SA se watersituasie ‘misdaad teen die mensdom’

(Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die jongste blou- en groendruppelverslag het die meeste politieke partye se grootste vrees bevestig – ʼn waterkrisis is op hande en die regering is daarvoor te blameer.

Die departement van water en sanitasie se verslae het ʼn donker prentjie oor die watersituasie in die land geskets. Dit het onder meer onthul dat die water wat aan byna die helfte van die land verskaf word, nie aan die nodige gehaltetoetse voldoen nie, terwyl die meeste munisipaliteite (57%) gebruikers ook nie inlig as die gehalte van drinkwater afneem nie.

Die DA sê die verslae het dit ook duidelik gemaak dat water- en sanitasiedienste in die meeste dele van die land ontbreek.

“Net soos die regering in 1998 gewaarsku is oor die dreigende kragkrisis, so het die DA en vele ander groepe vir tien jaar lank by die regering gepleit om doeltreffende maatreëls in te stel om ʼn waterkrisis – wat dalk meer verwoestend as die kragkrisis is – te voorkom,” sê Nicholas Myburgh, DA-LP.

Michal Groenewald, VF Plus-LP, sê teen die tempo waarteen die ANC op alle vlakke die land se waterbronne en -infrastruktuur “deur sy laksheid vernietig”, stuur die land letterlik op ʼn grootskaalse ramp af.

“Terwyl die regering vasgevang is in die implementering van allerlei soorte sinnelose rasgedrewe beleid, soos regstellende aksie, word miljoene Suid-Afrikaners van hul basiese grondwetlike reg op toegang tot skoon water ontneem.”

Myburgh sê die DA vind geen genot daarin om te sien hoe die ANC faal in sy plig om skoon drinkwater aan Suid-Afrikaners te verskaf nie.

“Die risiko van lewensgevaarlike siektes soos cholera en chroniese diarree het in die afgelope paar jaar skerp toegeneem,” sê hy.

“Maar die toenemende water- en sanitasiekrisis is die direkte gevolg van swak bestuur, finansiële wanbestuur en wydverspreide korrupsie wat veroorsaak word deur die ANC se beleid van kaderontplooiing.

“Hoewel die regering hierdie mislukkings erken, bly hy magteloos om dit op te los.”

Die DA het ʼn beroep op die minister van water en sanitasie gedoen om diegene te straf wat verantwoordelik is vir die verval van watersuiweringsaanlegte en gebrekkige dienslewering.

“Die gepaardgaande lyding en ontbering is niks anders as ʼn misdaad teen die mensdom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Wendy ·

Wil julle nog 30jr vat om agter te kom hierdie mense /regering kan niks bestuur of herstel nie -julle bla bla bla heeltyd maar doen niks als is net om politieke gewin en korrupsie.

Ore ·

En die minister vertel vanoggend op RSG dat daar nie ‘n krises is nie nie en dat die ANC die armes help……………….huh? Op watter planeet leef die ANC die kiesers wat steeds aan kersvader glo

Jaco ·

Ons het voor 1994 geweet hoe alles sou verval. Die res van Afrika was ‘n sprekende voorbeeld. Sommer digby SA, in Mosambiek, was alles sedert 1975 al “down the drain”. Zambië, Kenia, Tanzanië. Alles vervalle sedert die 1960’s. Maar tog het ons oorgegee. Vreemd. Diegene wat so graag wou “hervormd” en “onderhandel” was ook vinnig om dié wat gewaarsku het waarop SA gaan afstuur, te kritiseer as rassisties en selfs onchristelik. Als wat nou verkeerd loop in SA is natuurlik nie rassisties en ‘n uitstekende voorbeeld van die handhawing van “menseregte”.

Papsak ·

Wil dit julle nog jare vat om agter te kom dat die anc nie kan regeer nie vanaf 1994 af het alles vergaan en verrot niks het op getel nie want hulle doen niks nie en Ramaphosa is nie n president nie want gee nog minder om as die kader van sy anc regeing skrik wakker tyd is hier !!!!!!

OU SAAR ·

Ja nee kyk…
Wat nou te erg is is te erg.
Ons bly in die Noord Kaap in ń klein dorpie. Het Maartmaand na die dorp verhuis, vandat ons hierheen getrek het, kan ek op my een hand die kere tel wat daar skoon blink water uit die krane gekom het (ń hele 3 keer).
Nou die afgelope 2/3 maande sukkel ons nie net met vuil, troebel water wat uit die krane kom nie, dit ruik ook verskriklik sleg. Net om te stort is om van naar te word. Ons koop nou ons water om te drink en kos te maak. Ek gee nie eens vir my 2 honde en 2 katte kraanwater om te drink nie. Dit kos ons maandeliks ń klein fortuintjie om water te koop. Geld wat daar ook nie is nie.
My huismense dra glad nie meer wit of ligte klere nie, want dis ń onbegonne taak om dit skoon te kry in die water. Dank die Vader ek het darm ń skottelgoedwasser om skottegoed mee te was. Maar dit gebruik weer ekstra krag omdat ek die skottelgoedwasser op die hoogste temperatuur stel om hopelik die kieme en bakterië dood te maak.
So om op te som…
Ons water rekening het gestyg, want ons moet nou ekstra uithaal om water te koop. Die kragrekening het meer as verdubbel, want die tariewe het van Maartmaand af 3x gestyg en dan gebruik ons ekstra krag vir skottelgoedwasser…
Ons sal net nooit kan wen met die regring wat ons tans het nie…

Republikein in die Wes Kaap ·

Mzansibabwe se finale hoofstuk word nou geskryf. Vergeet maar van stories dat die DA en vennote die nuwe boek gaan skryf. Hier moet nou gewerk word aan ‘n nuwe staatkundige model vir die streek wat voorheen bekend gestaan het as Suid-Afrika.

ES ·

Hier in die Oos Rand drink ons lankal nie meer water uit ons huis se krane nie… vandat ons begin het om ons water te laat hervul by winkels, het my gesondheid baie toegeneem, veral met maagprobleme en infeksie.

Hendrik ·

As ek maar kan sê dat #Kleinfontein het suiwer skoon water en gemeenskappe moet plan maak om self water te suiwer en te versprei. Ons gemeenskap doen dit en kan 25 kl per , soos voorgeskryf, lewer aan die inwoners. Maak plan #OnsSalSelf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.