigheids probleem ” genade dat dit SO lank neem …..NUTUURLIK is dit die probleem …nou word die woord ”dalk” nog gebuik …die hele land word deur onkundige mense bestuur kyk na no 1 …net n std 3 ….so goe jy vra n kleuter om n Boing te land …presies SA is n GROOT ramp !

Penellope Jones ·

Kundigheid x 100, plus toegewydheid.

Suid-Afrika is nie ‘n waterryke land nie en met die bevolkingsontploffing, geen kundigheid en gewilligheid om dit en alle ander probleme en spesifiek die waterprobleme die hoof te bied nie, gaan hierdie pragtige land letterlik op sy kniee dwing op maniere waaraan ons dalk nie eers wil of kan dink nie.

Verantwoordelikheid is te moeilik en vra te veel.

As mens wegkyk, dan verdwyn probleme mos, het nooit bestaan nie.

Tot op ‘n dag wat die wat weggekyk het en kundigheid ignoreer het, dors is en agterkom dat daar nie water is nie.

Pieter ·

Wanneer riviere lyk soos die Sesmylspruit in Centurion moet die Minister van Waterwese (of wat die regte titel ookal is), Burgemeester, Stadsklerk en Stadsingenieur summier in die tronk gestop word omdat die riviere gesaboteer word. Daar is geen bruikbare water in die rioolstroom wat deur Centurion vloei nie.

Adriaan ·

Die kundigheid is beskikbaar, maar die kleur is nie aanvaarbaar nie. Die kundiges wil en kan ook nie onder onhoudbare werksomstandighede werk, waar die nodige bemagtiging nie afgewentel word, om besluite te neem nie, met onvoldoende begrotings en onkundige / onbevoegde bestuurders en personeel.

Johanna Botha ·

Die kundiges wil ook nie met die mense werk wat oor alles wil dwarstrek en staak nie …sien fout met alles ek weet heeltyd beter …wigte en teenwigte werk maar sleg!

Oupa ·

‘n Rand-eier: besef die raadgewers dat, hoe meer reënwater opgevang word, hoe minder water gaan in riviere en ondergrondse reservoirs beland (wat boorgate en fonteine bedien). Dit klink nie na ‘n lekker werkbare oplossing nie: spreek eerder die grondoorsake van die waterkrisis aan.

Cherokee ·

Ek hoop nie enige van julle wat kritiek lewer, stem vir die DA nie want vir DA-stemmers is kleur belangriker as kundigheid. DA stem saam met ANC vir regstellende aksie.

moeks ·

Dit is ongelooflik hoe water gemors word. Ons het 5 weke gesukkel met ‘n buurman wat munisipale water deur ons erf gestoot het om en by 14kl per nag. Ons klagtes en pleidooie by munisipaliteit het niks gehelp nie. Hulle het net skouers opgetrek, want hy het “regte”. Dit terwyl ander inwoners water moet spaar en beboet word. Waar is die regverdigheid? Eers na ons die raadslede en omgewingsake uitgekry het is iets daaraan gedoen. Na die meter opsetlik gebreek is, het water vir 15uur ons agtererf, voortuin en straat oorspoel.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.