SA se werkloosheidskoers hoogste in jare

(Foto: pixabay)

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) sê Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die derde kwartaal tot 29,1% geklim.

Dit is die hoogste syfer in 11 jaar en ʼn effense styging van die vorige kwartaal se 29%.

Die getal werklose Suid-Afrikaners staan nou op 6,7 miljoen, in vergelyking met 4,5 miljoen gedurende dieselfde tydperk ʼn dekade gelede.

Altesaam 62 000 mense is in die derde kwartaal in diens geneem.

In die formele sektor is 43 000 mense in diens geneem, landbou se indiensnemingsyfer het met 38 000 gestyg, werksgeleenthede in private huishoudings is 35 000 meer, maar die informele sektor het 53 000 werksgeleenthede verloor.

Swart vroue is steeds die kwesbaarste groep, met 30% van hulle wat werkloos is. Dié groep word gevolg deur bruin mense, van wie 23,7% werkloos is en Indiërs, van wie 18,2% werkloos is.

Nagenoeg 3,3 miljoen (32,3%) van jong mense tussen 15 en 24 jaar oud werk nie en ontvang ook nie enige verdere opleiding of onderrig nie. Vroue in dié groep sukkel selfs meer om werk te kry as hul manlike eweknieë.

Altesaam 9,9% van diegene tussen 55 en 64 jaar oud is werkloos, in vergelyking met die 58,2% van Suid-Afrikaners tussen 15 en 24 jaar oud wat óók werkloos is.

Die uitgebreide werkloosheidskoers, wat diegene insluit wat moed opgegee het met die werksoek-proses, is volgens StatsSA onveranderd op 38,5%.

Wat provinsiale syfers betref, is die grootste toename in werksgeleenthede in KwaZulu-Natal (+39 000), die Vrystaat (+21 000) en die Oos-Kaap (+13 000) aangeteken. Die provinsies waar ʼn daling aangeteken is, is Limpopo (-42 000), Noordwes (-19 000) en Gauteng (-17 000). Die syfer in die Wes-Kaap is onveranderd.

Die Oos-Kaap het die hoogste uitgebreide werkloosheidsyfer. Dit staan op 46,5%, oftewel 1,2 miljoen mense. Dit is 37 000 meer as verlede jaar.

Bobby Stevenson, die DA se hoofsweep in die Oos-Kaapse wetgewer, het in reaksie op StatsSA se jongste syfers gesê werkloosheid in dié provinsie saai verwoesting onder gesinne wat sukkel om kos op die tafel te sit.

Volgens hom het Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, geen oplossing vir die immer stygende werkloosheidsyfer nie.

“Mense verlaat die provinsie op strepe en gaan soek na geleenthede in ander provinsies. Dit moenie nodig wees vir mense om hul huise agter te laat om ʼn inkomste te verdien nie,” het Stevenson gesê.

“Hulle moet die geleentheid gegun word om hul lewens te bou, hul kinders groot te maak en te bly in die provinsie waar hulle gebore is. Matrikulante moet uitsien na ʼn toekoms van hoop, nie radeloosheid nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

@KP ·

Wat is ‘n klug? Dink jy die werkloosheidsyfer het afgeneem?

Wondermaarnet ·

@KP dit is geen klug nie. Die meeste WIL NIE WERK NIE. Nog nooit het iemand wat staan en bedel vir my eerder gevra wat hulle kan doen vir my om geld te verdien nie. My kar kort ‘n was, my tuin ‘n skoonmaak, ens. en luiheid is aan die orde van die dag. Bedel eerder as om te werk.

Maljan ·

Ek wonder of daardie syfers die blanke a!bags!Anne Wie se loopbane op 55 eindig insluit. Hulle is mos nog nie pensioenarisse nie

Judge Dredd ·

Die mier en die springkaan.

Lees dit.
Verstaan dit.
Hou op om soos die sprinkaan te maak / vir partye te stem wat soos die sprinkaan maak.

Emma ·

Hey geweet werkloosheid syfers al die hoogte in gaan en nog gaan sonder werk sit. Anc maak net arbeids reels soos dit hulle pas en dink nie aan die gevolge nie. Dan soek die ontvanger geld en nogtans geld vir die staat se uitgawes wat sal halveer met die werkloosheid wat net al meer en meer raak.

SêMaarNetEen ·

Werkloosheid was op sy laagste in die 70’s… die jare van verdrukking en onderdrukking

Francois le Cochon ·

Ryk mense skep werk. Hoe meer ryk mense ons land verlaat, hoe minder werksgeleenthede is daar, So eenvoudig soos dit.

KP ·

@KP word wakker die werkloosheid is nader aan 60% of glo jy hulle?

KaterinaKat ·

Oorbevolking. Dis soos die natuur, as die haas populasie te groot word in n spesifieke area, is daar nie genoeg gras vir al die hase nie.

Maljan ·

Oorbevolking sal gedy terwyl die kindertoelaag betaal word. Volle som vir eerste kind net 50% vir tweede kind en tronkstraf vir daaropvolgende. Moenie kinders maak as jy die toelaag nodig het om hulle groot te kry nie. Dit is mos vra dat koning armoede groot word. Dit is mishandeling.

George in Bloem ·

Wees nie bevrees nie. Sy edele Cyril Watsenaam en Tito Hoesenaam het ‘n plan………………….Bwahahahahahaha!!! Hulle weier om in te sien hulle self en hulle eie wonderlike beleide is die direkte oorsaak hiervan. VIVA man,VIVA!

Sosiologie Een ·

Bydraende faktore (om net ‘n paar te noem):
Onbeheerste aanteling by sommige mense;
Sub-standaard skolastiese prestasies;
Swak taal vaardigheid;
Gebrek aan entrepeneurskap;
Swak produksie en algemene luiheid;
Vakbonde;
Kultuur by sommige om bakhand te staan eerder as om bietjie harder te werk sonder betaling ter wille van ‘n groter prentjie;
Drakoniese Arbeidswette;
Korrupsie;
Te hoë belastingkoers.

Sosiologie twee ·

Sal jy harder werk somder betaling. Dit gebeur in die gemeenskap for the greater good, nie by die werkplek nie

Koos de Meyer. ·

Te danke aan hulle minimum loon storie is daar baie ongeskoolde mense wat sonder werk sit. Wat sal hulle omgee solank hulle op die sous trein kan ry.

Hanna Hoekom ·

Nou kom haal jul mense uit die Ooskaap asb. Ons, hier in die Weskaap, trek swaar genoeg. Vreemd hoe die buitelanders hier floreer… Ek is seker hulle is almal vir belasting geregistreerd.

Ben ·

Ek het in 1981 in Suid-Afrika gekom en almal, wit en swart het gewerk. Dit was net n paar dronkies wat nie gewerk het nie! Ai….Hoe kan dit so verander dat ons land nou so tot niet is? Dankie!

jaco ·

6.7 miljoen werkloos, maar die totale wit bevolking is seker onder 4 miljoen. Hoe dan nou? Wat dan van die wonderlike regstellende aksie en BEE? Werkloosheidsyfer moet dus eerder so 2 miljoen wees en net uit wit mense bestaan. Iets maak nie sin nie. Hoekom is so baie van die rasgenote van ons anti-wit regering dan werkloos?

vIp eNigeerinG ·

Ek baie dom met stagitieke…..so sal nie weet of dit waar is of nie .My man he n 1’jr lank werk gesoek en uiteindelik werk gekry omdat dat dit juis so skaars is 4’jr by 1’maatskappy gewerk is 3’weke afgedank want die werkgewer kan nie hom meer bekostig nie.Dit baie hartseer!!!!

Maljan ·

Oorbevolking sal gedy terwyl die kindertoelaag betaal word. Volle som vir eerste kind net 50% vir tweede kind en tronkstraf vir daaropvolgende. Moenie kinders maak as jy die toelaag nodig het om hulle groot te kry nie. Dit is mos vra dat kinders in armoede groot word. Dit is mishandeling.

Piet ·

Dit is ‘n sistemiese probleem. Wanneer almal hlo hulle is geregtig op alles.
Die probleem begin by skole waar geen strewe na uitnemendheid meer bestaan nie.(30%).
Dan sak ons met die 30% papier op oorvol Universiteite toe. Daar word hulle gevoer op politieke wetenskap, “gender studies ens. Verwagtinge word geskep soos gesien in advertensies – stap sommer uit klas uit met rolletjie papier, reguit raadskamer toe.
So kan ‘n mens aangaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.